Bedrogbeleid en -reaksieplan

Like dokumenter
INTERMEDIÊRE FASE GRAAD 6 NOVEMBER 2017 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 NASIENRIGLYN

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT REKENINGKUNDE GRAAD 12 FEBRUARIE/MAART 2016 SPESIALE ANTWOORDEBOEK

MUNISIPALITEIT KREDIETBEHEER- EN SKULDINVORDERINGS BELEID

Mees Algemene Vrae. 1. Wat beteken n multi-belanghebberorganisasie?

Aansoek om Lidmaatskap

Kriteria vir kultuurprestasie (hersien Januarie 2018)

Kriteria vir toekennings van kultuurprestasies Hersien in Januarie 2018

AANTEKENINGE BY DIE gekonsolideerde finansiële jaarstate (vervolg) vir die jaar geëindig 31 Maart 2014

Government Notices Goewermentskennisgewings

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRFA.3 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 NOVEMBER Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye en 1 bylaag.

Trapkarre. AANGEBIED DEUR DIE Ingenieurstudenteraad. 18 September

DEPARTEMENT REKENINGKUNDE UP

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 MEMORANDUM

SIYANDA DISTRIKSMUNISIPALITEIT TARIEFBELEID

AANSOEK OM LENING (IN TERME VAN DIE NASIONALE KREDIETWET, 34 VAN 2005)

HOËR TEGNIESE SKOOL BELLVILLE AANSOEKVORM

God se plan vir optimale geestelike groei in elke gelowige.

Geïntegreerde Jaarverslag 2015

Wat is in die boks? 7. Wat is in die boks? Lees my eers 8

GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

DOEL MET KULTUURDEELNAME

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT

STRUKTUUR VAN DIE KATEGISMUS

TROFEE-WYNSKOU OLD MUTUAL

Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB (Kaapstad), DKG (SA), MPH (Harvard), DPhil (Oxon), MASSAf

WBTI. Handleiding oor die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting, 2 van 2000 Raad op Finansiële Dienste

Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB (Kaapstad), DKG (SA), MPH (Harvard), DPhil (Oxon), MASSAf

E-pos asseblief die bewys van die betaling (duidelik gemerk met die skool se naam) ook aan of faks dit na

ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING

DIE WENSLIKHEID V A N 'N HERSIENING VAN DIE AFRIKAANSE VERTALIN G VAN DIE BYBEL*).

DIE EERSTE BRIEF AAN TIMOTEUS

Sing vooraf staande: Psalm 27:4, 5 (p. 127)

Leer hierdie psalm en versie uit jou kop uit!

GRAAD 12 SEPTEMBER 2015

Die Heidelbergse Kategismus

Psalm 95(b) Ons eerbiedsbetoon aan die HERE, ons ewige Koning.

GRAAD 12 SEPTEMBER 2016 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 MEMORANDUM

DIE UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT FAKULTEIT GESONDHEIDSWETENSKAPPE JAARBOEK SKOOL VIR GENEESKUNDE EERSTE GRADE EN DIPLOMAS

JAARBOEK Fakulteit Ingenieurswese Voorgraads. DEKAAN: Prof. JIJ Fick

KAPTEIN VERDWYN. Onderwysersgids. Nota: Hierdie gratis gids mag na goeddunke gekopieer en gebruik word.

OLD MUTUAL UNIT TRUSTS BELASTINGVRYE BELEGGING

Nasionale Kurrikulumverklaring (NKV) Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring WISKUNDE. Senior fase Graad 7-9

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 DRAMATIESE KUNSTE MEMORANDUM

Ps.119:89. Parashah 1 Bereshit In die begin. Gen.1:1 6:8 Jes. 42:5-43:10 Matth.1:1-17;19:3-9; Mark.10:1-12; Joh.1:1-18; OP.21:1-5; 22:1-5.

SELF-STUDIEGIDS VIR TAALONDERWYSERS SKRYF VAN: KREATIEWE TEKSTE LANGER TRANSAKSIONELE TEKSTE KORTER TRANSAKSIONELE / NASLAAN / INFORMATIEWE TEKSTE

INHOUDSOPGAWE. Inleiding...2. Apostoliese geloofsbelydenis...3. Die twee Sakramente...7. Filippense 2: Apostoliese geloofsbelydenis...

