DEPARTEMENT REKENINGKUNDE UP

Like dokumenter
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT REKENINGKUNDE GRAAD 12 FEBRUARIE/MAART 2016 SPESIALE ANTWOORDEBOEK

INTERMEDIÊRE FASE GRAAD 6 NOVEMBER 2017 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 NASIENRIGLYN

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 MEMORANDUM

GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Kriteria vir toekennings van kultuurprestasies Hersien in Januarie 2018

Kriteria vir kultuurprestasie (hersien Januarie 2018)

AANTEKENINGE BY DIE gekonsolideerde finansiële jaarstate (vervolg) vir die jaar geëindig 31 Maart 2014

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

MUNISIPALITEIT KREDIETBEHEER- EN SKULDINVORDERINGS BELEID

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRFA.3 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 NOVEMBER Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye en 1 bylaag.

Gr 12 Wiskunde Nasionale November 2014: Vraestel 1 GR 12 WISKUNDE - EKSAMENVRAESTELLE

AANSOEK OM LENING (IN TERME VAN DIE NASIONALE KREDIETWET, 34 VAN 2005)

DOEL MET KULTUURDEELNAME

Trapkarre. AANGEBIED DEUR DIE Ingenieurstudenteraad. 18 September

TROFEE-WYNSKOU OLD MUTUAL

Wat is in die boks? 7. Wat is in die boks? Lees my eers 8

GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Sing vooraf staande: Psalm 27:4, 5 (p. 127)

SIYANDA DISTRIKSMUNISIPALITEIT TARIEFBELEID

Psalm 95(b) Ons eerbiedsbetoon aan die HERE, ons ewige Koning.

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Ps.119:89. Parashah 1 Bereshit In die begin. Gen.1:1 6:8 Jes. 42:5-43:10 Matth.1:1-17;19:3-9; Mark.10:1-12; Joh.1:1-18; OP.21:1-5; 22:1-5.

Bedrogbeleid en -reaksieplan

GRAAD 12 SEPTEMBER 2016 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 MEMORANDUM

STRUKTUUR VAN DIE KATEGISMUS

God se plan vir optimale geestelike groei in elke gelowige.

Aansoek om Lidmaatskap

Mees Algemene Vrae. 1. Wat beteken n multi-belanghebberorganisasie?

OLD MUTUAL UNIT TRUSTS BELASTINGVRYE BELEGGING

UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT

Leer hierdie psalm en versie uit jou kop uit!

Government Notices Goewermentskennisgewings

GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

Die Heidelbergse Kategismus

KAPTEIN VERDWYN. Onderwysersgids. Nota: Hierdie gratis gids mag na goeddunke gekopieer en gebruik word.

Geïntegreerde Jaarverslag 2015

E-pos asseblief die bewys van die betaling (duidelik gemerk met die skool se naam) ook aan of faks dit na

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 DRAMATIESE KUNSTE MEMORANDUM

DIE EERSTE BRIEF AAN TIMOTEUS

DIE UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT FAKULTEIT GESONDHEIDSWETENSKAPPE JAARBOEK SKOOL VIR GENEESKUNDE EERSTE GRADE EN DIPLOMAS

SELF-STUDIEGIDS VIR TAALONDERWYSERS SKRYF VAN: KREATIEWE TEKSTE LANGER TRANSAKSIONELE TEKSTE KORTER TRANSAKSIONELE / NASLAAN / INFORMATIEWE TEKSTE

HOËR TEGNIESE SKOOL BELLVILLE AANSOEKVORM

Jaarverslag 2008/2009

Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB (Kaapstad), DKG (SA), MPH (Harvard), DPhil (Oxon), MASSAf

JAARBOEK Fakulteit Ingenieurswese Voorgraads. DEKAAN: Prof. JIJ Fick

Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB (Kaapstad), DKG (SA), MPH (Harvard), DPhil (Oxon), MASSAf

ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING

GRAAD 12 SEPTEMBER 2015

HOOFSTUK 4. Die kern van die konstruktivisme kan, volgens Biggs en Moore (1993 :22), soos volg aangedui word:

INHOUDSOPGAWE. Inleiding...2. Apostoliese geloofsbelydenis...3. Die twee Sakramente...7. Filippense 2: Apostoliese geloofsbelydenis...

Uitgegee deur: Tel: / Faks: Epos:

DIE WENSLIKHEID V A N 'N HERSIENING VAN DIE AFRIKAANSE VERTALIN G VAN DIE BYBEL*).

Spelsimulatie. Co Daatselaar & Niels Tomson LEI/Agrocenter for strategic entrepreneurship 4 november 2008

Nasionale Kurrikulumverklaring (NKV) Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring WISKUNDE. Senior fase Graad 7-9

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Hoërskool Dr. E.G. Jansen

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

Subvragen. Overzicht. Hoofdvraag. Patiëntonderzoek - Gedrag. Jorien v.d. Velde Nascholing Psychosen maart

SUID AFRIKAANSE VARSWATER OEWERHENGEL VERENIGING BYLAE A TOT DIE GRONDWET

WBTI. Handleiding oor die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting, 2 van 2000 Raad op Finansiële Dienste

voete én in trane. Hulle optredes getuig van talent met toneelspel uit die boonste rakke. Die toneelstuk, Strepiespajamas, word as streekswenner

HOKKIEDOGTERS 1ste span: St Mary s en St Stithians. 2de span: TUKS-kliniek

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Psalm 91:1-7 (NLV) Op God kan ek vertrou. 22/08 23/08 25/08 27/08 31/08 1/09 12/09

Deel 2: Argitektuur, Bourekenkunde en Konstruksiebestuur en Stads- en Streekbeplanning

31/2018 HANNALIZA FECHTER BEMARKING EN SKAKELING

BEPLANNINGSTUOIE VAN DIE ~ltejn KAROO VERSLAG STELLENBOSCH. deur. deur Prof. D. Met erkenning van bydraes deur : ( E. Stander S.J.

EERSTE UITGAWE VAN DIE JAAR: 31 JANUARIE 2014

Vry en volkleur. Ligte, SOMER R26 (BTW ingesluit) R22,81 (Buiteland) aksie!

Copyright! All rights reserved Nederlandsk side 1 av 6

CHASA BEKWAAMHEIDSTOETS LESINGS

UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT REËLBOEK

DOWNLOAD OR READ : SJOKOLADE PDF EBOOK EPUB MOBI

Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

~tu~enternassa keur Inlywingsaksie goe~

1 KONINGS. Inleiding 1 en 2 Konings

JAARBOEK Fakulteit Natuurwetenskappe Voorgraads. DEKAAN: Prof. dr. J.J. Pienaar

Op die Oog af. MEI April 2014 Bybelse Ete

Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Taalimplementeringsplan 2017

JUTA SE PARALLEL TAALSERIE (AFRIKAANS EN ENGELS) VIR SUIDAFRIKAANSE SKOLE DEUR H. H. BROODRYK, B.A.,

GASVRYHEIDSTUDIES (Opdateer Oktober 2015) Hierdie dokument moet saam met die volgende dokumente gelees word:

STUDENT GATEWAY GPS

nu ii Opdrachtgever Berekend door: log I.W. Bijbehorende tekeningen:,i,ĩŭ07s tak araqe ti ZK

Uit die hoof se pen...

GASVRYHEIDSTUDIES (Opdateer September 2016)

GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Hierdie afgelope week was daar weer etlike oomblikke gewees waar ons skool en ons leerders hulle hande kon saamslaan in dankbaarheid en

SPORTTOER: SKOOLVAKANSIE:

LAERSKOOL LOUIS LEIPOLDT: SKOOLPLAN

R35.00 Issue 109 November 2014 WEN THE NEVILLE FOORD CHALLENGE : ALBRIGHT MUDDIE MAGIC ISSN

ADVERTEERDER: MIDDELEN: DOEL:


HISTORIEK TITEL I - VORM - NAAM - ZETEL - DOEL BELEGGINGS- BELEID - DUUR ARTIKEL 1 - VORM EN NAAM

We energize the best solutions

INHOUD INLEIDING... 1

HOËRSKOOL PORTERVILLE

Vinkie. Laerskool Fairland. UIT DIE HOOF SE KANTOOR Personeel sê dankie aan leerders op dié manier!

