GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN



Like dokumenter
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT REKENINGKUNDE GRAAD 12 FEBRUARIE/MAART 2016 SPESIALE ANTWOORDEBOEK

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRFA.3 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 NOVEMBER Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye en 1 bylaag.

INTERMEDIÊRE FASE GRAAD 6 NOVEMBER 2017 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 NASIENRIGLYN

GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 MEMORANDUM

DEPARTEMENT REKENINGKUNDE UP

Trapkarre. AANGEBIED DEUR DIE Ingenieurstudenteraad. 18 September

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Bedrogbeleid en -reaksieplan

MUNISIPALITEIT KREDIETBEHEER- EN SKULDINVORDERINGS BELEID

Mees Algemene Vrae. 1. Wat beteken n multi-belanghebberorganisasie?

ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING

WBTI. Handleiding oor die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting, 2 van 2000 Raad op Finansiële Dienste

GRAAD 12 SEPTEMBER 2016 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 MEMORANDUM

TROFEE-WYNSKOU OLD MUTUAL

Kriteria vir toekennings van kultuurprestasies Hersien in Januarie 2018

Wat is in die boks? 7. Wat is in die boks? Lees my eers 8

Kriteria vir kultuurprestasie (hersien Januarie 2018)

Sing vooraf staande: Psalm 27:4, 5 (p. 127)

Leer hierdie psalm en versie uit jou kop uit!

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

AANSOEK OM LENING (IN TERME VAN DIE NASIONALE KREDIETWET, 34 VAN 2005)

God se plan vir optimale geestelike groei in elke gelowige.

Gr 12 Wiskunde Nasionale November 2014: Vraestel 1 GR 12 WISKUNDE - EKSAMENVRAESTELLE

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

AANTEKENINGE BY DIE gekonsolideerde finansiële jaarstate (vervolg) vir die jaar geëindig 31 Maart 2014

SIYANDA DISTRIKSMUNISIPALITEIT TARIEFBELEID

KAPTEIN VERDWYN. Onderwysersgids. Nota: Hierdie gratis gids mag na goeddunke gekopieer en gebruik word.

GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Ps.119:89. Parashah 1 Bereshit In die begin. Gen.1:1 6:8 Jes. 42:5-43:10 Matth.1:1-17;19:3-9; Mark.10:1-12; Joh.1:1-18; OP.21:1-5; 22:1-5.

HOËR TEGNIESE SKOOL BELLVILLE AANSOEKVORM

E-pos asseblief die bewys van die betaling (duidelik gemerk met die skool se naam) ook aan of faks dit na

Aansoek om Lidmaatskap

STRUKTUUR VAN DIE KATEGISMUS

Psalm 95(b) Ons eerbiedsbetoon aan die HERE, ons ewige Koning.

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

JAARBOEK Fakulteit Ingenieurswese Voorgraads. DEKAAN: Prof. JIJ Fick

Geïntegreerde Jaarverslag 2015

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 DRAMATIESE KUNSTE MEMORANDUM

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Die Heidelbergse Kategismus

DIE EERSTE BRIEF AAN TIMOTEUS

DOEL MET KULTUURDEELNAME

GRAAD 12 SEPTEMBER 2015

UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT

GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

SUID AFRIKAANSE VARSWATER OEWERHENGEL VERENIGING BYLAE A TOT DIE GRONDWET

Nasionale Kurrikulumverklaring (NKV) Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring WISKUNDE. Senior fase Graad 7-9

DIE UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT FAKULTEIT GESONDHEIDSWETENSKAPPE JAARBOEK SKOOL VIR GENEESKUNDE EERSTE GRADE EN DIPLOMAS

HOOFSTUK 4. Die kern van die konstruktivisme kan, volgens Biggs en Moore (1993 :22), soos volg aangedui word:

INHOUDSOPGAWE. Inleiding...2. Apostoliese geloofsbelydenis...3. Die twee Sakramente...7. Filippense 2: Apostoliese geloofsbelydenis...