HOOFSTUK 4. Die kern van die konstruktivisme kan, volgens Biggs en Moore (1993 :22), soos volg aangedui word:

UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT REËLBOEK

GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

Deel 2: Argitektuur, Bourekenkunde en Konstruksiebestuur en Stads- en Streekbeplanning

Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

Jaarverslag 2008/2009

SUID AFRIKAANSE VARSWATER OEWERHENGEL VERENIGING BYLAE A TOT DIE GRONDWET

Gr 12 Wiskunde Nasionale November 2014: Vraestel 1 GR 12 WISKUNDE - EKSAMENVRAESTELLE

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Hoërskool Dr. E.G. Jansen

1 KONINGS. Inleiding 1 en 2 Konings

Spelsimulatie. Co Daatselaar & Niels Tomson LEI/Agrocenter for strategic entrepreneurship 4 november 2008

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Vry en volkleur. Ligte, SOMER R26 (BTW ingesluit) R22,81 (Buiteland) aksie!

Op die Oog af. MEI April 2014 Bybelse Ete

LAERSKOOL LOUIS LEIPOLDT: SKOOLPLAN

GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL ONDERRIGPLANNE - Graad 8 Kwartaal1

AANSOEK OM TOELATING

Subvragen. Overzicht. Hoofdvraag. Patiëntonderzoek - Gedrag. Jorien v.d. Velde Nascholing Psychosen maart

Uitgegee deur: Tel: / Faks: Epos:

TE WEET. 28 Jan. 3 Feb. 2018

JAARBOEK Fakulteit Natuurwetenskappe Voorgraads. DEKAAN: Prof. dr. J.J. Pienaar

~tu~enternassa keur Inlywingsaksie goe~

BEPLANNINGSTUOIE VAN DIE ~ltejn KAROO VERSLAG STELLENBOSCH. deur. deur Prof. D. Met erkenning van bydraes deur : ( E. Stander S.J.

STUDENT GATEWAY GPS

bovenleidingspalen m.b.v. pressiometerproeven Lijn 162 Namen-Sterpenich

opleiding op Universiteitsvlak

HISTORIEK TITEL I - VORM - NAAM - ZETEL - DOEL BELEGGINGS- BELEID - DUUR ARTIKEL 1 - VORM EN NAAM

voete én in trane. Hulle optredes getuig van talent met toneelspel uit die boonste rakke. Die toneelstuk, Strepiespajamas, word as streekswenner

CHASA BEKWAAMHEIDSTOETS LESINGS

Vinkie. Laerskool Fairland. UIT DIE HOOF SE KANTOOR Personeel sê dankie aan leerders op dié manier!

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

JUTA SE PARALLEL TAALSERIE (AFRIKAANS EN ENGELS) VIR SUIDAFRIKAANSE SKOLE DEUR H. H. BROODRYK, B.A.,

Psalm 91:1-7 (NLV) Op God kan ek vertrou. 22/08 23/08 25/08 27/08 31/08 1/09 12/09

DOWNLOAD OR READ : SJOKOLADE PDF EBOOK EPUB MOBI

31/2018 HANNALIZA FECHTER BEMARKING EN SKAKELING

GASVRYHEIDSTUDIES (Opdateer Oktober 2015) Hierdie dokument moet saam met die volgende dokumente gelees word:

Drempelloos data delen met ishare.

R35.00 Issue 109 November 2014 WEN THE NEVILLE FOORD CHALLENGE : ALBRIGHT MUDDIE MAGIC ISSN

INHOUD INLEIDING JARIGE FEES... 2

HOKKIEDOGTERS 1ste span: St Mary s en St Stithians. 2de span: TUKS-kliniek

GASVRYHEIDSTUDIES (Opdateer September 2016)

Die Winsbees The Profit Breed

NG KERK OOSTELIKE SINODE AGENDA

INHOUD INLEIDING... 1

SPORTTOER: SKOOLVAKANSIE:

Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Taalimplementeringsplan 2017

GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON

Liewe Ouers Ek wil aan al die onderwysers, leerlinge en ouers van Die Hoërskool Menlopark opreg bedank vir die manier hoe almal my verwelkom het.