AANSOEK OM TOELATING

OMSENDBRIEF 26 Augustus 2017

bovenleidingspalen m.b.v. pressiometerproeven Lijn 162 Namen-Sterpenich

Transkript:

1 FINANSIËLE EKENINGKUNDE 300 IAS 33, Verdienste per aandeel Aantekeninge en klasvoorbeelde L Kotze DEPATEMENT EKENINGKUNDE UP A. Dividend per aandeel IAS 1, par 107, vereis dat die totale bedrag dividende as verdelings erken, sowel as die verbandhoudende bedrag per aandeel, openbaar word. IAS 1, par 137, vereis dat die totale bedrag dividende wat voorgestel / verklaar is voor die finansiële state vir uitreiking gemagtig word, sowel as die verbandhoudende bedrag per aandeel, openbaar word. Verwys ook na IAS 10, par 12 en 13, in hierdie verband. Verder vereis IAS 1, par 137, dat die bedrag van kumulatiewe voorkeurdividende wat nie erken is nie, openbaar moet word. Die volgende is belangrik vir die berekening van dividend per aandeel bedrae: Gebruik die werklike aantal aandele in uitreiking op die datum wat die dividend erken word. Hierdie is anders as by verdienste per aandeel waar die geweegde aantal aandele in uitreiking gebruik word! Suiwer die aantal aandele vir bonusuitgifte na die datum wat die dividend erken word, aan. IFS bevat geen leiding oor bonusuitgifte en dividend per aandeel berekeninge nie. Dit is egter UP-beleid om die aantal aandele aan te suiwer in die geval van bonusuitgifte na die datum wat die dividend betaal is. Hierdie verhoog vergelykbaarheid wat een van die hoofdoelwitte van per aandeel openbaarmaking is (vgl. IAS 33, par 1). Wat is die aantal aandele wanneer die dividend slegs voorgestel is? Gebruik steeds die werklike aantal aandele in uitreiking op die datum wat die dividend erken is. Indien die dividend nie voor die datum wat die finansiële state vir uitreiking gemagtig is, erken is nie? Gebruik die werklike aantal aandele in uitreiking op die datum wat die finansiële state vir uitreiking gemagtig word. Die bostaande beginsels word verder verduidelik in die klasvoorbeeld wat volg.

2 Klasvoorbeeld 1 dividend per aandeel openbaarmaking (IAS 1 & IAS 10) Q Beperk, wat n finansiële jaareinde van 31 Maart het, het op 31 Maart 20X2 1 000 000 gewone aandele in uitreiking gehad. Gedurende die laaste paar maande het Q Beperk die volgende uitreikings van gewone aandele gehad (alle uitreikings het teen billike waarde plaasgevind): Datum van uitreiking Aantal aandele uitgereik 30 Junie 20X2 100 000 31 Desember 20X2 50 000 30 April 20X3 50 000 Q Beperk het die volgende gewone dividende verklaar en betaal gedurende die afgelope paar maande: Datum voorgestel Betaaldatum Bedrag 30 April 20X2 31 Mei 20X2 990 000 (totaal) 31 Oktober 20X2 30 November 20X2 1 210 000 (totaal) 15 Mei 20X3 31 Mei 20X3 (voorgestel) 2,50 per aandeel Die finansiële state vir die jaar geëindig 31 Maart 20X3 was op 20 Mei 20X3 vir uitreiking gemagtig. VELANG: Berei uittreksels uit die finansiële state van Q Beperk vir die jaar geëindig 31 Maart 20X3 voor om die inligting ten opsigte van dividende (soos hierbo verskaf) ingevolge Internasionale Finansiële Verslagdoeningstandaarde (IFS) aan te bied / te openbaar. Let wel: ekeningkundige beleidsaantekeninge en vergelykende bedrae word nie verlang nie. ond berekende bedrae tot die naaste and af. ond berekende per aandeel bedrae tot die naaste sent af. VOOGESTELDE OPLOSSING: Q Beperk Uittreksel uit die staat van veranderinge in ekwiteit vir die jaar geëindig 31 Maart 20X3 Behoue verdienste Saldo op 31 Maart 20X2 xxx Totale omvattende inkomste vir die jaar xxx - wins vir die jaar xxx - ander omvattende inkomste - Dividend betaal (990 000 + 1 210 000) (2 200 000) Saldo op 31 Maart 20X3 xxx

3 Dividend per gewone aandeel (ber 1) 2,09 Q Beperk Aantekeninge vir die jaar geëindig 31 Maart 20X3 10. Gewone dividend voorgestel Na die verslagdoeningsdatum het die maatskappy se direkteure n gewone dividend van 3 000 000 (ber 2) ten opsigte van die jaar geëindig 31 Maart 20X3 voorgestel om op 31 Mei 20X3 betaal te word. Die verbandhoudende bedrag per aandeel is 2,50. Berekeninge (1) Dividend per gewone aandeel erken Dividend per aandeel Dividend 31 Mei 20X2 (A / B) 0,99 A. Totale dividend betaal 990 000 B. Aantal aandele in uitreiking op betaaldatum 1 000 000 Dividend 30 November 20X2 (C / D) 1,10 C. Totale dividend betaal 1 210 000 D. Aantal aandele in uitreiking op betaaldatum 1 100 000 (1 000 000 + 100 000) Totaal vir die jaar 2,09 Let op: Die berekende bedrae per aandeel word eenvoudig bymekaar getel en nie aangesuiwer vir die feit dat daar aandeeluitreikings gedurende die finansiële jaar was nie. Gevolglik reflekteer die dividend per aandeel bedrag die dividend wat n aandeelhouer op elke aandeel sou ontvang het, indien die aandeelhouer sy/haar aandele vir die volle finansiële jaar gehou het. (2) Totale voorgestelde dividend betaalbaar Aantal aandele in uitreiking op voorgestelde betaaldatum 1 200 000 (1 000 000 + 100 000 + 50 000 + 50 000) Voorgestelde dividend per aandeel 2,50 Gevolglik, totale voorgestelde dividend (1 200 000 x 2,50) 3 000 000 Let op: Indien die voorgestelde dividend voor die magtiging van die finansiële state vir uitreiking betaal is, word die werklike bedrag betaal (d.i. die dividendbedrag vermenigvuldig met die aantal aandele op betaaldatum uitstaande) gebruik om die totale dividend betaalbaar te bereken. Indien die voorgestelde betaaldatum egter na die magtigingsdatum val, word die werklike aantal aandele in uitreiking op datum van die magtiging van die finansiële state gebruik, aangesien dit die beste raming is van wat die werklike aantal aandele op die voorgestelde betaaldatum sal wees.

4 B. Verdienste per aandeel 1. Doelwit IAS 33, par 1, beskryf die doelwit van die standpunt. Let op dat die doelwit spesifiek met die berekening van prestasiesyfers verband hou. Gevolglik moet prestasie (wins) reeds voltooi wees, voordat verdienste per aandeel syfers bereken kan word. Dit beteken dat IAS 33 se vereistes NIE wins vir die tydperk beïnvloed NIE!! 2. Omvang Die omvang van die standpunt word in IAS 33, par 2 4A, omskryf. Hersien hierdie paragrawe en, indien nodig u FK 201 studiemateriaal, sodat u presies weet wanneer verdienste per aandeel syfers vir n entiteit bereken en aangebied moet word. 3. Basiese verdienste per aandeel 3.1. Basiese verdienste Basiese verdienste per aandeel verskaf n terugblik op die prestasie gedurende die verslagdoeningstydperk wat verby is (IAS 33, par 11). Basiese verdienste per aandeel word bereken deur die volgende twee items te deel (IAS 33, par 10 & A1): Die wins of verlies aan gewone ekwiteitshouers van die moeder toeskryfbaar Hierdie wins of verlies word vir die na-belaste impak van voorkeuraandele as ekwiteitsinstrumente geklassifiseer, aangesuiwer (IAS 33, par 12). Ons verwys hierna as basiese verdienste. Die impak van voorkeuraandele as laste geklassifiseer sou reeds by die wins of verlies in ag geneem wees (IAS 33, par 13). IAS 33, par 14, beskryf hoe die hantering van dividende op kumulatiewe en nie-kumulatiewe voorkeuraandele vir die doeleindes van verdienste per aandeel berekeninge verskil. Die geweegde gemiddelde aantal gewone aandele gedurende die tydperk uitstaande Ons verwys hierna as basiese aandele. Die vereistes rondom geweegde gemiddele aantal gewone aandele word later in hierdie dokument in groter besonderhede bespreek. Die volgende voorbeeld illustreer die vereistes van IAS 33 ten opsigte van die berekening van basiese verdienste.

