HOËRSKOOL PORTERVILLE
|
|
|
- Eivind Askeland
- 9 år siden
- Visninger:
Transkript
1 HOËRSKOOL PORTERVILLE Posbus Tel: (022) Faks: (022) e-pos: 28 Maart 2014 Kwartaalbrief 1/2014 Geagte Ouers UIT DIE SKOOLHOOF SE PEN Hiermee wil ek graag van die geleentheid gebruik maak om almal te bedank wat betrokke was by die Sportdag, hetsy met die reëlings, bydraes, hulp, deelname of ondersteuning. U betrokkenheid het van die afgelope Sportnaweek n uiters suksesvolle byeenkoms gemaak. Wees verseker dat dit uit die diepte van ons harte waardeer word. Sonder u hulp sou dit verseker nie moontlik kon wees nie en sou alles nie so vlot kon verloop soos wat dit het nie. Ons hier by HSP, is trots om ouers, opvoeders en leerders soos u te kan hê. NOGMAALS BAIE DANKIE!! RUGBY Gedeelte aangehaal uit berig in Stoopstats (vertaal in Afrikaans) Daar kom 'n tyd in elke skole rugbyliefhebber se lewe wanneer die gebeurtenis self eintlik soveel meer belangrik is as wat die spel is. Alle soorte mense het opgedaag in alle vorme om na verskeie spanne van verskeie skole te kom kyk. Hierdie jaar se byeenkoms wat op Vrydag 21 en Saterdag 22 Maart, gehou is, het jongmense van so ver as Martin Oosthuizen in Kakamas, Noord-Kaap, Punt, Hoërskool Langenhoven, Sentraal (Bloemfontein) en Union High van Graaff Reinet opgelewer. Die Vrydag het laer ouderdomsgroep rugby opgelewer. Saterdag is daar afgeskop met soortgelyke rugby wat daarna opgevolg is met die groter ouderdomsgroep rugby wedstryde. Gedurende die twee dae was daar n massiewe samekoms by die nabygeleë Gholfklub vir n heerlike potjiekos-ete. By die twee gashere, mnr. Engelbrecht en mnr. Redelinghuys kan daar geen twyfel bestaan oor die reuse sukses van hierdie gebeurtenis nie, een waarvan die profiel van die sport in n groot, dun bevolkte streek van die Wes-Kaap op sigself verhoog is.
2 Daar was n tipe van vibe wat jy nie regtig kon beskryf nie, n mens kon net daar sit en in die belewenis deel. 1. BEDANKING Weereens baie dankie aan so baie van u wat op n onbaatsugtige wyse by die skool betrokke is. U hulp word raakgesien en opreg waardeer. Ons wil veral dankie sê aan ouers wat hierdie kwartaal betrokke was by die: sportkafee s atletiekafrigting rugby- en netbalafrigting beamptes by atletiekbyeenkomste borgskappe, donasies en fondsinsamelings toesig by klasse en sokkies bederf van personeel Ons konvenors was weereens staatmakers. Dankie aan Amanda Gloyne en ons konvenors wat sorg dat ons kombuis vol flukse mammas en pappas is om ook daar hul deel te doen! Hulle is: Helga Nortjé Marelise Treurnicht (Tydelik) Hester Daniëls Marleen Giliomee Minette Burger 2. SKOOLTYE VIR DIE TWEEDE KWARTAAL Skool heropen : Maandag, 7 April Graad 1 : 07:30-13:00 Graad 2-12 : 07:30-14:00 Let wel: 3. PERSONEEL Tilla Esterhuyse Hanlie Louw Anlé Rademan Stella Steyn Die skool begin met Maandag se rooster. Wena van der Merwe Juf. Elaine Bester is met kraamverlof vanaf 1 Februarie. Juf. Marianne Hanekom is met siekverlof tot die 2de kwartaal. Nuwe personeel : Juf. Tiani Visagie (Gr. 1) Juf. Carla Vorster (Afrikaans Gr ) Mnr. Jeandré Eygelaar (Rekeningkunde Gr ) (Kleinskooltjie) : Johanna Victor (Algemene Werker) Tydelike personeel : Juf. Maureen van Rooyen (Leerondersteuning) Aflos personeel : Willemien Burger (los af in Juf. Bester se plek) Algemeen : Juf. Boonzaaier (los af in juf. Hanekom se plek) 4. A-KANDIDATE 2013 Ons A-kandidate van 2013 is Marike Wilkens (83,1%), Lindie Stemmet (83,3%), Fourie Nel (84,6%) & Andria de Lange (91,4%). Ons wag nog vir hernasien uitslae vanaf die matrieks Baie geluk aan bogenoemde leerders en hul ouers.
3 5. LEERDERBYWONINGSBELEID Ons bring net weer die leerderbywoningsbeleid onder u aandag: Indien n leerder 10 (tien) dae aaneenlopend afwesig is, daar kontak met die ouers beding is, en daar geen rede of versoening aangebied word nie, sal so n leerder onmiddellik vanaf SOBIS verwyder moet word. So n leerder sal dan weer moet heraansoek doen om toelating tot die skool. 6. RAPPORTE / ASSESSERINGSVERSLAE Saam met hierdie omsendbrief ontvang u n rapport/assesseringsverslag. Daarin kan u sien hoe u kind gedurende hierdie kwartaal akademies gevorder het. Bespreek dit asseblief met u kind. Diegene wat nie so goed presteer het nie, sal n besluit moet neem om volgende kwartaal meer getrou te werk. Vergewis uself asseblief van die KABV slaagvereistes vir die Senior Fase (Gr 7-9) vanaf U kind MOET die slaagvereistes bereik in die onderstaande drie leerareas: Huis Taal (Vlak 4) 50% Engels (Vlak 3) 40% Wiskunde (Vlak 3) 40% - Wiskunde word gekondoneer vanaf 30% slegs vir jaareinde) Die onderstaande geld vir die oorblywende ses leerareas: Enige 3 leerares (Vlak 3) 40% Enige 2 leerareas (Vlak 2) 30% Een leerarea mag gedruip word Die effek hiervan is kommerwekkend vir ons as skool na die afgelope toetsreeks. Ons vestig u aandag daarop dat u asseblief u kind(ers) se rapporte/ assesseringsverslae moet onderteken en op Maandag, 7 April, na die skool terugstuur. 7. OUERAAND Op die leerders se rapport is ouers reeds in kennis gestel dat opvoeders hulle wil spreek. Slegs afsprake met dié ouers sal vir die oueraand van 15 April gereël word. Hierdie reëling geld vir graad U sal in kennis gestel word van die spesifieke tyd vir u afspraak. Graad 1 3 ouers sal in kennis gestel word indien hulle die oueraand moet bywoon. Indien u kind nie geïdentifiseer is vir n afspraak nie, maar u wil graag n opvoeders(s) spreek, is u welkom om n afspraak te maak op n ander datum. 8. SKOOLKLERE Leerders trek somersdrag aan totdat ons u oor die wintersdrag in kennis stel. Gewoonlik verander die weer teen die einde van April. Maak asseblief seker dat u kind se wintersdrag reeds aan die begin van die kwartaal reg is.