LANDBOUWETENSKAPE V1 OKT / NOV EKSAMEN 2014 GRAAD 10

SELF-STUDIEGIDS VIR TAALONDERWYSERS SKRYF VAN: KREATIEWE TEKSTE LANGER TRANSAKSIONELE TEKSTE KORTER TRANSAKSIONELE / NASLAAN / INFORMATIEWE TEKSTE

Uitgegee deur: Tel: / Faks: Epos:

UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT REËLBOEK

Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB (Kaapstad), DKG (SA), MPH (Harvard), DPhil (Oxon), MASSAf

DIE WENSLIKHEID V A N 'N HERSIENING VAN DIE AFRIKAANSE VERTALIN G VAN DIE BYBEL*).

OLD MUTUAL UNIT TRUSTS BELASTINGVRYE BELEGGING

Deel 2: Argitektuur, Bourekenkunde en Konstruksiebestuur en Stads- en Streekbeplanning

Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB (Kaapstad), DKG (SA), MPH (Harvard), DPhil (Oxon), MASSAf

Government Notices Goewermentskennisgewings

Jaarverslag 2008/2009

DOWNLOAD OR READ : SJOKOLADE PDF EBOOK EPUB MOBI

Vry en volkleur. Ligte, SOMER R26 (BTW ingesluit) R22,81 (Buiteland) aksie!

Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

1 KONINGS. Inleiding 1 en 2 Konings

Op die Oog af. MEI April 2014 Bybelse Ete

Hoërskool Dr. E.G. Jansen

voete én in trane. Hulle optredes getuig van talent met toneelspel uit die boonste rakke. Die toneelstuk, Strepiespajamas, word as streekswenner

GASVRYHEIDSTUDIES (Opdateer Oktober 2015) Hierdie dokument moet saam met die volgende dokumente gelees word:

GASVRYHEIDSTUDIES (Opdateer September 2016)

31/2018 HANNALIZA FECHTER BEMARKING EN SKAKELING

JAARBOEK Fakulteit Natuurwetenskappe Voorgraads. DEKAAN: Prof. dr. J.J. Pienaar

~tu~enternassa keur Inlywingsaksie goe~

opleiding op Universiteitsvlak

JUTA SE PARALLEL TAALSERIE (AFRIKAANS EN ENGELS) VIR SUIDAFRIKAANSE SKOLE DEUR H. H. BROODRYK, B.A.,

Psalm 91:1-7 (NLV) Op God kan ek vertrou. 22/08 23/08 25/08 27/08 31/08 1/09 12/09

CHASA BEKWAAMHEIDSTOETS LESINGS

LAERSKOOL LOUIS LEIPOLDT: SKOOLPLAN

BEPLANNINGSTUOIE VAN DIE ~ltejn KAROO VERSLAG STELLENBOSCH. deur. deur Prof. D. Met erkenning van bydraes deur : ( E. Stander S.J.

Subvragen. Overzicht. Hoofdvraag. Patiëntonderzoek - Gedrag. Jorien v.d. Velde Nascholing Psychosen maart

HOKKIEDOGTERS 1ste span: St Mary s en St Stithians. 2de span: TUKS-kliniek

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Copyright! All rights reserved Nederlandsk side 1 av 6

TE WEET. 28 Jan. 3 Feb. 2018

Hierdie afgelope week was daar weer etlike oomblikke gewees waar ons skool en ons leerders hulle hande kon saamslaan in dankbaarheid en

AANSOEK OM TOELATING

Vinkie. Laerskool Fairland. UIT DIE HOOF SE KANTOOR Personeel sê dankie aan leerders op dié manier!

HISTORIEK TITEL I - VORM - NAAM - ZETEL - DOEL BELEGGINGS- BELEID - DUUR ARTIKEL 1 - VORM EN NAAM

R35.00 Issue 109 November 2014 WEN THE NEVILLE FOORD CHALLENGE : ALBRIGHT MUDDIE MAGIC ISSN

Uit die hoof se pen...

bovenleidingspalen m.b.v. pressiometerproeven Lijn 162 Namen-Sterpenich

ADVERTEERDER: MIDDELEN: DOEL:

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL ONDERRIGPLANNE - Graad 8 Kwartaal1

INHOUD INLEIDING JARIGE FEES... 2

Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Taalimplementeringsplan 2017

HOËRSKOOL OUTENIQUA. Baie sterkte aan van die gr. 12-leerders en die die gr. 11-leerders wat tydens die vakansie die lenteskool by die skool bywoon

FinnFeilen 1. Eddy Waumans

INHOUD INLEIDING... 1

STUDENT GATEWAY GPS

Transkript:

2 GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN OCTOBER / NOVEMBER 2005 OKTOBER / NOVEMBER 2005 BEDRYFSEKONOMIE SG TYD: 3 uur PUNTE: 300 INSTRUKSIES: Beantwoord SES vrae, Vraag 1 (verpligtend) en enige VYF ander vrae. Nommer jou antwoorde presies soos wat die vrae op die vraestel genommer is. Netheid en die sistematiese uiteensetting van feite is? vereiste. Antwoorde moet, waar moontlik, puntsgewys wees. Beplan die lengte van jou antwoorde in verhouding met die punte wat aan die vraag toegeken is. Begin elke vraag op? skoon bladsy en laat minstens? reël oop tussen onderafdelings. VRAAG 1 VERPLIGTEND Kies slegs EEN korrekte antwoord vir elk van die volgende meervoudige keusevrae. Dui die korrekte antwoord aan deur? kruisie ( X) oor die toepaslike letter op die antwoordblad aan die binnekant van die omslag van jou antwoordboek te trek. 1.1 Die uitreik van standaardmerke om die gehalte van artikels aan te dui, asook die beheer oor hierdie merke, berus by. A. die Wetenskaplike- en Nywerheidsnavorsingsraad B. die Suid-Afrikaanse Buro vir Standaarde C. sakekamers D. die Reserwebank 1.2 Watter een van die volgende ondernemings mag die publiek uitnooi om by te dra tot die eie kapitaal van die onderneming? A. Gencor Beperk B. Ellergates TV Vervaardigers BK C. Images (Edms.) Beperk D. Van der Walt Prokureurs

3 1.3 Wat sal die vergoedingsbedrag in die volgende geval wees? Bates wat R60 000 werd is, word verseker teen die risiko van brand vir R100 000.? Brand het R80 000 se skade veroorsaak. A. R36 000 B. R48 000 C. R60 000 D. R30 000 1.4 Die maksimum hoeveelheid aandele (eie kapitaal) wat? maatskappy mag uitreik, soos bepaal in die onderneming se grondwet, staan bekend as kapitaal. A. bedryfs- B ingeskrewe C. geregistreerde / nominale D. vaste 1.5 Watter onderneming moet ontbind wanneer daar? verandering in die ledetal is? A. Publieke maatskappy B. Beslote Korporasie C. Privaat maatskappy D. Vennootskap 1.6 Faktorering van debiteure hou verband met. A. versekering B. afbetalingsverkoopooreenkomste C. oninbare skulde D. bruikhuur 1.7 Middelvlak-bestuurders neem hierdie tipe besluite. A. Taktiese B. Strategiese C. Bedryfsbestuur- D. Operasionele 1.8 Hierdie goedere word aangewend in die produksie van ander goedere. A. Uitsoekgoedere B. Geriefsgoedere C. Nywerheids- / kapitaalgoedere D. Verbruikersgoedere

4 1.9? Markvorm waar daar baie verskaffers van dieselfde produk is en die prys van die produk deur vraag en aanbod bepaal word. A. Monopolie B. Volmaakte mededinging C. Oligopolie D. Monopolistiese mededinging 1.10 Watter een van die volgende is? bedryfsbate vir? onderneming? A. Toerusting B. Krediteure C. Debiteure D. Geboue 1.11 Watter voorkeuraandeel moet jy besit om in die wins van die daaropvolgende jaar te deel indien die vorige jaar se wins te klein is? A. Kumulatiewe B. Gewone C. Deelnemende D. Aflosbare 1.12 Die koste wat nie direk aan? bepaalde produk toegewys kan word nie, soos bv. huur, staan bekend as. A. veranderlike koste B. indirekte arbeidskoste C. primêre produksiekoste D. bokoste / oorhoofse koste 1.13 Die volgende is redes vir kontantaanhouding in? onderneming: (i) (ii) (iii) (iv) (v) Transaksiemotief Kostemotief Koopmotief Spekulasiemotief Voorsorgmotief Kies die regte kombinasie. A. i, ii en iii B. i, iv en v C. ii, iii en iv D. ii, iii en v