5 Klasvoorbeeld 2 Voorkeuraandele (.12 -.14) Op 1 Januarie 20X1 het A Beperk 100 000 kumulatiewe nie-aflosbare voorkeur-aandele vir n totale opbrengs van 100 000 uitgereik. Dividendbetalings is ten volle binne A Beperk se diskresie en word teen 10% per jaar op die uitreikingsprys van die voorkeuraandele betaal. Op 31 Desember 20X2 het A Beperk n gewone dividend verklaar. Geen dividende is gedurende die jaar geëindig 31 Desember 20X1 verklaar of betaal nie. Wins vir die tydperk toeskryfbaar aan ekwiteitshouers van die moeder voor inagname van enige impak van voorkeuraandele: 20X1: 100 000 20X2: 150 000 100 000 gewone aandele was regdeur beide tydperke in uitreiking. Ignoreer belasting. VELANG: (a) Bereken die basiese verdienste per aandeel vir die jare geëindig 31 Desember 20X1 en 20X2 in ooreenstemming met IAS 33. (b) Neem aan dat hierdie nie-kumulatiewe voorkeuraandele is. Bereken die basiese verdienste per aandeel vir die jare geëindig 31 Desember 20X1 en 20X2 in ooreenstemming met IAS 33. (c) Neem aan die hierdie voorkeuraandele verpligtend teen die uitreikingsprys aan die einde van 20X5 aflosbaar is en dat die dividende nie binne die diskresie van A Beperk is nie. Bereken die basiese verdienste per aandeel vir die jare geëindig 31 Desember 20X1 en 20X2 in ooreenstemming met IAS 33. VOOGESTELDE OPLOSSING: DEEL A 20X2 20X1 Wins vir die jaar 150 000 100 000 Kumulatiewe voorkeurdividend (100 000 x 10%) (10 000) (10 000) Basiese verdienste 140 000 90 000 Basiese aandele 100 000 100 000 Basiese verdienste per aandeel 1,40 0,90

6 DEEL B 20X2 20X1 Wins vir die jaar 150 000 100 000 Nie-kumulatiewe voorkeurdividend (100 000 x 10%) (10 000) - Basiese verdienste 140 000 100 000 Basiese aandele 100 000 100 000 Basiese verdienste per aandeel 1,40 1,00 DEEL C 20X2 20X1 Wins vir die jaar 140 000 90 000 (150 000 100 000 x 10%; 100 000 100 000 x 10%) Voorkeurdividend - - Basiese verdienste 140 000 90 000 Basiese aandele 100 000 100 000 Basiese verdienste per aandeel 1,40 0,90 Let op: In hierdie voorbeeld word die wins vir die jaar verskaf, voordat die impak van voorkeuraandele, wat as n las geklassifiseer is, in ag geneem is. Indien die wins vir die tydperk ingevolge IFS egter verskaf word, sonder kommentaar tot die teendeel, sou die bedrag na die aftrekking van die voorkeurdividend wees. 3.2. Basiese aandele Basiese verdienste per aandeel word bereken deur die geweegde gemiddelde aantal gewone aandele in uitreiking gedurende die tydperk te gebruik (IAS 33, par 19). Deur die geweegde aantal gewone aandele te gebruik, eerder as werklike aandele, reflekteer verdienste per aandeel syfers dat die aandeelhouerskapitaal moontlik gedurende die tydperk gewissel het (IAS 33, par 20). Daar is drie tipes nuwe aandeeluitreikings vir die berekening van basiese aandele: Aandele vir waarde uitgereik Aandele is vir waarde uitgereik indien die teenprestasie gelyk aan die markwaarde van die aandele is. Aandele wat vir waarde uitgereik is, word met die tydperk wat dit uitstaande was, geweeg. Hierdie proses word in IAS 33, par 20, beskryf. Die uitreikingsdatum word bepaal met verwysing na die bepalings en voorwaardes van die aandeeluitreiking, asook die wese van die kontrak wat daarmee verband hou (IAS 33, par 21).

7 IAS 33, par 21, bevat ook voorbeelde oor wat die datum van uitreiking onder verskillende omstandighede sal wees. Let op dat hierdie voorbeelde almal met uitreikings vir waarde verband hou! Verwys na klasvoorbeelde 3 en 4 vir n illustrasie van hierdie beginsels Aandele vir geen waarde uitgereik Aandele is vir geen waarde uitgereik, indien geen teenprestasie vir die uitreiking ontvang is (of ontvang sal word) nie. Aandele wat vir geen waarde uitgereik is nie, word NIE volgens tyd geweeg NIE. Die geweegde gemiddelde gewone aandele in uitreiking vir die huidige tydperk en vorige tydperke aangebied, word proporsioneel herstateer wanneer nuwe aandele vir geen waarde uitgereik word (IAS 33, par 26, 28 en 29). n Teenprestasie is gewoonlik in die verlede ten opsigte van potensiële gewone aandele ontvang. Daarom word die omskepping van potensiële gewone aandele soos n uitreiking vir waarde hanteer (weeg volgens tyd) en nie soos n uitreiking vir geen waarde (herstateer) nie (IAS 33, par 26). Potensiële gewone aandele hou met verwaterde verdienste per aandeel verband en word later in hierdie dokument in groter besonderhede bespreek. IAS 33, par 27 (a), (c) en (d), bevat voorbeelde van uitreikings vir geen waarde. Let op: n Uitreiking vir geen waarde het werklik gedurende die huidige tydperk plaasgevind. Dit hou dus met die verlede verband en word by basiese aandele ingesluit (NIE verwaterde aandele NIE)! Verwys na klasvoorbeeld 3 vir n illustrasie van hierdie beginsels n Kombinasie uitreiking (kombinasie van die eerste twee tipes) n Kombinasie uitreiking vind plaas wanneer teenprestasie wel ontvang is, maar dit is minder as die markwaarde van die aandele. Die voorbeeld binne die sillabus van FK 300 is n regte-uitgif [IAS 33, par 27(b) en A2]. n Kombinasie uitreiking het n gedeelte wat vir waarde uitreik is en wat soos n uitreiking vir waarde hanteer word (d.i. weeg volgens tyd). Die oorblywende gedeelte is dan vir geen waarde uitgereik en word soos n uitreiking vir geen waarde hanteer (d.i. herstateer proporsioneel). Let op: Die gedeelte van die uitreiking vir geen waarde het werklik gedurende die huidige tydperk plaasgevind. Dit hou dus met die verlede verband en word by basiese aandele ingesluit (NIE verwaterde aandele NIE)! Verwys na klasvoorbeeld 4 vir n illustrasie van hierdie beginsels

8 Klasvoorbeeld 3 met / sonder n verandering in hulpbronne (.21(a),.26,.27(a),.28) Op 31 Desember 20X0 het A Beperk se uitgereikte aandelekapitaal uit 100 000 gewone aandele bestaan. Geen uitreiking van aandele het gedurende 20X0 plaasgevind nie. Op 1 Maart 20X1 het A Beperk 20 000 gewone aandele vir kontant uitgereik. Die kontant is op 1 Maart 20X1 ontvang. Op 30 Junie 20X1 het A Beperk n bonus uitgif (kapitalisasie uitgif) van 1 aandeel vir elke 4 aandele voorheen gehou, gehad en behoue verdienste is vir hierdie doel aangewend. Die volgende is toepaslik: 20X1 20X0 Wins vir die jaar: 200 000 150 000 VELANG: Bereken basiese verdienste per aandeel vir die jare geëindig 31 Desember 20X0 en 20X1 in ooreenstemming met IAS 33. VOOGESTELDE OPLOSSING: 20X1 20X0 Basiese verdienste (wins vir die jaar) 200 000 150 000 20X1 Werklike aandele 20X1 Geweegde aandele 20X0 Herstateerde aandele Saldo aan die begin van die jaar 100 000 100 000 100 000 Uitgereik vir kontant 20 000 16 667 - (20X1: 20 000 x 10 / 12) 120 000 116 667 100 000 Bonus uitgif (1) 30 000 (2) 29 167 (3) 25 000 Geweegde gemiddelde aantal aandele 150 000 145 834 125 000 (1) 120 000 / 4 = 30 000 (2) 116 667 / 4 = 29 167 OF (30 000 / 120 000) x 116 667 = 29 167 (3) 100 000 / 4 = 25 000 OF (30 000 / 120 000) x 100 000 = 25 000 Basiese verdienste per aandeel (4) 200 000 / 145 834 = 1,37 20X1 (4) 1,37 20X0 (5) 1,20