4 Ter wille van die nuwe leerders en ouers gee ons weer die wintersdrag: Graad 8-12 Dogters: Voorgeskrewe somersrok, swart sykouse OF langbroek met langmou wit hemp, voorgeskrewe skooldas en wit sokkies MET voorgeskrewe skoolbaadjie, donkerblou trui met skoolkleure/ pull-over - indien nodig - en swart skoolskoene met veters of bandjies oor die voet. Seuns: Grys langbroek, wit skoolhemp, voorgeskrewe skooldas, grys sokkies met skoolkleure, voorgeskrewe skoolbaadjie, donkerblou trui met skoolkleure/ pull-over - indien nodig - en swart toerygskoene. L.W. Die voorgeskrewe skoolbaadjie is verpligtend. Die skooltrui/ pull-over mag nie sonder die baadjie gedra word nie. Hierdie reël geld wanneer volle wintersdrag gedra word. APRILMAAND: Graad 1-7 (seuns en dogters) Gewoonlik is die weer van so n aard dat volle wintersdrag nie n vereiste is nie. Leerders mag in hierdie tyd hul pull overs sonder die baadjie dra (seuns en dogters). Hulle mag gedurende die winter die voorgeskrewe skoolsweetpak dra saam met n wit hemp, das, sokkies en skoolskoene. Onder die sweetpak mag die skooltrui/ pullover gedra word. Die sweetpak moet toegerits wees. Andersins kan presies dieselfde kleredrag soos voorgeskryf vir graad 8 12 gedra word (nie langbroek vir die dogters nie). n Skoolbaadjie is egter nie verpligtend vir laerskoolleerders nie. Merk asseblief u kinders se besittings duidelik. sportsakke by die skool opgetel wat naamloos is. Daar word gedurig klere en ALLE LEERDERS: Slegs die HSP-serpe wat by die klerewinkel beskikbaar is, mag gedra word. 9. KLEREWINKEL Die voorlopige tye vir die tweede kwartaal is. Maandae 07:15-07:45 Dinsdae 13:45-14:15 Donderdae 13:45-14:15 Vrydae 13:45-14: RUGBY- en NETBALOEFENINGE Rugby en Netbaloefeninge neem in aanvang op Dinsdag, 8 April, soos aangedui op die middagrooster. Op Donderdag, 10 April word normale tye geoefen. 11. DETENSIE Slegs op weke wat eindig op n Vrydag sal daar detensie wees. Indien n leerder enigsins n probleem het met die datum, moet dit so gou as moontlik direk met die skoolhoof uitgesorteer word.
5 12. KWARTAALOORSIG ATLETIEK Interhuis Atletiek Weereens n opwindende dag! Die paviljoene het mooi gelyk en die gees was goed. Dankie vir al die leerders se opgewondenheid, personeel se entoesiasme en ouers se teenwoordigheid en betrokkenheid. Die kaptein, kapteine en dirigente van die onderskeie Huise was as volg: HUIS KAPTEIN KAPTEINE DIRIGENTE BASTIAANSE Jaydian Doman Mardi Breytenbach Gino Fredericks Gail Faro Austin Fredericks McCLEAN Jan-Louis Nortje Bianca Mackriel Cas Mouton Johan Haasbroek Marietjie Hagen PIENAAR Reinhardt Wessels Lize Simon Thembela Sifile R.W. Uys Keanu Patience BESTE SEUNSATLEET BESTE DOGTERSATLEET Daniël Knoetzen (McClean) O/10 Dané Kellerman (Mc Clean) Derron van Wyk (Pienaar) O/11 Janie van der Merwe (Pienaar) Gideon Cruywagen (Bastiaanse) O/12 Francesca Olivier (Pienaar) Wilberd Waterboer (Pienaar) O/13 Antoinette Burger (Bastiaanse) Shaan-D Ockhuis (Pienaar) O/14 Elzanne Liebenberg (McClean) Adriaan Haasbroek (McClean) O/15 Jana Janse van Rensburg (McClean) Corben Isaacs (McClean) O/17 Jolandie Burger (Bastiaanse) J.H. Smal O/19 Anandie Burger (Bastiaanse) Huis Pienaar het die Wenbeker & Huis Bastiaanse het die GEES-beker gewen. Nuwe Rekords: Baie geluk aan die volgende leerders wat n rekord verbeter het tydens die Interhuis Atletiek: Inge von Wielligh Diskus D/12 Joané Wilkens Spiesgooi D/14 Henco de Beer Diskus S/14 Cornel Vlok Gewigstoot D/15 Lyzanne Janse van Rensburg Spiesgooi D/17 Glen-Brey Fortune Diskus S/17 Mardi Breytenbach Diskus D/19 (1968 rekord verbeter) Elzanne Liebenberg 300mH D/14
6 90mH Wilberd Waterboer 200mH S/13 80mH Antoinette Burger 1500m D/13 800m Reinette van der Merwe 400 m D/14 Adriaan Haasbroek Hamergooi S/15 Plattelandse Interskole Atletiekbyeenkoms Vir die eerste keer het Hoërskool Porterville n Plattelandse Interskole Atletiekbyeenkoms gehou op Dinsdag, 11 Februarie teen H/S, L/S Dirkie Uys en Hopefield. Die uitslae was soos volg: Medaljes (sonder aflosse) Goud = 60 Silwer = 44 Brons = 30 Platteland Atletiekspan Ons is baie trots op ons atlete se prestasies tydens die Platteland Byeenkoms. Die volgende leerders het die Wes-Boland Span verteenwoordig: Laerskool Wes-Boland Atletiek uitslae: Eerste Plekke: Inge von Wielligh (D/12 DG); Antoinette Burger (D/13 SG); Jani van der Merwe (D/11 HS); Cassidy Visser (D/13 HS); Wilberd Waterboer (S/13 80mH & 200mH). Tweede Plekke: Jana Cronje (D/13 DG); Hennis van Deventer (S/12 DG). Derde Plekke: Anke van der Merwe (D/13 DG); Mari de Lange (D/13 VS); Jude Isaacs (S/13 80mH); Mondré Allies (S/11 HS). Hoërskool Wes-Boland Atletiek uitslae: Reinette van der Merwe D/14 200m & 400m 1ste plek (rekord verbeter) Cornel Vlok D/15 GS 2de plek HG 3de plek Jana Janse van Rensburg D/15 800m 2de plek 1500m 3de plek Elzanne Liebenberg D/14 90mH 2de plek 300mH 3de plek Gisela Nel D/17 HG 2de plek Lyzanne J.v. Rensburg D/17 SG & DG 2de plek Mariska Vlok D/17 HG 3de plek Patricia Baadjies D/17 HS 2de plek J.H. Smal M/19 VS 2de plek Christiaan Gous S/17 100m & 200m 2de plek Glen-Brey Fortune S/17 110mH & VS 1ste plek Jody Solomon S/17 400m 2de plek Adriaan Haasbroek S/15 HG 1ste plek
7 Rowaldo Hollenbach S14 100mH 2de plek Dirk Olivier S/17 HG 3de plek Henco de Beer S/14 DG & GS 1ste plek (rekord verbeter) Cas Mouton S/17 HS 1ste plek Shaan-D Ockhuis S/14 300mH 3de plek Mardi Breytenbach V/19 HG, DG & GS 1ste plek Anandie Burger V/19 400mH & 100mH 1ste plek Lize Simon V/19 400m & 800m 1ste plek Laerskool Boland Atletiekspan Die volgende atlete is opgeneem in die Bolandspan: Jani van der Merwe (D/11 HS) Inge von Wielligh (D/12 DG) Wilberd Waterboer (S/13 80mH & 200mH) Hoërskool Boland Atletiekspan Die volgende leerders is opgeneem in die Bolandspan: Mardi Breytenbach - V/19 DG (2de) +HG (1ste) Lize Simon - V/19 400m + 800m (2de) Anandie Burger - V/19 100mH (2de) + 400mH (3de) Elzanne Liebenberg - D/14 300mH (2de) Reinette van der Merwe - D/14 400m (1ste) J.H. Smal - M/19 VS (3de) Cas Mouton - S/17 HS (3de) Glen-Brey Fortune - S/17 VS + DS (3de) Henco de Beer - S/14 GS + DG (2de) H/S Wes-Kaap Atletiek Die volgende leerders het soos volg presteer: Mardi Breytenbach D/19 HG 1ste plek DG 2de plek Reinette van der Merwe D/14 400m 1ste plek Anandie Burger D/19 400mH 2de plek 100mH 3de plek Lize Simon D/19 800m 3de plek 400m 4de plek Henco de Beer S/14 DG 3de plek GS 4de plek J.H. Smal S/19 VS 4de plek Cas Mouton S/17 HS 4de plek SWEM Interhuis Swemgala: Ons het n baie opwindende gala gehad. Die swemgala het weer tussen die 3 Huise plaasgevind.