ADVERTEERDER: MIDDELEN: DOEL:


Transkript:

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA Interne Ouditeenheid Bedrogbeleid en -reaksieplan Dokumenttipe: Beleid Dokumentnommer: Rt 378/15 Beleidkategorie: Beheer en bestuur Die Universiteit het n 24-uur- Etiekblitslyn ingestel en vir hierdie doel die dienste van KPMG bekom. Die volgende kommunikasiekanale is beskikbaar indien u hierdie diens wil gebruik (met die opsie om anoniem te bly indien u dit verkies): n Tolvrye telefoonnommer: 0800 200 651 n Tolvrye faksnommer: 0800 200 796 n Veilige e-posadres: fraud@kpmg.co.za n Vryposadres: BNT 371, Posbus 14671, Sinoville, 0129 n Webadres: https://rea.msvcs.kpmg.com/gqtanonym/entry/questionnaireentry.aspx?answersetid=2725512&sessionid=098ecb1c3516458 889a628ab676b933a INHOUD 1. WOORDELYS 3 2. AGTERGROND 9 3. BESTEK VAN DIE BELEID 9 4. BELEIDSVERKLARING 9 5. AANMELDINGSPROSEDURES EN OPLOSSING VAN VOORVALLE 10 6. VERTROULIKHEID 12 7. BEKENDMAKING VAN STRAWWE 133 8. BESKERMING VAN VERKLIKKERS 133 9. TOEPASSING VAN BEHEERMAATREËLS EN OPSPOORMEGANISMES 13 10. BEWUSMAKING 143 11. ADMINISTRASIE 144 Rt 378/15

1. WOORDELYS Dwarsdeur hierdie dokument, tensy anders vermeld, het die woorde in die eerste kolom hieronder die betekenis daarteenoor gemeld in die tweede kolom of onder die betrokke woord, na gelang van die geval (en verwante uitdrukkings het ooreenstemmende betekenisse): 1.1 Wet : Die Wet op Beskermde Bekendmakings 26 van 2000; 1.2 Beleid : Bedrogbeleid en -reaksieplan van die Universiteit van Pretoria; 1.3 SAPD : Die Suid-Afrikaanse Polisiediens; en 1.4 UP : Die Universiteit van Pretoria. 1.5 Bedrog en korrupsie sluit die volgende regsdefinisies in maar is nie daartoe beperk nie: 1.5.1 Bedrog, d.i. die onregmatige en opsetlike doen van 'n wanvoorstelling wat werklike benadeling veroorsaak of wat potensieel nadelig is vir iemand anders. 1.5.2 Diefstal, d.i. die onregmatige en opsetlike toe-eiening van roerende liggaamlike eiendom, insluitende inligting in elektroniese formaat wat behoort aan en in die besit is van iemand anders; wat aan iemand anders behoort maar die dader se eie besitting is; of wat aan die dader behoort maar in die besit is van 'n ander persoon wat 'n reg het om dit te besit en waar sodanige reg wetlik voorrang geniet bo die dader se eie besitsreg. 1.5.3 Misdrywe ten opsigte van korrupte bedrywighede soos omskryf in die Wet op die Voorkoming en Bestryding van Korrupte Bedrywighede 12 van 2004, insluitende maar nie beperk nie tot: 1.5.3.1 Die algemene misdryf van korrupsie (artikel 3), wat opgesom kan word as om enige beloning regstreeks of onregstreeks te aanvaar of in te stem of aan te bied om dit te aanvaar van enigiemand anders, hetsy tot sy of haar eie voordeel of tot 3