9 (5) 150 000 / 125 000 = 1,20 Klasvoorbeeld 4 regte uitgif (.26,.27(b), A2) Op 31 Desember 20X0 het A Beperk se uitreikte aandelekapitaal uit 500 000 gewone aandele bestaan. Daar was geen bewegings in aandelekapitaal gedurende 20X0 nie. Op 1 Februarie 20X1 het A Beperk 20 000 gewone aandele teen hul billike waarde in ruil vir n kontantbetaling uitgereik. Die kontant is op 1 Februarie 20X1 ontvang. Op 1 Maart 20X1 het A Beperk aandele ingevolge n regte uitgif uitgereik van een aandeel vir elke 5 gehou teen n prys van 8,00 per aandeel. Die billike waarde van A Beperk se gewone aandele, onmiddellik voor die regte uitgeoefen is, het 11,00 per aandeel beloop. Die volgende is toepaslik: 20X1 20X0 Wins vir die jaar 1 500 000 1 100 000 VELANG: Bereken basiese verdienste per aandeel vir die jare geëindig 31 Desember 20X0 en 20X1 in ooreenstemming met IAS 33. VOOGESTELDE OPLOSSING: 20X1 20X0 Basiese verdienste (wins vir die jaar) 1 500 000 1 100 000 Geweegde gemiddelde aantal gewone aandele 609 048 523 810 Basiese verdienste per aandeel 2,46 2,10 Berekening van geweegde gemiddelde aantal gewone aandele: 20X1 Werklik 20X1 Geweeg 20X0 Herstateer Uitgereikte aandele aan begin van die jaar 500 000 500 000 500 000 Aandele vir waarde uitgereik 20 000 18 333 - (20 000 x 11 / 12) 520 000 518 333 500 000 egte uitgif - Bonus element van regte uitgif (2) 24 762 (a) 24 683 (c) 23 810 - Aandele vir waarde uitgereik (2) 79 238 (b) 66 032-624 000 609 048 523 810 (a) 24 762 / 520 000 x 518 333 OF 518 333 x 0,04762 (ber 2, alt 2.1) (b) 79 238 x 10 / 12

10 (c) 24 762 / 520 000 x 500 000 OF 500 000 x 0,04762 (ber 2, alt 2.1)

11 Berekeninge (1) Teoretiese ex-regte waarde per aandeel Die teoretiese ex-regte waarde per aandeel kan op een van twee alternatiewe maniere bereken word: Alternatief 1.1 (aanbeveel): Aantal aandele (werklik) Prys per aandeel Waarde Voor uitgif 520 000 11,00 5 720 000 egte uitgif 104 000 8,00 832 000 (520 000 / 5) Na uitgif 624 000 10,50 6 552 000 Alternatief 1.2 (gebruik n formule): Billike waarde van aandele onmiddellik voor regte uitgeoefen is + Opbrengs uit regte uitgeoefen Aantal aandele in uitreiking nadat regte uitgeoefen is = (520 000 x 11,00) + (104 000 x 8,00) 520 000 + 104 000 = 10,50 (2) Bonus- en waarde elemente in die regte-uitgif Die teoretiese ex-regte waarde word, ongeag die metode wat gebruik is om die teoretiese ex-regte waarde te bereken (berekening (1) hierbo), gebruik om die bonus en waarde elemente in die regte uitgif te bepaal. Weereens is daar twee alternatiewe om die bonus- en waarde elemente te bereken: Alternatief 2.1 (aansuiweringsfaktor): Die aansuiweringsfaktor word deur IAS 33 verduidelik en word bereken as die billike waarde van die aandele voor die regte uitgif (11,00 in alternatief 1.1 hierbo), gedeel deur die teoretiese ex-regte waarde (10,50 in alternatief 1.1 hierbo). Gevolglik is die aansuiweringsfaktor 11,00 / 10,50 = 1,04762 in hierdie geval. Die antwoord van hierdie berekening (die aansuiweringsfaktor) hou met die aantal bonus aandele uitgereik, verband. 20X1 Werklike aantal aandele net voor die regte uitgif 520 000 Aansuiweringsfaktor minus 1 (1,04762 1) 0,04762 Bonus aandele uitgereik (520 000 x 0,04762) 24 762

12 Die waarde element wat met die aandele uitgereik verband hou, is dan die balanserende syfer in hierdie berekening: 20X1 Totale aantal aandele in regte uitgif uitgereik (ber (1)) 104 000 Bonus aandele uitgereik (24 762) Aandele vir waarde uitgereik (balanserend) 79 238 Alternatief 2.2 (opbrengs metode): Die opbrengs metode bereken die opbrengs vanuit die regte uitgif en bereken op hoeveel aandele die houers van die regte geregtig sou wees, indien hul die teoretiese ex-regte waarde betaal het. Die antwoord van hierdie berekening (die opbrengs metode) hou met die aantal aandele vir waarde uitgereik, verband. Die waarde element wat met die aandele uitgereik verband hou word soos volg bereken: 20X1 Opbrengs vanuit regte uitgif (ber (1), alt 1.1) 832 000 Teoretiese ex-regte waarde (ber (1)) 10,50 Aandele vir waarde uitgereik (832 000 / 10,50) 79 238 Die bonus element wat met die aandele uitgereik verband hou, is dan die balanserende syfer in hierdie berekening: 20X1 Totale aandele in regte uitgif uitgereik (ber (1)) 104 000 Aandele vir waarde uitgereik (79 238) Bonus aandele uitgereik (balanserend) 24 762 3.2. Basiese aandele (vervolg) Bykomende tot die algemene gevalle in die voorafgaande gedeeltes bespreek, is daar ook aangeleenthede wat spesifiek in IAS 33 aangespreek word: Verpligtend omskepbare instrumente Met die uitreiking van n verpligtend omskepbare instrument weet die entiteit reeds dat gewone aandele uitgereik sal moet word. IAS 33, par 23, vereis gevolglik dat hierdie aandele in basiese aandele ingesluit word, vanaf die kontrakdatum van die verpligtend omskepbare instrument. Let op dat slegs die aantal gewone aandele aangesuiwer word, NIE die basiese verdienste NIE! Verwys na klasvoorbeeld 5 vir verdere verduidelikings van hierdie beginsel.

13 Voorwaardelik uitreikbare gewone aandele Voorwaardelik uitreikbare gewone aandele is potensiële gewone aandele. Wanneer hierdie potensiële gewone aandele tot die werklike uitreiking van gewone aandele lei, het dit n impak op basiese aandele. Die impak van voorwaardelike uitreikbare gewone aandele op basiese- (IAS 33, par 24) en verwaterde aandele (IAS 33, par 52 56) word later in hierdie dokument aangespreek. Klasvoorbeeld 5 verpligtend omskepbare instrumente (.23) Op 1 Januarie 20X0 het A Beperk 100, 10% verpligtend omskepbare skuldbriewe met n sigwaarde van 1 000 elk, wat op 31 Desember 20X9 verval, uitgereik. Elke skuldbrief is omskepbaar in gewone aandele van A Beperk teen n omskeppingsprys van 25 per aandeel. ente word halfjaarliks in kontant betaal. Op die datum van uitreiking kon A Beperk nie-omskepbare skuldbriewe met n tien jaar termyn teen n koeponrentekoers van 11% per jaar uitgereik het. Aanvaar n belastingkoers van 30%. Die volgende is op 20X0 van toepassing: Wins vir die jaar 15 000 Aantal gewone aandele regdeur die jaar in uitreiking 100 000 VELANG: Bereken basiese verdienste per aandeel vir die jaar geëindig 31 Desember 20X0 in ooreenstemming met IAS 33. VOOGESTELDE OPLOSSING: Basiese verdienste per aandeel berekening: Basiese verdienste (wins vir die tydperk) 15 000 Aantal gewone aandele in uitreiking 100 000 Verpligtend omskepbare skuldbriewe 4 000 [(1 000 x 100) / 25 per aandeel x 12 / 12] 104 000 Basiese verdienste per aandeel (15 000 / 104 000 aandele) 0,14 Let op: In ooreenstemming met IAS 33.23 word verpligtend omskepbare instrumente vanaf die datum wat die kontrak gesluit is in die berekening van basiese verdienste per aandeel ingesluit.