8 n Spesiale gelukwensing aan ons wenners van elke ouderdomsgroep: Die wenspan van die dag was Huis Bastiaanse met 552 punte. In die 2de plek was Huis McClean met 463 punte, en in die 3de plek was Huis Pienaar met 375 punte. Die volgende rekords is ook verbeter: Wim Treurnicht S/9 50m Vryslag Jani van der Merwe D/11 25m Vryslag Daniël Knoetzen S/10 25m Borsslag (12 jaar-oue rekord : 2002 van Reinhardt Köstens) S/10 50m Borsslag Jani de Lange D13 50m Vryslag (20 jaar-oue rekord: 1994 van Juané Raats) 100m Vryslag Danelle Behm D/14 100m Vryslag D/14 50m Borsslag D/14 100m Borsslag D/14 25m Vlinderslag (21 jaar-oue rekord: 1993 van Martie Coetzee) Bastiaanse A H/S Dogters 4x25m IW Aflos - OPE Span: Jolandi Burger, Danelle Behm, Grethe du Plessis, Chrizelle du Plessis Bastiaanse A Dogters /19 4x25m Vryslag Aflos Span: Anandi Burger, Anke Bleeker, Danelle Behm, Jolandie Burger Ouderdomswenners: Ouderdomsgroep Dogters Seuns 7 Jaar 7 jaar Cornelia Destroom Deodan Jansen 8 Jaar Lisa Snyders Eduan Louw 9 Jaar Jacolene du Toit Wim Treurnicht 10 Jaar Dané Kellerman Daniël Knoetzen 11 Jaar Jani van der Merwe Paul Louw 12 Jaar Inge von Wielligh Darius Rademan L/S 0/14 Jaar Jani de Lange Rohan Knoetzen H/S 0/14 Jaar Danelle Behm Theun Burger 0/16 Jaar Jolandie Burger Dewaldt J v Rensburg 0/19 Jaar Anandie Burger Leighton Hendricks WP Junior Swemkampioenskappe Die volgende leerders het deelgeneem aan die WP Junior Swemkampioenskappe op 1 Maart: Daniël Knoetzen, Rohan Knoetzen, Paul Louw, Anke van der Merwe en Jani van der Merwe. Hoërskool Vredenburg Swemgala Die volgende leerders het medaljes ontvang:
9 O/14 Danelle Behm - Borsslag (goud), Vlinderslag (goud) & Vryslag (goud) O/17 Charlize van Zyl - Rugslag (goud) & Vryslag (brons) Dewaldt J.v.Rensburg - Rugslag (goud) & Vlinderslag (silwer) O/19 Leighton Hendricks - Rugslag (brons) TOP 10 NETBAL Die volgende leerders is gekies vir die Top 10 Netbal: Anandie Burger, Jana Janse van Rensburg, Magriet Cronje, Anika Kotzé, Elana du Plessis, Lerina Burger, Lize Simon, Patricia Baadjies, Ragnhild Olivier & Sashen Cox. Die Top 10 toer die vakansie na die Noorde. Hulle vertrek Saterdagoggend, 29 Maart en keer die dag wat die skool begin terug. Ons besoek Raloka Netbalplaas van Elize Kotzé, huidige SA Afrigter. Onder haar bekwame hande gaan daar vir 4 dae aandag gegee word aan alle aspekte van die spel. Geniet dit! HSP SPORTNAWEEK Die laaste naweek van die kwartaal het ons afgesluit met n fees van netbal en rugby. Hierdie sportnaweek is gereël ten bate van HSP se groot fondsinsameling vir die jaar. 24 Skole (Hugo Rust, Hendrik Louw, Mikro, Noord-Eind, HMS se L/S, Overberg, Rijk Tulbagh, Willemsvallei, Langenhoven, Union High, HMS se H/S, HJS, Dirkie Uys, Bonnievale, Worcester Gim, Schoonspruit, Augsburg, Tygerberg, Martin Oosthuizen, Stellenberg, Punt, Sentraal van Bloemfontein, Labori en Noord-Kaap het deelgeneem aan hierdie geleentheid. Die spanne wat deelgeneem het is: L/S Netbal - O/12 & O/13 L/S Rugby - O/9, O/11 & O/13 H/S Netbal - O/14, O/16 & O/19A H/S Rugby - O/15A, O/16A & O/19A+B Dankie vir twee dae van heerlike Rugby en Netbal. Baie dankie vir elkeen se bydrae om van hierdie dag n groot sukses te maak. Die twee dae se verrigtinge het baie goed verloop. Baie dankie aan almal wat Hoërskool Porterville se naam hoog gehou het. Dankie ook aan n ieder en elk wat HSP kom ondersteun het!! KRIEKET Wes-Boland Hoërskole Krieket Die volgende leerders is opgeneem in die Wes-Bolandspan: O/15 Albert du Plessis O/17 Johan Haasbroek O/19 Darren van Wyk GHOLF Die Gholf Somerliga het begin op 3 Februarie.
10 UITSTAPPIES & KULTUUR Graad 11- Beach Walk Hierdie goeie spanbou naweek, wat jaarliks aangebied word vir ons graad-11 leerders, het op Saterdag, 18 Januarie plaasgevind. Graad 12-Kamp Ons graad-12 kamp het plaasgevind by die Hoërskool se swembad. Die doel van die kamp is om die leerders toe te rus en te motiveer vir hul matriekjaar. Maynardtville Uitstappie Die graad 12-leerders het op 4 Februarie die opelugteater te Maynardtville in die Kaap besoek as deel van hul Engelse voorgeskrewe werk. Hulle het die Shakespeare produksie Richard III baie geniet. Krummeltjiekonsert Die graad 8-klas het n baie suksesvolle Krummeltjie -konsert, na die inskakelingsweek, aan die begin van die jaar gehou. Huis van Riebeeck Uitstappie Ons koshuisleerders het op 29 Februarie gaan ysskaats en Ten pin Bowling gedoen. Die kinders het die uitstappie baie geniet. VCSV- kamp Die leerders het die VCSV-kamp op Februarie te Strandfontein bygewoon. Deurnag swem Hierdie tradisie het voortgeleef op Donderdag, 27 Maart en word deur die VRL aangebied. Die swem het op Donderdag, 27 Maart om 18:00 begin en op Vrydag, 28 Maart om 06:00 geëindig. 13. L/S S.A. ATLETIEK Inge von Wielligh is die enigste leerder wat deelgeneem het aan die S.A. Laerskole Kampioenskappe en is ook die enigste leerder wat in die afgelope 20 jaar n goue medalje gewen het. Baie geluk!! 14. H/S S.A. ATLETIEK Baie geluk aan die volgende leerders wat die naweek gaan deelneem aan die S.A. Atletiekbyeenkoms op Polokwane: Mardi Breytenbach D/19 HG Reinette van der Merwe D/15 400m 15. PROEFSTUDENTE Die volgende studente besoek ons vanaf 7 25 April:
11 * Me. L. Gerber (Gr. 10 Wiskunde) * Me. L. Dreyer (Gr. 10 Besigheidstudies en Rekeningkunde) * Me. A. Toerien (Gr. 8-9 MBK en Geografie) * Me. W.J. Goosen (Gr. 8-9 Tegnologie en Afrikaans) * Me. C. Wiggins (Gr. 4) * Me. A. Mostert (Gr. 2 ) 16. BAIE DANKIE!! Rian & Daan Prins van Ceres vir die perskes vir die koshuis. Sandra Vlok vir die druiwe vir die koshuis. Mnr. Jacques Naudé vir die borg van die graad 9B se palmboom. Mnr. Barend Pasques & Attie Haasbroek vir die opsit van die skool se baniere. Marius & Margot Huysamer vir die skenk van die blomme vir die Sportdag. 17. LIVING BALL -BALLE Die doel van die Living Ball- balle is om dit as n instrument te gebruik om die evangelie van Jesus Christus aan die wêreld te verkondig. Elke bal is n simbool van hoop. Met hierdie balle kan elke kind speel en leer van die Woord van God. Elke bal bevat die boodskap en het die potensiaal om elke kind se lewe te verander wat daarmee in aanraking kom. Daar is n hele sendingnetwerk oral in die wêreld wat die sportballe gebruik as instrument om bekend te maak dat Jesus Lewe. Dit word alles moontlik gemaak deur die finansiële betrokkenheid van besighede en individue. Daar word be-oog om vennootskappe met besighede en individue te sluit wat verstaan wat Jesus bedoel het toe hy gesê het go into all the world and preach the good news to all creation. Besighede en kerke word besoek met die inspirerende boodskap, Jesus Lewe. Then he said, Go into the world. Go everywhere and announce the Message of God s good news to one and all. Mark 16:15. Ons opregte dank aan Willie Opperman wat die balle vir die Rugby & Ludwigh Behm wat die balle vir die Netbal geborg het, sodat elkeen van ons kinders ook hierdie boodskap kan ontvang. 18. INTERSKOLE DEBAT & ALGEMENE KENNIS KOMPETISIE Wanneer : Dinsdag, 20 Mei Waar : Piketberg Meer besonderhede sal later deurgegee word. 19. NOODHULP Die volgende leerders slaag: Vlak 1 Kelia Daniëls, Bianca de Beer, Chrizelle du Plessis, Jana Janse van Rensburg, Lené Nortje, Farryn Roode, Monique Rossouw, Helga Truter, Cornél Vlok & Emma Zincke. Vlak 2