voordeel van iemand anders; of om enige beloning aan enigiemand anders te gee of in te stem of aan te bied om dit te gee, hetsy tot voordeel van daardie ander persoon of tot voordeel van iemand anders, ten einde op te tree, persoonlik of deur iemand anders te beïnvloed om op te tree, op 'n wyse (a) wat neerkom op die onwettige, oneerlike, ongemagtigde, onvoltooide of bevooroordeelde uitoefening, uitvoering of verrigting van enige bevoegdhede, pligte of werksaamhede voortspruitend uit 'n grondwetlike, statutêre, kontraktuele of enige ander regsverpligting, of die misbruik of verkoop van inligting of materiaal wat in die loop van sodanige uitoefening, uitvoering of verrigting verkry is; (b) wat neerkom op die misbruik van 'n gesagsposisie; vertrouensbreuk; of die skending van 'n regsplig of stel reëls; (c) wat bedoel is om 'n ongeregverdigde gevolg te bereik; of (d) wat neerkom op enige ander ongemagtigde of onbehoorlike oorreding om enigiets te doen of nie te doen nie. 1.5.3.2 Spesifieke korrupte aktiwiteite (artikels 4-16) in verband met (a) openbare beamptes; (b) buitelandse openbare amptenare; (c) agente; (d) lede van die wetgewende gesag; (e) regterlike beamptes; (f) lede van die vervolgingsgesag; (g) ontvangs of aanbied van 'n ongemagtigde beloning aan 'n party by 'n werkverhouding; (h) getuies en bewysmateriaal tydens sekere verrigtinge; (i) kontrakte; (j) verkryging en terugtrekking van tenders; (k) veilings; (l) sportgebeurtenisse; of (m) dobbel- of gelukspele. 4

1.5.3.3 Diverse misdrywe met betrekking tot moontlike botsing van belange en ander onaanvaarbare gedrag (artikels 17-19), naamlik: (a) verkryging of hou van n privaat belang deur n openbare beampte in enige kontrak, ooreenkoms, transaksie of belegging voortspruitend uit of verbonde met die openbare liggaam waar hy of sy in diens is; (b) onaanvaarbare gedrag met betrekking tot getuies; of (c) opsetlike inmenging met, belemmering of dwarsboming van die ondersoek van n misdryf. 1.5.3.4 Ander misdrywe met betrekking tot korrupte bedrywighede (artikels 20-21), naamlik: (a) om n medepligtige by of begunstigde van n misdryf te wees; (b) poging, sameswering en oorreding van n ander persoon om misdryf te pleeg; of (c) versuim om korrupte transaksies te rapporteer (artikel 34). 1.5.4 Oortredings van die Wet op Hoër Onderwys 101 van 1997 (soos gewysig). 1.5.5 Kubermisdaad soos omskryf in die Wet op Elektroniese Kommunikasie en Transaksies 25 van 2002, insluitende maar nie beperk nie tot: 1.5.5.1 ongemagtigde toegang tot, onderskepping van of inmenging in data ingevolge artikel 86(1) kan soos volg opgesom word: (a) die opsetlike toegang tot of onderskepping van enige data sonder magtiging of toestemming om dit te doen; (b) die opsetlike en ongemagtigde inmenging in data op 'n manier wat veroorsaak word dat sodanige data verander, vernietig of andersins oneffektief gemaak word; (c) om enige toestel, met inbegrip van 'n rekenaarprogram of 'n komponent, wat primêr ontwerp is om veiligheidsmaatreëls vir die beskerming van data te oorkom, wederregtelik te vervaardig, te verkoop, te koop aan te bied, vir gebruik te verkry, te ontwerp, vir gebruik aan te pas, te versprei of te besit, of om enige van gemelde handelinge te verrig met 5