14 4. Verwaterde verdienste per aandeel 4.1. Algemene beginsels Verwys na die volgende definisies in IAS 33, par 5: Potensiële gewone aandeel Verwatering (dilution) Anti-verwatering (antidilution) Verwaterde verdienste per aandeel verduidelik wat verdienste vir die tydperk sou gewees het as alle verwaterende potensiële gewone aandele in gewone aandele omskep sou wees (IAS 33, par 32). Dit beteken dat verwaterde verdienste per aandeel NIE met gewone aandele werklik uitgereik verband hou NIE, maar slegs met instrumente wat moontlik tot die uitreiking van gewone aandele in die toekoms kan lei. Verwaterde verdienste per aandeel is dus n vooruitskouing van moontlike toekomstige gebeure. Verwaterde verdienste per aandeel word bereken deur die volgende twee items te deel (IAS 33, par 31): Aangepaste basiese verdienste (d.i. verwaterde verdienste) IAS 33, par 33, bepaal dat die beginpunt vir verwaterde verdienste, die basiese verdienste bedrag is. Die basiese verdienste bedrag word dan aangesuiwer met die na-belaste bedrae wat met verwaterende potensiële gewone aandele verband hou [IAS 33, par 33(a) (c)]. IAS 33, par 34, verduidelik waarom hierdie aansuiwerings nodig is. IAS 33, par 34 en 35, verskaf voorbeelde van items waarvoor aansuiwering vereis sou word. Aangepaste geweegde gemiddelde aantal gewone aandele gedurende die tydperk uitstaande (d.i. verwaterde aandele) IAS 33, par 36, bepaal dat die beginpunt vir verwaterde aandele, basiese aandele is. Die basiese aandele word dan aangesuiwer vir die geweegde gemiddelde aantal aandele wat met die omskepping van verwaterende potensiële gewone aandele uitgereik sou word (IAS 33, par 36). Let op dat potensiële gewone aandele met die tydperk wat dit uitstaande was, geweeg word (d.i. weging volgens tyd) (IAS 33, par 36 en 38). Die potensiële gewone aandele word onafhanklik bereken vir elke tydperk aangebied (IAS 33, par 37). Wanneer daar meer as een omskeppingsbasis bestaan, word die mees voordelige basis uit die oogpunt van die houer gebruik (IAS 33, par 39).

15 By implikasie beteken dit dat die slegste moontlike uitkoms uit die oogpunt van bestaande aandeelhouers gebruik word. Verwaterde verdienste per aandeel van vorige tydperke word nie later vir veranderinge in aannames of werklike uitkomste herstateer nie (IAS 33, par 65). Dit beteken dat vorige jare se berekeninge onveranderd bly, selfs al bewys nuwe inligting dat geen verwatering later plaasgevind het nie. 4.2. Spesifieke voorbeelde: opsies Verwys na die volgende definisie in IAS 33, par 5: Opsies, sekuriteitsregte en hul ekwivalente Vir die berekening van verwaterde verdienste per aandeel, moet die entiteit aanvaar dat alle verwaterende opsies uitgeoefen is (IAS 33, par 45). Opsies is verwaterend wanneer die uitoefeningsprys minder as die gemiddelde markprys van gewone aandele gedurende die tydperk is (IAS 33, par 46 & 47). Die rede hiervoor is die berekeningsmetode wat IAS 33 ten opsigte van die verwaterende aandele vereis (IAS 33, par 45 & 46): Bepaal die aantal gewone aandele wat ingevolge die kontrak uitgereik moet word Bereken die opbrengs wat by die uitoefening van die opsies ontvang sal word Bereken die maksimum aantal gewone aandele wat met die opbrengs teen die gemiddelde markprys gedurende die tydperk teruggekoop sou kon word Die verskil tussen die aantal gewone aandele ingevolge die kontrak en die maksimum aantal aandele wat teruggekoop kon word, is die verwaterende aandele IAS 33 gebruik dus die aanname dat die entiteit verwatering van sy bestaande aandeelhouers sal wil vermy deur aandele terug te koop. Tot die mate wat die entiteit nie hierin kan slaag nie, is die opsies verwaterend. Klasvoorbeeld 6 aandele opsies en verwaterde verdienste per aandeel (.45 -.47) Op 31 Desember 20X0 het A Beperk se uitgereikte aandelekapitaal uit 500 000 gewone aandele bestaan. Op 1 Januarie 20X1 het die direkteure van A Beperk opsies uitgereik om n totaal van 100 000 gewone aandele van die maatskappy teen 15,00 per aandeel op te neem. Die opsies kan slegs uitgeoefen word deur die aandele werklik op te neem. Die gemiddelde markprys van die aandele was 20,00 per aandeel vir die jaar geëindig 31 Desember 20X1. Geen opsies is gedurende die jaar geëindig 31 Desember 20X1 uitgeoefen nie. Op 30 September 20X2 is opsies, wat die houers daarvan op 50 000 gewone aandele geregtig maak, egter uitgeoefen. Die oorblywende opsies het op 30 September 20X2 verval, sonder dat dit uitgeoefen is.

16 Die gemiddelde markprys van die aandele van 1 Januarie 20X2 tot 30 September 20X2 was 25,00 per aandeel. Die wins vir die jaar geëindig 31 Desember 20X2 het 1 500 000 (20X1: 1 200 000) beloop. VELANG: Bereken basiese- en verwaterde verdienste per aandeel vir die jare geëindig 31 Desember 20X1 en 20X2 in ooreenstemming met IAS 33. VOOGESTELDE OPLOSSING: 20X2 20X1 Basiese verdienste (wins vir die tydperk) 1 500 000 1 200 000 Verwaterde verdienste 1 500 000 1 200 000 Basiese aandele 512 500 500 000 Verwaterde aandele 542 500 525 000 Basiese verdienste per aandeel 2,93 2,40 Verwaterde verdienste per aandeel 2,76 2,29 Let wel: Geen aanpassings aan basiese verdienste ten opsigte van die omskepping van die aandele opsies word gemaak om verwaterde verdienste te bereken nie, aangesien hierdie opsies geen impak op basiese verdienste het nie. Berekening van geweegde gemiddelde aantal gewone aandele: 20X2 Werklik 20X2 Geweeg 20X1 Geweeg Uitgereikte aandele aan begin van die jaar 500 000 500 000 500 000 Aandele uitgereik (opsies uitgeoefen) 50 000 (a) 12 500 - Basiese aandele 550 000 512 500 500 000 Aandele opsies (c) 30 000 (b) 25 000 Verwaterde aandele 542 500 525 000 (a) 50 000 x 3 / 12 (tyd-geweeg - IAS 33.38) (b) 25 000 (ber (1)) x 12 / 12 (tyd-geweeg - IAS 33.38) (c) 40 000 (ber (2)) x 9 / 12 (tyd-geweeg - IAS 33.38)

17 Berekening van verwaterende aandele opsies (1) Aandele opsies in 20X1 Verwaterende aandele ingevolge opsiekontrakte is daardie aandele wat, indien die opsies gedurende die verslagdoeningstydperk uitgeoefen is, nie met die opbrengs uit die uitoefening van die opsies teruggekoop sou kon word nie. Vir die doeleindes van die berekening word aanvaar dat die aandele teen die gemiddelde markprys wat gedurende die verslagdoeningstydperk gegeld het, teruggekoop sou word (IAS 33, par 45). 20X1 Opbrengs wanneer opsies uitgeoefen word (100 000 x 15) 1 500 000 Gemiddelde markprys per aandeel vir verslagdoeningstydperk 20,00 Aantal aandele wat vir waarde uitgereik sal word [IAS 33.45 46(a)] 75 000 (1 500 000 / 20,00) Verwaterende aandele (balanserend) [IAS 33.46(b)] 25 000 Totale aantal aandele om uit te reik 100 000 (2) Aandele opsies in 20X2 20X2 Opbrengs wanneer opsies uitgeoefen word (100 000 x 15) 1 500 000 Gemiddelde markprys per aandeel vir verslagdoeningstydperk 25,00 Aantal aandele wat vir waarde uitgereik sal word [IAS 33.45 46(a)] 60 000 (1 500 000 / 25,00) Verwaterende aandele (balanserend) [IAS 33.46(b)] 40 000 Totale aantal aandele om uit te reik 100 000 4.3. Spesifieke voorbeelde: voorwaardelik uitreikbare gewone aandele Verwys na die volgende definisies in IAS 33, par 5: Voorwaardelik uitreikbare gewone aandele (Contingently issuable ordinary shares) Voorwaardelike aandeelooreenkoms (Contingent share agreement) Voorwaardelik uitreikbare gewone aandele word dikwels gebruik wanneer daar n risiko is dat n verkoper inligting vanaf die koper kan weerhou ten einde n beter verkoopsprys te beding. Deur n gedeelte van die prys aan n voorwaarde te koppel, kan die koper die risiko dat hy/sy te veel betaal het, probeer bekamp. Byvoorbeeld: n Entiteit koop nuut ontwikkelde tegnologie vir 3 miljoen aan. Die risiko is dat die tegnologie nie so goed is as wat die verkoper beweer nie en slegs die verkoper weet werklik wat die kwaliteit hiervan is. In plaas daarvan om die 3 miljoen dadelik in kontant te betaal, kan die entiteit bepaal dat slegs 1