12 Elana du Plessis, Sonja Horn, Ishunay Otto, Trudie van Staden & Annuscha Willemse. Vlak 3 Ragnhild Olivier, Mardi Breytenbach, Vera-Mari Janse van Rensburg, Elzaan de Beer, Hanlie Coetzé, Mart-Mari Bester, Cecile Louw & Lize Simon. 20. REëNBAADJIES Die ouers van graad 1-3 leerders wat belangstel om reënbaadjies te bestel, moet asseblief so gou moontlik die leerders bring om baadjies te kom aanpas by die klerewinkel en dan hul bestellings te plaas. 21. BUITEMUURSE SPORT Die volgende leerders het op 8 Maart tydens die Boland JKA kompetisie wat in Stellenbosch gehou is medaljes ontvang in karate: Liza Snyders - Kata (goud) & Kumote (brons) Sha-Lee Fourie - Kata (silwer) 22. TONY STOOPS RUGBY WEEK & TOP 10 NETBAL TOER Sterkte aan die leerders wat die vakansie die Tony Stoops rugby week & die Top 10 Netbal toer gaan mee maak. ONTHOU Hou HSP se naam hoog!! 23. SWEM Baie sterkte aan die volgende leerders wat in Oos-Londen aan die SA Regional Level 1 Age Group Swimming Champioenships gaan deelneem op Maart: Jani de Lange, Mari de Lange, Anlu Behm & Danelle Behm. Baie geluk aan die volgende leerders wat gekies is om deel te neem aan die Wes-Kaap Junior Liga Swemkampioenskappe op George gedurende April: Daniël Knoetzen, Rohan Knoetzen, Paul Louw, Anke van der Merwe & Jani van der Merwe. 24. MNR & MEJ. HSP Die Top 10 Netbal het weer eens n pragtige aand aangebied. Baie geluk aan die volgende leerders wat gekies is as Mnr en Mej Persoonlikheid : Austin Fredericks en Lize Simon Die Couple van die Aand : Reinhardt Wessels en Elana du Plessis Prins Johan Haasbroek Mnr. HSP Christiaan Gous Prinses Ragnhild Olivier Mej. HSP Lize Simon
13 25. WEEKPROGRAM Vrydag, 28 Maart - Skool sluit HJS Paarl O/15 rugbyweek begin Saterdag, 29 Maart - Tony Stoops rugbyweek begin Top 10 netbaltoer vertrek Raloka Ranch Maandag, 07 April - Skool begin om 07:30 Saalbyeenkoms Skool verdaag om 14:00 Personeelvergadering 14:15 Top 10 Netbaltoer terug Dinsdag, 08 April - Woensdag, 09 April - Skeidsregter-reëlbespreking en Eksamen Donderdag, 10 April - Young Communicator Kringkompetisie Mans en Dames Netbalkompetisie Vrydag, 11 April - O/12 & O/13 Rugby & Netbal Bellville Sportdag Loopbaanuitstalling - Skoolsaal BHL info-vergadering Saterdag, 12 April - H/S Rugby & Netbal Bellville Sportdag H/S Rugby & Netbal Dirkie Uys Sportdag L/S Rugby & Netbal - Olifantsvallei Aangeheg vind u die KWARTAALPROGRAM en die MIDDAGROOSTER vir die tweede kwartaal. Geniet die vakansie saam met u kinders! Vriendelike groete WILLLEM ENGELBRECHT SKOOLHOOF Almal het geloof ontvang (Lees Rom. 12:3) Moenie vrees nie (Lees II Tim. 1:7)
14 Oordenking vir die Week Wat is jou kosbaarste besitting? Die gesondheidsghoeru s is almal ingestel op die hart. Wel jou hart is nie net n orgaan wat bloed pomp nie. Hart beteken ook die plek waar ons lief het of haat. Die Woord sê in Spreuke 4:23 dat ons ons hart moet bewaar bo alles. Waarom is die hart so belangrik? Spreuke 4:23,... want daaruit is die oorspronge van die lewe. As jou hart besoedel is dan is die oorsprong van jou lewe besoedel. Onvergewensgesindheid word bitterheid. Dan is die hart besoedel en die oorspronge van lewe is besoedel. Die dood (geestelike en soms fisiese dood) lê dan en loer. Die prys om nie te vergewe nie is so groot. Dit kos jou, jou geestelike vooruitgang en lei na moedeloosheid, depressie en selfhaat.. Dit verwoes ook lewenskwaliteit. Dit is dus baie duur. Dit is vekwikkend om andere die kwaad nie toe te reken nie en onvoorwaardelik te vergewe. Dit is winsgewend om na jou hart te kyk. Om jou hart te versorg. As jy vra waar lê die probleem? Wat is die diagnose? Die probleem is dikwels iemand wat jy moet vergewe. Die voorskrif vir jou probleem is maklik. Vergewe en seën daardie persoon onvoorwaardelik. Miskien sê jy dis moeilik. Wel ek het nie gesê dis maklik om te vergewe nie. Medisyne is soms nie lekker nie, maar dit is die moeite werd. Jou geestelike gesondheid en groei en selfs jou geestelike gesag is op die spel. Voorskrif: Wanneer julle staan en bid, vergewe julle vyande. Doen dit daagliks. Soggens en saans voor gebed. Kom nou, ek daag jou uit! Doen dit! Vergewe!! Gebed: Liewe vader u vergewe ons elke dag. Help ook vir my om ander te kan vergewe! Amen
Kriteria vir kultuurprestasie (hersien Januarie 2018)
Kriteria vir kultuurprestasie (hersien Januarie 2018) Algemene inligting: 1. Die kriteria is op hersiening geneem en goedgekeur in Januarie 2018 deur die kultuur bestuur van Hoërskool Noordheuwel. 2. Groepwerk
Kriteria vir toekennings van kultuurprestasies Hersien in Januarie 2018
Bellrylaan Noordheuwel 1739 Privaatsak x2032 Krugersdorp 1740 Tel: (011) 954 1032 (011) 954 1056/7 Faks: (011) 954 1033 [email protected] www.nories.co.za Kriteria vir toekennings van kultuurprestasies
INTERMEDIÊRE FASE GRAAD 6 NOVEMBER 2017 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 NASIENRIGLYN
INTERMEDIÊRE FASE GRAAD NOVEMBER 27 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 NASIENRIGLYN E: 3 Hierdie nasienriglyne bestaan uit bladsye. 2 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 (EC/NOVEMBER 27) ALGEMENE RIGLYNE
EERSTE UITGAWE VAN DIE JAAR: 31 JANUARIE 2014
TWEEWEEKLIKSE NUUSBRIEF VAN DIE HOËRSKOOL DURBANVILLE Die skool waar elkeen iemand is! www.durbanvillehs.co.za TEL: 021 976 3188 / FAKS: 021 976 3189 [email protected] EERSTE UITGAWE VAN DIE JAAR:
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRFA.3 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 NOVEMBER Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye en 1 bylaag.