(d) (e) betrekking tot 'n wagwoord, toegangskode of enige ander soortgelyke data, met die opset om sodanige item wederregtelik te gebruik om hierdie artikel van genoemde wet te oortree; om enige toestel of rekenaarprogram hierbo genoem te gebruik om veiligheidsmaatreëls te oorkom wat ontwerp is om sodanige data of toegang daartoe te beskerm; of om enige handeling hierbo beskryf te verrig met die opset om in te meng in toegang tot 'n inligtingstelsel wat neerkom op 'n ontsegging, met inbegrip van gedeeltelike ontsegging, van diens aan regmatige gebruikers. 1.5.5.2 Rekenaarverwante afpersing, bedrog en vervalsing ingevolge artikel 87(1) kan opgesom word as die bedoeling om 'n handeling te verrig of om te dreig om 'n handeling te verrig soos in artikel 86 beskryf met die doel om enige onwettige handelsvoordeel te verkry deur te onderneem om sodanige handeling te staak of daarmee op te hou, of deur te onderneem om enige skade wat as gevolg van daardie handelinge aangerig is, te herstel. Dit sluit ook in enige van die handelinge in artikel 86 beskryf wat verrig is met die doel om enige onwettige voordeel te verkry deur te veroorsaak dat vervalste data vervaardig word met die bedoeling dat dit beskou word of dat daar op gehandel word asof dit eg is. 1.5.5.3 Poging en hulpverlening kan opgesom word as 'n poging om enige van die misdrywe in artikels 86 en 87 bedoel, te pleeg. Dit sluit voorts ook in enige handeling wat deur 'n persoon verrig word om iemand te help om enige van die misdrywe in artikels 86 en 87 bedoel, te pleeg. 1.5.6 Onreëlmatighede in verband met 1.5.6.1 Stelselskwessies: d.i. waar 'n bestaande proses/stelsel vatbaar is vir misbruik deur werknemers, studente, die publiek of ander belanghebbendes, bv (a) vervalsing van UP-grade; (b) misbruik van verlof; 6

(c) misbruik van die stelsel van skiktyd; (d) misbruik van die stelsel van beperkte privaat praktyk en eksterne werk/buitewerk ; (e) nievoldoening aan gedelegeerde gesagsperke; (f) manipulering van slaagkoerse deur studente se punte op bedrieglike wyse te verander; (g) verkrygingsbedrog; (h) misbruik van die stelsel van algemene eise of eise vir dienste gelewer; (i) opsetlike wesenlike nienakoming van beleide en prosedures; (j) vervalsing van kwalifikasies; (k) misbruik of wanbestuur van ontwikkelingsfondse van skenkers/eksterne befondsers; (l) wanbestuur van langtermynbeleggings; (m) wanbestuur van gelde in afwagrekenings of rustende rekenings; (n) bedrieglike fondsinsameling deur studente/werknemers; (o) bekend maak van vertroulike inligting, bv eksamenvraestelle, navorsing ens aan eksterne partye; (p) diefstal van blanko tjeks; (q) enige ander bedrieglike stelselskwessies nie spesifiek hierbo genoem nie; of (r) onreëlmatige gebruik van konsultante. 1.5.6.2 Finansiële kwessies: d.i. waar individue of entiteite geld op bedrieglike wyse van UP verkry het, bv deur (a) diefstal van geld; (b) bedrieglike reis- en algemene eise; (c) indiening van eise vir dienste gelewer vir aktiwiteite wat deel uitmaak van die personeellid se bestaande diensverhouding met UP; (d) kontrakteurs wat faktureer vir werk wat nie gedoen is nie; (e) kontrakteurs wat as front optree vir n ander persoon of entiteit; (f) bedrieglike hertoedeling van fondse; 7

(g) (h) (i) (j) 'n bankrekening in UP se naam te open en/of bedryf sonder skriftelike voorafmagtiging van die Raad; selfgoedkeuring van uitgawes, hetsy deur die algemene eis- of verkrygingsproses, sonder gepaste lynbestuursmagtiging; diensnabootsing ( spookwerknemers ); of enige ander bedrieglike finansiële kwessies nie spesifiek hierbo genoem nie. 1.5.6.3 Toerusting- en hulpbronkwessies: Naamlik waar UP-toerusting vir persoonlike voordeel gebruik of gesteel word, bv deur (a) diefstal van bates, bv kunswerke, laboratoriumtoerusting, rekenaartoerusting, ens; (b) opsetlike beskadiging, substandaardvakmanskap, onnodige herstelwerk/bestellings of vernietiging van eiendom deur fasiliteite- en dienstekontrakteurs om bykomende werk te kry; (c) gebruik van hulpbronne en toerusting van UP vir privaat gewin; of (d) enige ander bedrieglike toerusting- en hulpbronkwessies nie spesifiek hierbo genoem nie. 1.5.6.4 Ander kwessies: Te wete aktiwiteite deur werknemers en studente van UP wat strydig met bestaande beleide en/of gevestigde etiese standaarde is, bv (a) kopieregskendings; (b) plagiaat pleeg; (c) samespanning tussen studente en dosente; (d) een student wat namens 'n ander een eksamen skryf; (e) 'n belangebotsing skep of versuim om dit bekend te maak; (f) niebekendmaking van privaat werk; (g) installering van onwettige of roofsagteware of ander elektroniese inhoud (bv DVD s, musiek ens); (h) wangedrag wat navorsingsbedrog uitmaak, soos fabrisering of onvanpaste manipulering van navorsingsdata, meerdere publikasie van dieselfde inhoud met verskillende titels, 8