18 miljoen nou betaal word en 2 miljoen op n latere datum betaal word as die tegnologie aan sekere voorafbepaalde en meetbare vereistes voldoen (bv. eenhede geproduseer, patente toegestaan ens.). Wanneer die gedeelte van die prys wat uitgestel is deur die uitreik van gewone aandele vereffen sal word, is hierdie aandele (tot en met die uitreiking daarvan) voorwaardelik uitreikbare gewone aandele. Let op dat die voorwaarde nie slegs die verloop van tyd mag wees nie, want die verloop van tyd is seker (dit is egter altyd een van die vereistes) (IAS 33, par 24). Een van die volgende gevalle geld ten opsigte van voorwaardelike uitreikbare gewone aandele op verslagdoeningsdatum: Alle voorwaardes (insluitend tyd) word aan voldoen In hierdie geval word gewone aandele in basiese aandele ingesluit vanaf die datum waarop alle vereistes aan voldoen is (IAS 33, par 24). Sommige voorwaardes word nie aan voldoen nie (dikwels die tydvoorwaarde) In hierdie geval is die impak op verwaterde aandele. Die entiteit bepaal die aantal gewone aandele wat op verslagdoeningsdatum uitgereik sou word, indien die tydvoorwaarde geïgnoreer word (IAS 33, par 52). Voorwaardelik uitreikbare gewone aandele word, soos enige ander potensiële gewone aandele, volgens tyd geweeg (IAS 33, par 52). IAS 33, par 53 56, verskaf voorbeelde hoe verskillende voorwaardes by die berekening van verwaterde aandele hanteer moet word. Let op dat vorige jare se aandele berekeninge nie herstateer word nie (IAS 33, par 52). Die bostaande beginsels word verder in die volgende klasvoorbeeld verduidelik. Klasvoorbeeld 7 voorwaardelik uitreikbare aandele (.19,.24,.36 -.37,.41 -.43,.52) Op 1 Januarie 20X1 het A Beperk 1 000 000 gewone aandele in uitreiking gehad. Geen opsies of omskepbare instrumente was gedurende die jaar uitstaande nie. Op 1 April 20X1 het die maatskappy ooreengekom om bykomende gewone aandele uit te reik om vir die verkryging van nuwe tegnologie te betaal, gebaseer op die volgende voorwaardes: 5 000 bykomende gewone aandele sal in die jaar waarin n nuwe winkel gedurende 20X1 tot 20X4 geopen word, uitgereik word; 1 000 bykomende gewone aandele sal vir elke 1 000 kumulatiewe wins meer as 2 000 000 vir die vier jaar geëindig 31 Desember 20X4 uitgereik word.

19 Die volgende winkels is geopen: Een op 1 Mei 20X1; Een op 30 September 20X4 Behoue verdienste was soos volg op elke verslagdoeningsdatum: 31 Desember 20X1 (kumulatief 20X0: 0) 1 100 000 31 Desember 20X2 2 300 000 31 Desember 20X3 1 900 000 31 Desember 20X4 2 900 000 31 Desember 20X5 4 200 000 VELANG: Bereken basiese- en verwaterde verdienste per aandeel vir die jare geëindig 31 Desember 20X1 20X5 in ooreenstemming met IAS 33. VOOGESTELDE OPLOSSING: 20X1 Basiese en verwaterde verdienste (wins vir die jaar) (aant 1) 1 100 000 Geweegde gemiddelde uitgereikte aantal gewone aandele Werklike aandele Geweegde aandele Openingsaldo 1 000 000 1 000 000 Persele geopen (5 000 x 8 / 12) 5 000 3 333 Wins voorwaardelikheid - - Basiese aandele 1 005 000 1 003 333 Persele geopen - 417 [(5 000 x 9 / 12 3 333 (basies)] OF (5 000 x 1 / 12) Wins voorwaardelikheid - - Verwaterde aandele 1 005 000 1 003 750 Basiese verdienste per aandeel (1 100 000 / 1 003 333 aandele) 1,10 Verwaterde verdienste per aandeel (1 100 000 / 1 003 750 aandele) 1,10 Let wel: Basiese en verwaterde verdienste is gelyk aan wins vir die jaar in hierdie voorbeeld. Geen aanpassings is nodig vir basiese verdienste nie, aangesien daar geen voorkeuraandele in uitreiking is nie, terwyl geen aanpassings vir verwaterde verdienste nodig is nie, aangesien die uitreiking van die gewone aandele ingevolge die voorwaardelike aandeelooreenkoms nie tot kostebesparings of bykomende verdienste vir die entiteit sal lei nie.

20 20X2 Basiese en verwaterde verdienste (wins vir die jaar) 1 200 000 (2 300 000 1 100 000) Geweegde gemiddelde uitgereikte aantal gewone aandele Werklike aandele Geweegde aandele Openingsaldo 1 005 000 1 005 000 Persele geopen - - Wins voorwaardelikheid - - Basiese aandele 1 005 000 1 005 000 Persele geopen - - Wins voorwaardelikheid 300 000 300 000 [(2 300 000 2 000 000) x 12 / 12] Verwaterde aandele 1 305 000 1 305 000 Basiese verdienste per aandeel (1 200 000 / 1 005 000 aandele) 1,19 Verwaterde verdienste per aandeel (1 200 000 / 1 305 000 aandele) 0,92 20X3 Basiese en verwaterde verlies (verlies vir die jaar) (400 000) (1 900 000 2 300 000) Geweegde gemiddelde uitgereikte aantal gewone aandele Werklike aandele Geweegde aandele Openingsaldo 1 005 000 1 005 000 Persele geopen - - Wins voorwaardelikheid - - Basiese aandele 1 005 000 1 005 000 Persele geopen - - Wins voorwaardelikheid - - Verwaterde aandele 1 005 000 1 005 000 Basiese en verwaterde verlies per aandeel [(400 000) / 1 005 000 aandele] (0,40)

21 20X4 Basiese en verwaterde verdienste (wins vir die jaar) 1 000 000 (2 900 000 1 900 000) Geweegde gemiddelde uitgereikte aantal gewone aandele Werklike aandele Geweegde aandele Openingsaldo 1 005 000 1 005 000 Persele geopen [5 000 x 3 / 12] 5 000 1 250 Wins voorwaardelikheid [(2,9m 2,0m) x 0 / 12] 900 000 - Basiese aandele 1 910 000 1 006 250 Persele geopen [5 000 1 250] OF [5 000 x 9 / 12] - 3 750 Wins voorwaardelikheid - 900 000 [900 000 nul] OF [900 000 x 12 / 12] Verwaterde aandele 1 910 000 1 910 000 Basiese verdienste per aandeel (1 000 000 / 1 006 250 aandele) 0,99 Verwaterde verdienste per aandeel (1 000 000 / 1 910 000 aandele) 0,52 20X5 Basiese en verwaterde verdienste (wins vir die jaar) 1 300 000 (4 200 000 2 900 000) Geweegde gemiddelde uitgereikte aantal gewone Werklike Geweegde aandele aandele aandele egdeur die jaar uitstaande 1 910 000 1 910 000 Basiese en verwaterde verdienste per aandeel (1 300 000 / 1 910 000 aandele) 0,68 Verduidelikende aantekeninge: IAS 33.24 bepaal dat voorwaardelik uitreikbare aandele slegs vir basiese verdienste per aandeel in ag geneem word wanneer aan al die voorwaardes voldoen word. In hierdie voorbeeld word bykomende aandele uitgereik wanneer n perseel geopen word. Sodra hierdie plaasgevind het, d.i. n perseel is geopen (1 Mei 20X1 en 30 September 20X4), word die aandele by die berekening van basiese verdienste per aandeel in ag geneem. Die wins voorwaarde word nie vir basiese verdienste per aandeel in ag geneem, totdat aan AL die voorwaardes voldoen word nie, d.i. totdat die wins 2 000 000 op 31 Desember 20X4 oorskry het nie. Alhoewel die kumulatiewe wins gedurende 20X2 die teiken van 2 000 000 oorskry, kan die entiteit steeds verliese gedurende die volgende twee jaar ly en daarom onder die teiken op die 20X4 jaareinde wees. Gevolglik word die aandele slegs in berekening vir basiese verdienste per aandeel vanaf 31 Desember 20X4 gebring. IAS 33.52 bepaal dat, wanneer die voorwaardes wat met die voorwaardelik uitreikbare aandele verband hou, nie aan voldoen word nie, die aantal voorwaardelik