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRFA.3 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 NOVEMBER 2009 PUNTE: 100 TYD: 2½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye en 1 bylaag. MIDDAGSESSIE Afrikaans Eerste
GRAAD 11 NOVEMBER 2013 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 MEMORANDUM
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2013 WISKUNDIGE GELETTERDHEID MEMORANDUM PUNTE: 100 SIMBOOL A CA C J M MA P R RT/RG S SF O VERDUIDELIKING Akkuraatheid Akkuraatheid Herleiding/Omskakeling
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT REKENINGKUNDE GRAAD 12 FEBRUARIE/MAART 2016 SPESIALE ANTWOORDEBOEK
SENTRUMNOMMER EKSAMENNOMMER NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT REKENINGKUNDE GRAAD 12 FEBRUARIE/MAART 2016 SPESIALE ANTWOORDEBOEK VRAAG PUNTE PARAAF MOD. 1 2 3 5 6 TOTAAL Hierdie antwoordeboek bestaan uit 16
Sing vooraf staande: Psalm 27:4, 5 (p. 127)
Sing vooraf staande: Psalm 27:4, 5 (p. 127) 4 My hart sê my, omring deur donkerhede: / O soek die HEER, die bron van lig en krag. Ek soek u aangesig in my gebede; / verberg dit nie wanneer ek op U wag.
SPORTTOER: SKOOLVAKANSIE:
2014-03-14 Geagte Ouer/Voog OMSENDBRIEF 2 (2014) Ons gee graag die volgende inligting rakende skoolaktiwiteite na u deur. Ons hoop om u te sien by die aktiwiteite en dat u en u kinders dit gaan geniet.
DOEL MET KULTUURDEELNAME
MERIETE - KULTUUR 1. DOEL MET KULTUURDEELNAME Ons missie by L/S ELARDUSPARK is Die skool waar leerlinge toegerus word Om as n gebalanseerde volwassene die eise van die samelewing te kan aandurf, is dit
voete én in trane. Hulle optredes getuig van talent met toneelspel uit die boonste rakke. Die toneelstuk, Strepiespajamas, word as streekswenner
22/2018 Liewe Ouers Televisie het Suid-Afrika eers werklik in 1976 bereik en ons is voorgestel aan moontlikhede van ʼn skerm in die huis waarin oneindige sfere van inligting, vermaak en kennis opgesluit
INHOUD INLEIDING... 1
INHOUD INLEIDING... 1 ONDERWYS Beheerliggaam...2 Onderwyspersoneel...4 Nie-doserende personeel...5 Ouer-onderwysersvereniging... 6 Ondersteunersklub... 7 Leerlingraad...8 Verteenwoordigende Raad van Leerders...
INHOUD INLEIDING JARIGE FEES... 2
INHOUD INLEIDING... 1 50 JARIGE FEES... 2 ONDERWYS Beheerliggaam...5 Onderwyspersoneel...6 Nie-doserende personeel...7 Oueronderwysersvereniging... 8 Leerlingraad...8 Verteenwoordigende Raad van Leerders...
Ps.119:89. Parashah 1 Bereshit In die begin. Gen.1:1 6:8 Jes. 42:5-43:10 Matth.1:1-17;19:3-9; Mark.10:1-12; Joh.1:1-18; OP.21:1-5; 22:1-5.
1 Ps.119:89 Parashah 1 Bereshit In die begin. Gen.1:1 6:8 Jes. 42:5-43:10 Matth.1:1-17;19:3-9; Mark.10:1-12; Joh.1:1-18; OP.21:1-5; 22:1-5. Inleiding: Welkom by die nuwe Torahsiklus. Ter wille van hulle
Psalm 91:1-7 (NLV) Op God kan ek vertrou. 22/08 23/08 25/08 27/08 31/08 1/09 12/09
24/2018 Liewe Ouers Die Korowai-stam van Indonesië het tot relatief onlangs nog, in tot 45 meter hoë boomhuise gewoon, buite die bereik van roofdiere en vyandige stamme. Hierdie hout wolkekrabbers in die
OMSENDBRIEF 26 Augustus 2017
Geagte ouers OMSENDBRIEF 26 Augustus 2017 PERSONEEL: Baie geluk aan Me. Foldrica Mamabolo wat op 16 Augustus verjaar. DATUMS VIR KWARTAAL 3 VAN 2017: 15 Augustus Sagtebal teen Homespun (tuis); Krieket
HOËRSKOOL OUTENIQUA. Baie sterkte aan van die gr. 12-leerders en die die gr. 11-leerders wat tydens die vakansie die lenteskool by die skool bywoon
HOËRSKOOL OUTENIQUA POSBUS 181, GEORGE 6530 Tel: 044-874 4156 Faks: 086 635 7336 Web: http://www.outeniqua.co.za/ September 2018 NUUSBRIEF 4 Liewe Ouers / Voogde en Leerders Personeel Mev. L. Pretorius
Leer hierdie psalm en versie uit jou kop uit!
Werkboek Leer hierdie psalm en versie uit jou kop uit! INHOUDSOPGAWE 1. Hoe werk die Bybel? 2. Vinnige verwysings na spesifieke gedeeltes in die Bybel 3. Werkstukke 3.1 Aktiwiteit 1 Enige ware God 3.2
Hierdie afgelope week was daar weer etlike oomblikke gewees waar ons skool en ons leerders hulle hande kon saamslaan in dankbaarheid en
32/2018 Liewe Ouers Uit een van daardie vroegoggend motiveringsboodskappe wat op die selfoon verskyn, vind die woorde Die beste goed in die lewe, is nie dinge nie, maar oomblikke! skielik inslag. Volgens
God se plan vir optimale geestelike groei in elke gelowige.
God se plan vir optimale geestelike groei in elke gelowige. Efesiërs 4:11-16 (NLV) 11 Hý het sommige as apostels gegee, ander as profete, ander as evangeliste, en ander as herders en leraars, 12 om God
STRUKTUUR VAN DIE KATEGISMUS
1 Inleiding Die Heidelbergse Kategismus is aanvanklik in 1563 te Heidelberg, Duitsland opgestel deur Zacharias Ursinus en Caspar Olevianus. Die doel daarvan was om gebruik te word as n leerboek vir die
Wat is in die boks? 7. Wat is in die boks? Lees my eers 8
TomTom Naslaangids Inhoud Wat is in die boks? 7 Wat is in die boks?... 7 Lees my eers 8 Posisionering van die toestel... 8 Installeer in jou motor... 8 Skakel aan en af... 9 Opstelling... 9 GPS-ontvangs...
ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING
ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL VRAESTEL 2 JUNIE 2015 GRAAD 7 PUNTE: 65 TYDSDUUR: 1½ UUR Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye. ALGEMENE INLIGTING Hierdie vraestel bestaan
Vinkie. Laerskool Fairland. UIT DIE HOOF SE KANTOOR Personeel sê dankie aan leerders op dié manier!
Vinkie Laerskool Fairland Marketstraat 145, Fairland 011 678-4591/2 www.lsfairland.co.za Jaargang 22 nr 27 17 September 2015 UIT DIE HOOF SE KANTOOR Personeel sê dankie aan leerders op dié manier! Kaskardag
GRAAD 12 SEPTEMBER 2016 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 MEMORANDUM
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2016 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 MEMORANDUM PUNTE: 80 Hierdie memorandum bestaan uit 11 bladsye. 2 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 (EC/SEPTEMBER
Trapkarre. AANGEBIED DEUR DIE Ingenieurstudenteraad. 18 September
Trapkarre 2010 AANGEBIED DEUR DIE Ingenieurstudenteraad 18 September Reëls & Regulasies 1. VOORWAARDES VIR DEELNAME Spanne moet ʼn inskrywingsvorm inhandig by die ISR kantoor tesame met hul registrasiefooi
KAPTEIN VERDWYN. Onderwysersgids. Nota: Hierdie gratis gids mag na goeddunke gekopieer en gebruik word.