(i) spookskrywery, onwettige toeëiening van navorsingsdata of enige ander navorsingswangedrag; of enige ander bedrieglike kwessies nie spesifiek hierbo genoem nie. 2. AGTERGROND 2.1 Die doel van die beleid is om UP se posisie met betrekking tot bedrog en korrupsie te formaliseer en om bestaande stelsels, beleide en prosedures te versterk wat daarop gemik is om bedrog en korrupsie aan die Universiteit af te skrik, te voorkom, op te spoor, daarop te reageer en die impak daarvan te verminder. 2.2 Voorts is die doel van hierdie dokument om te bevestig dat UP 'n kultuur van geen verdraagsaamheid teenoor bedrog en korrupsie in al sy aktiwiteite ondersteun en bevorder. 2.3 Hierdie beleid moet saam met die Universiteit se Verkilkkerbeleid gelees word, asook die Interne Ouditbeleid en Interne Oudithandves, aangesien die Interne Ouditfunksie 'n rol speel by die identifisering en ondersoek van gevalle van bedrog wt aangemeld word en verklikkery (alarmmakery). 3. BESTEK VAN DIE BELEID 3.1 Die beleid is van toepassing op alle bewerings, pogings en voorvalle van bedrog en korrupsie wat 'n impak op UP het of potensieel kan hê. 3.2 Alle werknemers en die bestuur van UP, of enige entiteit wat deur UP beheer word (insluitende studente), moet aan die gees en inhoud van hierdie beleid voldoen. 4. BELEIDSVERKLARING 4.1 Die grondslag van hierdie beleid is een van geen verdraagsaamheid teenoor bedrog en korrupsie nie. Verder moet alle beweerde gevalle van bedrog en korrupsie ondersoek en opgevolg word deur die toepassing van alle regsmiddele beskikbaar binne die volle bestek van die reg en die implementering van gepaste maatreëls vir voorkoming en bespeuring (beheermaatreëls). Hierdie beheermaatreëls sluit in die 9

bestaande finansiële en ander beheermaatreëls en kontrolemeganismes soos in die stelsels, beleide en prosedures van UP voorgeskryf. 4.2 Die doeltreffende toepassing van instruksies vervat in die regulasies, beleide en prosedures van UP is een die belangrikste pligte van elke werknemer by die uitvoering van sy/haar dagtake. 5. AANMELDINGSPROSEDURES EN OPLOSSING VAN AANGEMELDE VOORVALLE 5.1 Wat moet 'n werknemer doen as hy/sy bedrog en korrupsie vermoed? 5.1.1 Dit is die verantwoordelikheid van elke werknemer om enige beweerde voorval van bedrog en korrupsie onmiddellik by sy/haar onmiddellike bestuurder of by die Registrateur aan te meld. Indien daar vermoed word dat 'n lid van die Senior Bestuur betrokke kan wees, moet die aanmelding gerig word aan die Visekanselier en Rektor of die Voorsitter van die Oudit-, IT- en Risikobestuurskomitee. 5.1.2 Bestuurders is verantwoordelik vir die bespeuring, voorkoming en ondersoek van bedrog en korrupsie en moet elke voorval en bewering van bedrog en korrupsie aanmeld by die betrokke individu in paragraaf 5.1.1 hierbo genoem, wat 'n ondersoek na die aangeleentheid moet loods. 5.1.3 Indien 'n werknemer 'n beweerde voorval van bedrog en korrupsie wil aanmeld (anoniem of andersins), kan hy/sy ook die verskillende kommunikasiekanale tot beskikking van werknemers gebruik, soos op die voorblad van hierdie beleidsdokument aangedui. Die Etiekblitslyn -fasiliteit is op 'n 24-uur-basis beskikbaar. 5.2 Wat moet 'n student, n lid van die publiek of 'n verskaffer van goedere en/of dienste doen as hy/sy bedrog en korrupsie vermoed? 5.2.1 UP moedig elke student, lid van die publiek of verskaffer van goedere en/of dienste wat bedrog en korrupsie in die UP-omgewing vermoed, aan om sodanige vermoede aan te meld by die Registrateur of die Visekanselier en Rektor, wat die aangeleentheid sal hanteer ooreenkomstig die betrokke prosedure soos in paragraaf 5.1 hierbo uiteengesit. 10