22 uitreikbare aandele wat in die verwaterde verdienste per aandeel berekening ingesluit word, gebaseer word op die aantal aandele wat uitreikbaar sou wees indien die einde van die verslagdoeningstydperk die einde van die voorwaardelikheidstydperk was. Byvoorbeeld, indien 31 Desember 20X2 die einde van die voorwaardelikheidstydperk sou wees, sou die entiteit 300 000 aandele uitreik. Gevolglik word die aandele vir verwaterde verdienste per aandeel in ag geneem. Indien 31 Desember 20X3 die einde van die voorwaardelikheidstydperk sou wees, sou die entiteit geen aandele uitgereik het nie en daarom sou geen aandele vir verwaterde verdienste per aandeel in ag geneem word nie. Die 20X2 verwaterde verdienste per aandeel word egter nie herstateer vir die feit dat daar nie aan die voorwaardelikheid aan die einde van 20X3 voldoen word nie. 4.4. Spesifieke voorbeelde: omskepbare instrumente Omskepbare instrumente kan byvoorbeeld omskepbare skuldbriewe of omskepbare voorkeuraandele wees. Aansuiwerings vir beide word by die berekening van verwaterde verdienste per aandeel in ag geneem, indien die impak wel verwaterend is (IAS 33, par 49 50). Verskillende tipes omskepbare instrumente bestaan: Verpligtend omskepbare instrumente Let op dat verpligtend omskepbare instrumente reeds vanaf die datum van uitreiking by basiese aandele ingesluit word (IAS 33, par 23). Daar is dus geen verdere aanpassing vir verwaterde verdienste per aandeel nie! Verwys na afdeling 3.2. en klasvoorbeeld 5 in hierdie dokument vir meer besonderhede. Instrumente na keuse van die uitreiker omskepbaar Die entiteit aanvaar ALTYD dat aandelevereffening gekies sal word, as die entiteit die keuse tussen aandele en kontant moet maak (IAS 33, par 58). Basiese verdienste word aangepas vir die rente- en ander besparings vir die entiteit, indien die omskepbare instrument in totaal as n ekwiteits-instrument geklassifiseer sou word (IAS 33, par 59). Instrumente na keuse van die houer omskepbaar Die entiteit aanvaar dat die houer die mees verwaterende keuse tussen aandelevereffening en kontantvereffening sal maak (IAS 33, par 60). Die berekening vir aandelevereffening is dieselfde as die berekening in IAS 33, par 59, hierbo bespreek. Die berekening vir kontantvereffening pas basiese verdienste aan vir die besparing / ekstra koste indien die omskepbare instrument in totaal as n las geklassifiseer sou word. Let op: Moenie die rekeningkundige vereistes van IAS 32 met die verdienste per aandeel vereistes van IAS 33 verwar nie! Vir IAS 32 doeleindes word n onderskeid getref tussen verpligtend omskepbare skuldbriewe (slegs rente word by die berekening

23 van die laskomponent verdiskonteer) en skuldbriewe waar een party ʼn keuse het om te omskep (rente en kapitaal word by die berekening van die laskomponent verdiskonteer). Watter party die keuse het om te omskep, maak geen verskil vir IAS 32 verantwoording nie. Die identiteit van die party met die opsie om te omskep, het egter ʼn groot impak op verwaterde verdienste per aandeel in IAS 33! Klasvoorbeeld 8 vereffening in aandele / kontant: keuse van die entiteit (.58) Op 1 Januarie 20X0 het A Beperk 2 000 omskepbare skuldbriewe van 1 000 elk teen pari (ook billike waarde) uitgereik. Die skuldbriewe het n drie jaar termyn, rente word jaarliks agterna teen 6% per jaar betaal en A Beperk het die opsie om die kapitaalbedrag van die omskepbare skuldbriewe slegs aan die einde van die drie jaar termyn in gewone aandele of kontant te vereffen. Indien die opsie om aandele uit te reik, gekies word, sal elke skuldbrief in 250 gewone aandele omskep. Skuldbriewe wat nie omskep nie, sal teen ʼn 10% premie afgelos word. Op 1 Januarie 20X0 was die heersende markrentekoers vir soortgelyke skuldbriewe sonder n omskeppingsopsie 15% per jaar. Ander inligting: 20X1 20X0 Wins vir die jaar 1 500 000 1 000 000 Uitgereikte gewone aandele regdeur die jaar 1 200 000 1 200 000 Ignoreer belasting en transaksiekoste. VELANG: Bereken basiese- en verwaterde verdienste vir die jare geëindig 31 Desember 20X0 en 20X1 in ooreenstemming met IAS 33. VOOGESTELDE OPLOSSING: 20X1 20X0 Basiese verdienste (wins vir die jaar) 1 500 000 1 000 000 ente op omskepbare skuldbriewe (ber 1) 278 790 258 078 Verwaterde verdienste 1 778 790 1 258 078 Basiese aandele 1 200 000 1 200 000 Omskepping van skuldbriewe (2 000 x 250) 500 000 500 000 Verwaterde aandele 1 700 000 1 700 000 Basiese verdienste per aandeel 1,25 0,83 Verwaterde verdienste per aandeel 1,05 0,74

24 Verduidelikende aantekening: Aangesien die keuse om te omskep by A Beperk rus, moet dit vir die doeleindes van verwaterde verdienste aangeneem word dat die kontrak in gewone aandele vereffen sal word (IAS 33.58). Die wins vir die jaar sluit rente-uitgawe van 166 331 in. Indien die instrument ten volle as n ekwiteitsinstrument geklassifiseer was, sou geen rente in wins of verlies vir die jaar erken wees nie. Daarom word die rente vir die doeleindes van verwaterde verdienste per aandeel teruggetel, om te reflekteer wat die omstandighede sou wees indien die instrument ten volle as ekwiteit geklassifiseer was (IAS 33.59). Alhoewel die rente wat teruggetel word, die nabelaste bedrag behoort te wees (basiese verdienste is na belasting), word die belastinggevolge van skuldbriewe vir FK 300 doeleindes geïgnoreer. Berekening 1. ente op omskepbare skuldbriewe Laskomponent met aanvanklike erkenning: FV = 2 200 000 (2 000 000 x 110%) PMT = 120 000 (2 000 x 1 000 x 6%) n = 3 i = 15% PV = 1 720 523 ente-uitgawe 20X0: 258 078 (1 AMT) ente-uitgawe 20X1: 278 790 (2 AMT) Let op: Die joernaalinskrywings wat A Beperk ten opsigte van die saamgestelde instrument moet verwerk, word onder uiteengesit vir vergelykingsdoeleindes (belasting word geïgnoreer). Let egter op dat hierdie inskrywings nie nodig is om die verlang-gedeelte van die voorbeeld te beantwoord nie. Dt Kt Joernaalinskrywings vir 20X0 Bank 2 000 000 Skuldbrieflas (ber 1) 1 720 523 Ekwiteitskomponent van skuldbriewe (balanserend) 279 477 Finansieringskoste (ber 1) 258 078 Skuldbrieflas (balanserend OF 1 AMT) 138 078 Bank (ber 1) 120 000 Joernaalinskrywings vir 20X1 Finansieringskoste (ber 1) 278 790 Skuldbrieflas (balanserend OF 1 AMT) 158 790 Bank (ber 1) 120 000

25

26 Klasvoorbeeld 9 aflossing in aandele / kontant: keuse van die houer (.60) Op 1 Januarie 20X1 het A Beperk 2 000 omskepbare skuldbriewe teen pariwaarde (ook billike waarde) van 1 000 elk uitgereik. Die skuldbriewe het n drie jaar termyn en rente word jaarliks agterna teen n nominale rentekoers van 6% per jaar betaal. Die houer het die opsie om, slegs aan die einde van die drie jaar termyn, vereffening van die kapitaalbedrag van die omskepbare skuldbriewe in gewone aandele of kontant te eis. Indien aandele gekies word, sal elke skuldbrief in 250 gewone aandele omskep word. Skuldbriewe wat nie omskep word nie sal teen ʼn 10% premie afgelos word. Op 1 Januarie 20X1 was die heersende markrentekoers vir soortgelyke skuld sonder n omskeppingsopsie 15% per jaar. Ander inligting: Wins vir die jaar geëindig 31 Desember 20X1 1 000 000 Uitgereikte gewone aandele regdeur die jaar 1 200 000 Ignoreer belasting en transaksiekoste. VELANG: Bereken basiese- en verwaterde verdienste per aandeel vir die jaar geëindig 31 Desember 20X1 in ooreenstemming met IAS 33. VOOGESTELDE OPLOSSING: Basiese verdienste per aandeel (ber 1) 0,83 Verwaterde verdienste per aandeel (ber 2) 0,74 Berekeninge 1. Basiese verdienste per aandeel Basiese verdienste (wins vir die jaar) 1 000 000 Basiese aandele 1 200 000 Basiese verdienste per aandeel 0,83 2. Verwaterde verdienste per aandeel IAS 33.60 bepaal dat, wanneer kontrakte in aandele of kontant na keuse van die houer vereffen mag word, die mees verwaterend van kontantvereffening of aandele vereffening in die berekening van verwaterde verdienste per aandeel gebruik moet word.