1 KAPTEIN VERDWYN Onderwysersgids Nota: Hierdie gratis gids mag na goeddunke gekopieer en gebruik word. 2 Inhoud Inleiding... 3 Samestelling van n boek... 4 Die voorblad... 4 Die titel... 5 Die skrywer...
Die Heidelbergse Kategismus
Die Heidelbergse Kategismus Sondag 1 Vraag 1: Wat is jou enigste troos in lewe en in sterwe? Antwoord: Dat ek met liggaam en siel in lewe en in sterwe (a) nie aan myself (b) nie, maar aan my getroue Verlosser,
Uit die hoof se pen...
Uit die hoof se pen... Die jaar 2016 het soos n naelloop-wedloop weggespring en is ons met spoed alreeds in Maart 2016. Sedert die wegspringskoot van 13 Januarie 2016 is daar baie verhale oor die wye skoolfront
Hoërskool Dr. E.G. Jansen
1 Hoërskool Dr. E.G. Jansen Prysuitdeling Reglement 1 2 Prysuitdelingsreglementsopgawe 1. Reglement 1.1 Die uitvoerende komitee 4 1.2 Personeel 4 1.3 Finansies 4 2. Tipes toekennings 4 3. Algemene vereistes
Op die Oog af. MEI April 2014 Bybelse Ete
Op die Oog af MEI 2014 18 April 2014 Bybelse Ete In hierdie uitgawe Voorbladnuus Kwinkslae uit die Skrif Trustee Bedrywighede Aan die woord Diere Maniere Krieketuitdaging KVV Mediese Manewales Die Dankfees
INHOUDSOPGAWE. Inleiding...2. Apostoliese geloofsbelydenis...3. Die twee Sakramente...7. Filippense 2: Apostoliese geloofsbelydenis...
1 INHOUDSOPGAWE GELOOFSHANDLEIDING Inleiding...2 Apostoliese geloofsbelydenis...3 Die twee Sakramente...7 Filippense 2: 5-11...9 ALGEMENE GELOOFSBELYDENISSE Apostoliese geloofsbelydenis...10 Geloofsbelydenis
DIE WENSLIKHEID V A N 'N HERSIENING VAN DIE AFRIKAANSE VERTALIN G VAN DIE BYBEL*).
DIE WENSLIKHEID V A N 'N HERSIENING VAN DIE AFRIKAANSE VERTALIN G VAN DIE BYBEL*). 1. DlE E V A N G ELIE V O LG EN S M A T T H E U S. Die ou Hieronymus wat horn feitlik lewenslank besig gehou het met die
LAERSKOOL LOUIS LEIPOLDT: SKOOLPLAN
- 17 - LAERSKOOL LOUIS LEIPOLDT: SKOOLPLAN VOORWOORD: UIT DIE HOOF SE KANTOOR Baie welkom aan elke ouer en leerder by Laerskool Louis Leipoldt. U is deel van n omgee gemeenskap waar ons kinders eerste
Jaarverslag 2008/2009
Jaarverslag 2008/2009 Wynbedryf SA Jongwynskou Agri-Expo het opgetree as gasheer met die aanbieding van die 2008 SA Jongwynskou. n Totaal van 2036 jongwyne is deur 179 kelders ingeskryf. Beoordeling van
DIE EERSTE BRIEF AAN TIMOTEUS
DIE EERSTE BRIEF AAN TIMOTEUS Inleiding Die Eerste Brief aan Timoteus maak saam met 2 Timoteus en Titus deel uit van die sogenaamde Pastorale Briewe. Hierdie briewe word so genoem, omdat hulle bedoel was
AANSOEK OM TOELATING
AANSOEK OM TOELATING LEERDERBESONDERHEDE Leerdernommer Geboortedatum Graad en klas Geboortename ID-foto Geslag Vroulik foon Burgerskap Kerkverband SKOOLBESONDERHEDE Inskryfdatum Onderrigtaal Afrikaans
The first day of the 2014 Boland Youth and Junior Championships took place on Thursday 27 February 2014 at the Dal Josaphat Stadium in Paarl.
NEWS LETTER FRIDAY 28 FEBRUARY 2014 RESULTS OF 1 ST DAY - 2014 YOUTH AND JUNIOR CHAMPS INCORPORATING BOLAND HIGH SCHOOLS AND LSEN TRACK AND FIELD CHAMPS 28 FEBRUARY 1 MARCH 2014 DAL JOSAPHAT STADIUM Dear
SELF-STUDIEGIDS VIR TAALONDERWYSERS SKRYF VAN: KREATIEWE TEKSTE LANGER TRANSAKSIONELE TEKSTE KORTER TRANSAKSIONELE / NASLAAN / INFORMATIEWE TEKSTE
SELF-STUDIEGIDS VIR TAALONDERWYSERS AFRIKAANS HUISTAAL EERSTE ADDISIONELE TAAL TWEEDE ADDISIONELE TAAL SKRYF VAN: KREATIEWE TEKSTE LANGER TRANSAKSIONELE TEKSTE KORTER TRANSAKSIONELE / NASLAAN / INFORMATIEWE
HOËR TEGNIESE SKOOL BELLVILLE AANSOEKVORM
HOËR TEGNIESE SKOOL BELLVILLE AANSOEKVORM h/v Strand en Kollegeweg, Labiance, Bellville 7530 Telefoon: +27 (0)21-948-6951; Faks: +27 (0)21-946-3752 e-pos: [email protected] www.htsbellville Naam
TROFEE-WYNSKOU OLD MUTUAL
OLD MUTUAL TROFEE-WYNSKOU 2016 BEOORDELING Sperdatum vir die indiening van inskrywingsvorms en alle dokumentasie: 18 MAART Sperdatum vir betaling van fooie op faktuur: 8 APRIL Aflewering van wynmonsters:
5/2014 Liewe Ouers Annieka Moolman
5/2014 Liewe Ouers Absolut aitsa, asembenemend en alte ongelooflik... En was dit n Vodacom-advertensie, was dit sekerlik n absolut yô! Ons swemspan het legendariese meters in die water oopgegolf op die
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 1 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V NOVEMBER 011 MEMORANDUM PUNTE: 150 Simbool A CA C J M MA P R RT/RG S SF O Verduideliking Akkuraatheid Metode met akkuraatheid Herleiding
JAARVERSLAG VYFTIG-JARIGE HERDENKINGSJAAR NA GRAAD 12 HERMERKE 2016 JAARVERSLAG 1
JAARVERSLAG 2016 NA GRAAD 12 HERMERKE VYFTIG-JARIGE HERDENKINGSJAAR 2016 JAARVERSLAG 1 ALGEMENE INLIGTING LEERDERTAL : 10 DE SKOOLDAG : 2016 Seuns Dogters Totaal Gr 8 98 92 190 Gr 9 82 57 139 Gr 10 88
Liewe Ouers Ek wil aan al die onderwysers, leerlinge en ouers van Die Hoërskool Menlopark opreg bedank vir die manier hoe almal my verwelkom het.
Liewe Ouers Ek wil aan al die onderwysers, leerlinge en ouers van Die Hoërskool Menlopark opreg bedank vir die manier hoe almal my verwelkom het. Indien enige iemand na so n welkom nog ontuis voel, hoort
Kopiereg 2017 Hoërskool Linden. Alle regte voorbehou.