5.2.2 Studente, lede van die publiek of verskaffers van goedere en/of dienste kan sulke bewerings ook aanmeld (anoniem of andersins) deur gebruik te maak van een van die verskillende kommunikasiekanale tot beskikking van alle klaers, soos op die voorblad van hierdie beleidsdokument aangedui. 5.3 Hoe sal bewerings van bedrog en korrupsie hanteer word? 5.3.1 Betreffende kwessies wat deur 'n werknemer, student, lid van die publiek of verskaffer van goedere en/of dienste geopper is, sal die optrede afhang van die aard van die kwessie en die prosedures wat in die Universiteit se Verklikkerbeleid uiteengesit is. Die aangeleenthede wat geopper word, sal gesif en geëvalueer word en kan dan: 5.3.1.1 intern ondersoek word; en/of 5.3.1.2 na die SAPD of 'n ander wetstoepassingsagentskap verwys word. 5.3.2 Enige bedrog en korrupsie deur 'n werknemer of enige ander persoon moet opgevolg word deur deeglike ondersoek en tot die volle omvang van die reg, insluitende (waar toepaslik) oorweging van 5.3.2.1 in die geval van werknemers, dissiplinêre stappe binne 'n redelike tydperk na die voorval; 5.3.2.2 die instel van 'n siviele aksie om enige verlies te verhaal; 5.3.2.3 die inisiëring van strafregtelike vervolging deur die aangeleentheid by die SAPD of enige ander toepaslike wetstoepassingsagentskap aan te meld; en/of 5.3.2.4 enige ander beskikbare toepaslike regshulpmiddel. 5.4 Bestuurders moet verseker dat vergoeding vir enige verlies of skade wat UP gely het as gevolg van enige aangemelde handeling of versuim wat as bedrieglik en korrup geklassifiseer kan word, deur 'n werknemer, student of enige ander persoon wat onder die gesag van sodanige bestuurder val, van sodanige werknemer, student of 11

ander persoon verhaal word indien hy/sy vir sodanige verlies of skade aanspreeklik bevind word. 5.5 By ontvangs van 'n aanmelding van bedrog en korrupsie van 'n verklikker (ook bekend as n alarmmaker ) sal UP: 5.5.1 die klag in die Verklikkerregister aanteken; 5.5.2 'n voorlopige ondersoek/hersiening van die bewerings loods; en 5.2.3 indien die resultate van die voorlopige hersiening 'n behoefte aan verdere ondersoek aandui, die aangeleentheid verwys na die toepaslike departement, die interne of eksterne ouditeure of enige ander toepaslike party. 5.6 UP aanvaar dat elke persoon, insluitende 'n werknemer of student of verskaffer of eksterne party, wat die beweerde bedrog en korrupsie aangemeld het, verseker moet word dat die aangeleentheid behoorlik hanteer is. Behoudens wetlike beperkings kan inligting oor die uitkoms van enige ondersoek gevolglik op 'n moet weet -grondslag versprei word. 5.7 UP moet verseker dat 'n bedrog- en korrupsie-inligtingstelsel vir die volgende doeleindes ontwikkel word: 5.7.1 aantekening van alle bewerings; 5.7.2 nasporing van die vordering met die bestuur van bewerings; 5.7.3 fasilitering van die vroeë identifisering van sistemiese swakhede en herhalende risiko s en kennisgewing aan bestuurders en werknemers van sistemiese swakhede en herhalende risiko s; en 5.7.4 waar gepas en nie aan privilege onderhewig nie, die gee van terugvoer aan werknemers en/of verklikkers oor die hantering van bewerings. 6. VERTROULIKHEID 6.1 Alle inligting rakende bedrog en korrupsie wat ontvang en ondersoek word, moet as vertroulik hanteer word. Die vordering met ondersoeke moet op vertroulike wyse hanteer word en mag nie bekend gemaak word aan of bespreek word met enige persone wat geen legitieme aanspraak op sodanige inligting het nie. Dit is belangrik ten einde te voorkom dat die reputasie van 'n verdagte persoon wat later onskuldig bevind word aan die beweerde onregmatige daad, benadeel word. 12