27 Aandele vereffening: Om die verwatering van die aandele vereffeningskeuse te bereken, word die noemer aangesuiwer vir enige veranderinge in wins of verlies wat gedurende die jaar sou ontstaan, indien die instrument ten volle as n ekwiteitsinstrument geklassifiseer sou wees: Basiese verdienste (ber 1) 1 000 000 ente op omskepbare skuldbriewe (ber 3) 258 078 Verwaterde verdienste 1 258 078 Basiese aandele (ber 1) 1 200 000 Omskepping van skuldbriewe (2 000 x 250) 500 000 Verwaterde aandele 1 700 000 Verwaterde verdienste per aandeel 0,74 Kontantvereffening: Om die verwatering vir die kontantvereffeningskeuse te bereken, word die noemer aangesuiwer vir enige veranderinge in wins of verlies wat gedurende die jaar sou ontstaan, indien die instrument ten volle as n las geklassifiseer sou wees. Die aanname word gemaak dat, indien die skuldbriewe slegs n las was, dit teen dieselfde billike waarde met dieselfde aflossingsvoorwaardes uitgereik sou wees: Basiese verdienste (ber 1) 1 000 000 ente op omskepbare skuldbriewe 77 096 ente by basiese verdienste ingesluit (ber 3) 258 078 ente indien ten volle as ʼn las geklassifiseer (ber 4) (180 982) Verwaterde verdienste 1 077 096 Basiese aandele (ber 1) 1 200 000 Aflossing van skuldbriewe - Verwaterde aandele 1 200 000 Verwaterde verdienste per aandeel 0,90 Gevolgtrekking: Verwaterde verdienste per aandeel sal aandele vereffening aanneem, aangesien dit die mees verwaterend tussen aandele vereffening en kontantvereffening is (kontantvereffening is in der waarheid anti-verwaterend in hierdie geval). 3. ente op omskepbare skuldbriewe Laskomponent met aanvanklike erkenning: FV = 2 200 000 (2 000 000 x 110%) PMT = 120 000 (2 000 x 1 000 x 6%) n = 3 i = 15% PV = 1 720 523 ente-uitgawe 20X1: 258 078 (1 AMT)

28 4. ente indien die skuldbriewe ten volle as ʼn las geklassifiseer was Verwaterde verdienste ingevolge die kontantvereffeningsaanname moet reflekteer wat die rente-uitgawe sou wees, indien die skuldbrief ten volle as n las geklassifiseer was. Daar word aangeneem dat die skuldbrief ingevolge markverwante voorwaardes uitgereik is en die geagte rente-uitgawe word daarom soos volg bereken: FV = 2 200 000 (2 000 000 x 110%) PMT = 120 000 (2 000 x 1 000 x 6%) n = 3 PV = 2 000 000 [2 000 x 1 000 = billike waarde (gegee)] i = 9,0491% ente-uitgawe 20X1: 180 982 (1 AMT) Let op: Die joernaalinskrywings wat A Beperk vir die saamgestelde instrument moet verwerk, word hieronder vir vergelykingsdoeleindes uiteengesit (belasting word geïgnoreer). Let egter op dat hierdie inskrywings nie nodig is om die verlanggedeelte van die voorbeeld te beantwoord nie. Dt Kt Joernaalinskrywings vir 20X0 Bank 2 000 000 Skuldbrieflas (ber 3) 1 720 523 Ekwiteitskomponent van skuldbriewe (balanserend) 279 477 Finansieringskoste (ber 3) 258 078 Skuldbrieflas (balanserend OF 1 AMT) 138 078 Bank (ber 3) 120 000 4.5. Toets vir verwatering / Volgorde van verwatering Verwys na die volgende definisies in IAS 33, par 5: Verwatering (dilution) Anti-verwatering (anti-dilution) In die voorafgaande voorbeelde is aanvaar dat die entiteit slegs een tipe potensiële gewone aandele in uitreiking het. Dit is egter moontlik dat n entiteit meer as een tipe potensiële gewone aandele in uitreiking het. Die entiteit neem slegs verwaterende potensiële gewone aandele by die berekening van verwaterde verdienste per aandeel in ag (IAS 33, par 31 & 41).

29 Anti-verwaterende potensiële gewone aandele word NIE by die berekening van verwaterde verdienste per aandeel in ag geneem NIE (IAS 33, par 43). Die definisies van verwatering en anti-verwatering verwys egter net na die impak op verdienste (IAS 33, par 5). Verskillende verdienste bedrae is beskikbaar, wat tot verskillende gevolgtrekkings oor verwatering / anti-verwatering kan lei (IAS 33, par A3). Gevolglik vereis die standpunt dat verwatering / anti-verwatering met verwysing na wins toeskryfbaar aan ekwiteitshouers van die moeder uit voortgesette bedrywighede beoordeel moet word (IAS 33, par 41 42). Hierdie verdienste syfer word die kontrolesyfer genoem. Verder kan die volgorde waarin potensiële gewone aandele in ag geneem word die gevolgtrekking oor verwatering / anti-verwatering verander (IAS 33, par 44). Gevolglik word potensiële gewone aandele in n vaste volgorde van mees verwaterend tot minste verwaterend in ag geneem (IAS 33, par 44). Elke uitreiking van potensiële gewone aandele word apart in ag geneem. Die omskepping van sommige potensiële gewone aandele sou verdienste verhoog, terwyl ander geen impak sal hê nie. Deur die inkrementele verdienste per bykomende aandeel te bereken en die laagste syfers eerste in ag te neem, word maksimum verwatering bereik. Instrumente word in ag geneem totdat die inkrementele impak antiverwaterend is. Hierdie beginsels word in klasvoorbeeld 10 geïllustreer. Let op: Die toets vir verwatering is van toepassing indien daar meer as een tipe of reeks van potensiële gewone aandele is. As daar slegs een tipe en reeks van potensiële gewone aandele is, sal die antwoord vir die berekening van verwaterde verdienste ook as die toets vir verwatering dien. Indien die vraag aandui dat u mag aanvaar dat alle potensiële gewone aandele verwaterend is, hoef u nie die toets vir verwatering te doen nie! Klasvoorbeeld 10 volgorde van verwatering en kontrolesyfer (.41.44) Op 31 Desember 20X7 het A Beperk se uitgereikte aandelekapitaal uit 2 000 000 gewone aandele bestaan. Verder was die volgende instrumente in uitreiking: 500 000 gewone aandeelopsies wat slegs op 31 Desember 20X9 teen 1,00 per aandeel uitgeoefen mag word. Die opsies mag slegs uitgeoefen word deur die aandele werklik op te neem. 300, 12% omskepbare skuldbriewe van 1 000 elk, wat teen sigwaarde (gelyk aan billike waarde) op 1 Januarie 20X6 uitgereik is. Elke skuldbrief is, na keuse

30 van die houer, in 2 000 gewone aandele op 31 Desember 20X8 omskepbaar. Skuldbriewe wat nie omskep word nie, sal in kontant teen sigwaarde afgelos word. Die rentekoers van toepassing op soortgelyke skuldbriewe sonder omskeppingsregte is 15% per jaar. Aanvaar dat kontantvereffening antiverwaterend is. Die gemiddelde markprys per gewone aandeel het 1,60 gedurende die jaar beloop. Die volgende is ter sake vir die jaar geëindig 31 Desember 20X7: Wins vir die jaar (totaal) 500 000 Wins uit voortgesette bedrywighede. 400 000 Ignoreer belasting en transaksiekoste. VELANG: Bereken al die toepaslike verdienste per aandeel bedrae vir die jaar geëindig 31 Desember 20X7 in ooreenstemming met IAS 33. VOOGESTELDE OPLOSSING: Orden die potensiële gewone aandele van die mees- tot minste verwaterend Inkrementele Aandele Inkrementele ang verdienste VPA Opsies (1) - 187 500 Nul 1 Omskepbare skuldbriewe (2) 42 805 600 000 0,07 2 (1) Verwaterende potensiële aandele ingevolge opsies Opbrengs wanneer opsies uitgeoefen word 500 000 (500 000 x 1,00) Gemiddelde markprys per aandeel vir verslagdoeningstydperk 1,60 Aantal aandele om vir waarde uit te reik [IAS 33.45 46(a)] 312 500 (500 000 / 1,60) Verwaterende aandele (balanserend) [IAS 33.46(b)] 187 500 Totale aantal aandele om uit te reik 500 000 (2) ente besparing op omskepbare skuldbrief Laskomponent met aanvanklike erkenning: FV = 300 000 (1 000 x 300) PMT = 36 000 (1 000 x 300 x 12%) n = 3 i = 15% PV = 279 451 ente uitgawe 20X7: 42 805 (2 AMT)