31 Oktober 2017 ONS SÊ DANKIE Die Lindeniete het verlede week 'n erewag vir juffrou Ronelle Nell gestaan as 'n blyk van waardering vir haar ongelooflike werk wat sy die afgelope paar maande as die waarnemende
TE WEET. 28 Jan. 3 Feb. 2018
TE WEET 28 Jan. 3 Feb. 2018 NEDERDUITSCH HERVORMDE GEMEENTE NELSPRUIT God se gemeente wat aanbid, omgee en dien OGGENDDIENS Sondag 28 Januarie 2018 Ds. Eksteen Botes Votum en seën Lofgesange Ps. 100: 1,
Gr 12 Wiskunde Nasionale November 2014: Vraestel 1 GR 12 WISKUNDE - EKSAMENVRAESTELLE
V Gr Wiskunde Nasionale November 0: Vraestel GR WISKUNDE - EKSMENVRESTELLE NSINLE NV 0 V J mag 'n goedgekeurde, wetenskaplike sakrekenaar (nie-programmeerbaar en nie-grafies) gebruik, tens anders vermeld.
1 KONINGS. Inleiding 1 en 2 Konings
1 KONINGS Inleiding 1 en 2 Konings Die naam 1 en 2 Konings is 'n vertaling van die Hebreeuse naam van die twee boeke, en hou verband met die hooffigure daarin, naamlik die konings van Israel en Juda. Hierdie
DEPARTEMENT REKENINGKUNDE UP
1 FINANSIËLE EKENINGKUNDE 300 IAS 33, Verdienste per aandeel Aantekeninge en klasvoorbeelde L Kotze DEPATEMENT EKENINGKUNDE UP A. Dividend per aandeel IAS 1, par 107, vereis dat die totale bedrag dividende
~tu~enternassa keur Inlywingsaksie goe~
STUDENTEBLAD van die P.U. Vlf U.H.O. DEEL XI. Woe.nsdag, 9 Mei, 1956. Nr. 4. ~tu~enternassa keur Inlywingsaksie goe~ geniet groot steun Op die Massavergadermg wat up Maandagaand, 30 Aprd gehou is, her
GRAAD 12 SEPTEMBER 2015
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2015 AFRIKAANS HUISTAAL V3 MEMORANDUM PUNTE: 100 Hierdie memorandum bestaan uit 17 bladsye. 2 AFRIKAANS HUISTAAL V3 ANALISE VAN VRAESTEL AFDELING A OPSTEL
Vry en volkleur. Ligte, SOMER R26 (BTW ingesluit) R22,81 (Buiteland) aksie!
Vry en volkleur SOMER 2014 R26 (BTW ingesluit) R22,81 (Buiteland) Ligte, aksie! DIE LEWE BEHOORT IN OOMBLIKKE GEMEET TE WORD, NIE MINUTE NIE. Dit is nie die minute, ure of dae van jou vakansie wat jy onthou
GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12
GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 NOVEMBER 2011 PUNTE: 150 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye en 4 bylaes. Wiskundige Geletterdheid/V2 2 DBE/November
UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT
UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT FAKULTEIT GESONDHEIDSWETENSKAPPE SKOOL VIR AANVULLENDE GESONDHEIDSBEROEPE REËLBOEK VOORGRAADS 2016 DEKAAN: PROF GJ VAN ZYL FAKULTEIT GESONDHEIDSWETENSKAPPE INHOUD 2 Bladsy
DIE UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT FAKULTEIT GESONDHEIDSWETENSKAPPE JAARBOEK SKOOL VIR GENEESKUNDE EERSTE GRADE EN DIPLOMAS
DIE UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT FAKULTEIT GESONDHEIDSWETENSKAPPE JAARBOEK SKOOL VIR GENEESKUNDE EERSTE GRADE EN DIPLOMAS 2013 DEKAAN: PROF GJ VAN ZYL FAKULTEIT GESONDHEIDSWETENSKAPPE KAMER D202 TELEFOONNOMMER:
STUDENT GATEWAY GPS
2 Inhoud Inhoud 2 Inleiding Wat is die GPS en hoekom is dit belangrik? 5 Wat is n Universiteit en wat maak ek hier? 5 Rektoraat 6 Jou Kampusoorlewingspakket Algemene Universiteitsterminologie 10 Lokaalafkortings
Gr 10 Gr 11 Gr 12 Spesiale Toekennings / Special Awards
Gr 1 Willem van Molendorff Beste Presteerder/Best Performer Visuele Kuns / Fine Art Gr 1 Kings & Queens Productions Willem van Molendorff Beste Presteerder/Best Performer Vokaal / Vocal Gr 1 Ronell Erasmus
OU O ER E - HA H ND N LEI E D I IN I G N
OUER- HANDLEIDING 2010 INHOUDSOPGAW E HOOFST UK 1: MENSLIK E HULPBRONNE 3 1. 1 Hoër skool Jan van Riebeeck A kademiese Personeel 3 1. 2 A dministr atiewe Personeel 7 1. 3 Onder steuningspersoneel 7 1.
GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON
1 7 Oktober 2018 Jaargang 36 Nommer 38 GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON www.gklyttelton.org.za ONS EREDIENSTE VANDAG Die Oggenddiens Die Woorbediening word waargeneem deur Ds. Casper Breed. Die Skriflesing
My doelwitte vir hierdie jaar. Inhoudsopgawe. Beplanner 2016 September 16 Oktober 30 November 42 Desember 54
My doelwitte vir hierdie jaar Inhoudsopgawe Persoonlike inligting 6 Belangrike telefoonnommers 7 Omrekeningstabelle 8 Openbare vakansiedae 2017/Christenkalender 10 Skoolkwartale/Tersiêre instellings 11
VERENLID NO NAAM VAN M J D KALIBER KAL KAT GROEP BJV 185 DANNY MULLER VK 3.81 BJV 5257 ELISIO RECH 1 1 6X45 KK 5.53 BJV 311 FRANS GREEF 1
VERENLID NO NAAM VAN M J D KALIBER KAL KAT GROEP BJV 185 DANNY MULLER 1 22-250 VK 3.81 BJV 5257 ELISIO RECH 1 1 6X45 KK 5.53 BJV 311 FRANS GREEF 1 30.06 MK 5.92 BJV 568 JOHN GRIMBEEK 1 243 KK 6.77 BJV
JAARBOEK Fakulteit Ingenieurswese Voorgraads. DEKAAN: Prof. JIJ Fick
JAARBOEK 2007 Fakulteit Ingenieurswese Voorgraads DEKAAN: Prof. JIJ Fick This Calendar is published in Afrikaans because Afrikaans is the medium of instruction on the Potchefstroom Campus. Correspondence
Mees Algemene Vrae. 1. Wat beteken n multi-belanghebberorganisasie?
Mees Algemene Vrae 1. Wat beteken n multi-belanghebberorganisasie? WIETA is n multi-belanghebberinisiatief en ons raadslede verteenwoordig n bestuurstruktuur wat poog om lede-belanghebbers wat aktief in
Aansoek om Lidmaatskap
Bekostigbaar Verstaanbaar Betroubaar Dienslewering Gebruik slegs swart ink. Vul hoofletters in die spasies in. Gebruik slegs een karakter per blokkie. Laat een blokkie oop tussen woorde. Waar nodig, merk
http://eksamensarkiv.net/
Oppgåve 1 Vond jij het als kind fijn als er voorgelezen werd? En welke verhalen vond jij leuk? Waarom? Skriv ein kort tekst i presens (notid) på 5 7 setningar. Oppgåve 2 Annie M.G. Schmidt (1911 1995)
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL Nasionale Kurrikulumverklaring (NKV) Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring Senior fase Graad 7-9 KURRIKULUM- EN ASSESSERINGSBELEIDSVERKLARING GRAAD 7-9 AFRIKAANS
R35.00 Issue 109 November 2014 WEN THE NEVILLE FOORD CHALLENGE : ALBRIGHT MUDDIE MAGIC ISSN
www.thebankangler.com R35.00 Issue 109 November 2014 WEN 15 THE NEVILLE FOORD CHALLENGE : ALBRIGHT MUDDIE MAGIC ISSN 1726-7889 C2 COMPETITION All NEW and EXISTING if they are drawn in our YOU RE A WINNER
NG KERK OOSTELIKE SINODE AGENDA
NG KERK OOSTELIKE SINODE AGENDA VIR DIE ELFDE GEWONE SINODESITTING GEHOU BY PIERRE VAN RYNEVELD 11 tot 13 Oktober 2009 VOORWOORD Dit is met groot opgewondenheid dat die Agenda vir die sinodesitting 2009
Track Events-23 September 2016 Evening Finals 200m's Finale/Finals Lane 1 SK Lane 2 SK Lane 3 SK Lane 4 SK 18:40 200m Girls 14 M. Tswilwan HPP M.