6.2 Niemand mag enige inligting met betrekking tot bewerings of voorvalle van bedrog en korrupsie aan die media verskaf sonder die uitdruklike toestemming van die Visekanselier en Rektor of die Voorsitter van die Oudit-, IT- en Risikobestuurskomitee nie. 7. BEKENDMAKING VAN STRAWWE Die Visekanselier en Rektor of die Voorsitter van die Oudit-, IT- en Risikobestuurskomitee moet besluit of enige inligting rakende regstellende stappe of strawwe wat opgelê is ten opsigte van voorvalle van bedrog en korrupsie onder die regstreekse aandag van enige persoon gebring of op 'n ander manier bekend gemaak moet word. 8. BESKERMING VAN VERKLIKKERS 8.1 'n Werknemer, student of eksterne party wat vermeende bedrog en korrupsie aanmeld, kan anoniem bly indien hy/sy dit verlang. 8.2 Geen persoon wat te goeder trou enige vermeende of werklike voorval van bedrog en korrupsie wat vermoedelik of werklik in UP plaasgevind het, aangemeld het, mag in ooreenstemming met die Verklikkerbeleid en toepaslike wetgewing aan enige straf- of vergeldingsmaatreëls (viktimisering) onderwerp word nie. 8.3 Bestuurders moet werknemers of ander persone ontmoedig om bewerings te maak wat vals is en met kwaadwillige bedoeling gemaak word. In gevalle waar daar bewys word dat sulke bewerings onwaar en kwaadwillig of kwelsugtig is, moet die persoon wat die bewerings gemaak het, aan streng dissiplinêre optrede onderwerp word, terwyl gepaste stappe gedoen moet word in die geval van eksterne partye. 9. TOEPASSING VAN VOORKOMINGSMAATREËLS EN OPSPOORMEGANISMES Ten opsigte van alle aangemelde voorvalle van bedrog en korrupsie moet die bestuur die beheermaatreëls wat oortree is, onmiddellik hersien en, waar moontlik, die doeltreffendheid daarvan verbeter ten einde te voorkom dat soortgelyke onreëlmatighede in die toekoms plaasvind. 13

10. BEWUSMAKING Bestuurders is daarvoor verantwoordelik om te verseker dat alle werknemers onder hulle beheer bewus gemaak word van die tersaaklike beleidsdokumentasie en dat hulle dit ontvang. 11. ADMINISTRASIE Die bewaarder van die beleid is die Hoof: Interne Ouditeenheid, wat verantwoordelik is vir die administrasie, hersiening en vertolking van die Beleid. Die beleid moet elke drie jaar hersien word en, indien nodig, moet gepaste veranderinge aangebring word. 12. DOKUMENT-METADATA Dokumentnommer Rt 378/15 Dokumentweergawe Rt 378/15 nuut goedgekeurde weergawe Vervang Rt 669/11 Dokumentgoedkeuringsowerheid Hoofbestuur Dokumentgoedkeuringsdatum 3 November 2015 Dokumenteienaar Interne Ouditeenheid Dokumentskrywer(s) Hoof: Interne Ouditeenheid Datum 3 Desember 2015 Sigbaarheid Vertoon op personeelintranet Vertoon op studente-intranet Vertoon op openbare web 14