Track Events-23 September 2016 Evening Finals 200m's Finale/Finals 18:40 200m Girls 14 M. Tswilwan HPP M. van Staden PGM J. Pansegrouw MEN T. Mmatli PC 18:40 200m Girls 14 O. van Wyk OVK M. Jonker ZWK
CHASA BEKWAAMHEIDSTOETS LESINGS
CHASA BEKWAAMHEIDSTOETS LESINGS Indeks Lesing Bladsy 1. Diere-identifikasie - André v d Merwe 3-7 2. Jag - etiek - Danwilh Ingram 8 3. Oorlewing - André v d Merwe 9-15 4. Noodhulp - Dr. Hannes Botha &
VAN DER LINDE FAMILIEBOOM
VAN DER LINDE FAMILIEBOOM SOOS BYGEWERK TOT 10 AUGUSTUS 2016 SAAMGESTEL DEUR DIE VAN DER LINDEBOND WEBBLAD: WWW.VANDERLINDE.ORG.ZA VONKPOS: [email protected] TELEFOON: 014 577 0054 FAKS: 086 248
GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12
GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 REKENINGKUNDE FEBRUARIE/MAART 2012 PUNTE: 300 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 23 bladsye en 'n 16 bladsy-antwoordeboek. Rekeningkunde 2 DBE/Feb. Mrt.
Die Winsbees The Profit Breed
Die Winsbees The Profit Breed presidentsverslag 2010/2011 WWW.DRAKENSBERGER.CO.ZA Inhoudsopgawe 1. Inleiding... 3 2. Kantoor en personeel... 3 3. Lede... 3 3.1. Stand van lede-getalle... 4 3.2. Prestasies
JUTA SE PARALLEL TAALSERIE (AFRIKAANS EN ENGELS) VIR SUIDAFRIKAANSE SKOLE DEUR H. H. BROODRYK, B.A.,
JUTA SE PARALLEL TAALSERIE (AFRIKAANS EN ENGELS) VIR SUIDAFRIKAANSE SKOLE DEUR H. H. BROODRYK, B.A., LEKTOR IN OPVOEDKUNDE AAN 1)IE UNIWERSITEIT VAl:'f.KAAPSTAD. ST ANDERD VI. AFRIKAANS. JUTA & KIE, BEPERK,
Bedrogbeleid en -reaksieplan
UNIVERSITEIT VAN PRETORIA Interne Ouditeenheid Bedrogbeleid en -reaksieplan Dokumenttipe: Beleid Dokumentnommer: Rt 378/15 Beleidkategorie: Beheer en bestuur Die Universiteit het n 24-uur- Etiekblitslyn
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12
GRD 12 NSIONLE SENIOR SERTIFIKT GRD 12 LNDOUWETENSKPPE V1 NOVEMER 2014 PUNTE: 150 TYD: 2½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye. Landbouwetenskappe/V1 2 DE/November 2014 INSTRUKSIES EN INLIGTING
Top 100 Nasionaal - Eerste Addisionele Taal
Top 100 Nasionaal - Eerste Addisionele Taal Naam van Skool Gr Van Voorletters EKSAMENNOMMER Prov Skool Ll Midstream College 9 Venter C M CM V 01 041 543 96 96.00 Harriston School 7 Steyn A C AC V 08 003
Gustaf Bauer VM (40+) Johan Fourie VM (40+) Stefan Bohlke MM (50+)
NAME SURNAME CATEGORY X- Ride Otjiwa ASL TOTAL POS Brandon Plaatjes EM(19-29) 150 130 200 480 1 Michael Pretorius EM(19-29) 160 150 150 460 2 Tristan De Lange EM(19-29) 200 250 450 3 Ingrim Cuff SVM (30-39)
Kopiereg 2008 J.G. Barkhuizen 165
Kopiereg 2008 J.G. Barkhuizen 165 e2 Jacobus Adriaan (Kootjie) BARKHUIZEN *Uitenhage 09.02.1861, Diewedraai, Amalia 23.09.1952, x Queenstown 26.07.1886 Martha Maria VOSLOO, *Queenstown 31.08.1865 Diewedraai,
SUID AFRIKAANSE VARSWATER OEWERHENGEL VERENIGING BYLAE A TOT DIE GRONDWET
-1- SUID AFRIKAANSE VARSWATER OEWERHENGEL VERENIGING BYLAE A TOT DIE GRONDWET HUISHOUDELIKE REËLS MET LAASTE WYSIGINGS JULIE 2014 -2- INHOUDSOPGAWE 1. DOELSTELLINGS MET HUISHOUDELIKE REËLS 2. AFFILIASIE
JAARBOEK Fakulteit Natuurwetenskappe Voorgraads. DEKAAN: Prof. dr. J.J. Pienaar
JAARBOEK 2007 Fakulteit Natuurwetenskappe Voorgraads DEKAAN: Prof. dr. J.J. Pienaar This Calendar is published in Afrikaans because Afrikaans is the medium of instruction on the Potchefstroom Campus. Correspondence
Uitgegee deur: Tel: / Faks: Epos:
Ander boeke in dié reeks Waarskuwing!! Alle regte voorbehou volgens die Suid-Afrikaanse kopiewet. Geen gedeelte van hiedie boek mag gereproduseer word deur fotokopiëring of enige ander metode sonder skriftelike
MUNISIPALITEIT KREDIETBEHEER- EN SKULDINVORDERINGS BELEID
MUNISIPALITEIT KREDIETBEHEER- EN SKULDINVORDERINGS BELEID 20162017/20172018 (HERSIEN EN GEWYSIG) INHOUDSOPGAWE 1. Aanhef... 3 2. Beginsels... 3 3. Prestasie bestuur... 3 4. Definisies... 4 5. Plig om skulde
BEPLANNINGSTUOIE VAN DIE ~ltejn KAROO VERSLAG STELLENBOSCH. deur. deur Prof. D. Met erkenning van bydraes deur : ( E. Stander S.J.
BEPLANNNGSTUOE VAN DE ~ltejn KAROO VERSLAG deur p. E. deur Prof. D. Page) Met erkenning van bydraes deur : ( E. Stander S.J. Pretorius J. de M. Ehlers nstituut vir Beplanningsnavorsing Universiteit van
GRAAD 11 NOVEMBER 2013 DRAMATIESE KUNSTE MEMORANDUM
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2013 DRAMATIESE KUNSTE MEMORANDUM PUNTE: 150 Hierdie memorandum bestaan uit 23 bladsye. 2 DRAMATIESE KUNSTE (NOVEMBER 2013) ALGEMENE OPMERKING VIR EKSAMINATORS/OPVOEDERS:
Copyright! All rights reserved www.anestesi.no 2010- Nederlandsk side 1 av 6
Copyright! ll rights reserved www.anestesi.no 2010- Nederlandsk side 1 av 6 Språk: Nederlansk Oversatt av: Theresia Morild m.fl Dato: ugust 2010 1 - Vragenlijst Del 1 Spørreskjema: Voor we met de narkose
Geïntegreerde Jaarverslag 2015
Geïntegreerde Jaarverslag inhoudsopgawe 1 oor hierdie verslag 2 oor ons 4 ons besigheidsmodel 6 skakeling met ons belanghebbendes 8 ons strategie 10 boodskap van die voorsitter en Groep besturende direkteur