5 1.14 Daar is geen wetlike vereistes ten opsigte van die naam vir die volgende ondernemingsvorm nie: A. Eenmansaak B. Privaat maatskappy C. Beslote Korporasie D. Publieke maatskappy 1.15 Wanneer? persoon? lewenspolis uitgeneem het by? versekeraar mag hy/sy die polis skriftelik oordra aan? finansiële instelling as sekuriteit vir? lening. Dit staan bekend as. A. herinbesitstelling B. sedering C. getrouheidswaarborg D. sekuriteitstelling 1.16 Wanneer ondernemings nie dieselfde produkte lewer nie, saamsmelt (amalgameer) staan dit bekend as samesmelting / amalgamasie. A. horisontale B. vertikale C. konglomeraat D. gelyke 1.17 Eenheidskoste is oor die algemeen die laagste in die geval van. A. bondelproduksie B. onderbroke produksie C. produksie op bestelling D. massaproduksie 1.18 Die sistematiese ontleding van bestaande produksiemetodes om doeltreffender metodes te vind, is bekend as. A. metodestudie B. prosesbeplanning C. kwaliteitskontrole D. produkspesifikasies 1.19 Watter een van die volgende advertensietegnieke word as oneties beskou? A. Gebruikmaking van beskrywende woorde B. Die gebruik van komiese slagspreuke C. Om die produk as die beste te beskryf D. Om valse bewerings oor? mededinger se produkte te maak

6 1.20 Die invordering van agterstallige rekenings (skulde) is die taak van die. A. hoofbestuurder B. kredietafdeling C. verkoopafdeling D. personeelbestuurder 1.21 Watter ondernemingsvorm beskik NIE oor? eie regspersoonlikheid nie? A. Eenmansaak B. Beslote Korporasie C. Publieke maatskappy D. Privaat maatskappy 1.22 Watter tipe agent is geregtig op del-credere -kommissie? A. Verkoopagent B. Inkoopagent C. Makelaar D. Kommissie-agent 1.23 Werkstudie bestaan uit twee aanvullende en interafhanklike komponente, naamlik. A. prosesontleding en werkmeting B. winsontleding en metodestudie C. werkmeting en metodestudie D. werkmeting en winsontleding 1.24 Toleransiegrens verwys na. A. betroubare inspeksiemetodes B. die getal inspeksiepunte C. aanvaarbare afwykings van gestelde standaarde D. die getal inspeksies per inspeksiepunt 1.25 Wanneer? finansiële instelling onderneem om die minimum inskrywing van? nuwe publieke maatskappy te waarborg staan dit bekend as. A. likwidasie B. notering C. onderskrywing D. ouditering 1.26 Wanneer? nuut geregistreerde publieke maatskappy? prospektus uitreik, moet die minimum inskrywing binne dae na die eerste uitreiking ontvang word. A. 150 B. 60 C. 30 D. 90

7 1.27 Krediet op? gewone ope rekening vereis. A.? lewensversekeringspolis as sekuriteit B.? verband op vaste eiendom as sekuriteit C. geen sekuriteit nie D.? afbetalingsverkoopooreenkoms as sekuriteit 1.28 Bokoste word soos volg saamgestel: A. Vaste koste plus veranderlike koste B. Totale koste minus arbeidskoste C. Indirekte grondstofkoste plus direkte arbeidskoste D. Direkte grondstofkoste plus direkte arbeidskoste 1.29 Gesag kan gedelegeer word, maar nie nie. A. bestuur B. administrasie C. verantwoordelikheid D. begrotings 1.30 Die grondwet (konstitusie) van? maatskappy bestaan uit die. A. prospektus en akte van oprigting B. statuut en sertifikaat van inlywing C. sertifikaat om met besigheid te mag begin en sertifikaat van inlywing D. akte van oprigting en statuut 30x2= [60] Al die ondergenoemde stellings is ONWAAR. Vervang die onderstreepte woord(e) met die korrekte woord om elke stelling WAAR te maak. Skryf net die woord(e) langs die vraagnommer in jou antwoordboek neer. 1.31? Vennootskap moet? Stigtingsverklaring voltooi om die onderneming te registreer. 1.32 Goedere wat die verbruiker sonder veel inspanning en huiwering aankoop, staan bekend as spesialiteitsgoedere. 1.33 Verspreidingskanale vir produkte eindig by die kleinhandelaar. 1.34? Kontantbegroting word opgestel om die vaste kapitaalbehoeftes van die onderneming te bepaal. 1.35 Stigtersaandele word gratis aan aandeelhouers uitgereik indien daar voldoende reserwefondse beskikbaar is. 1.36 Persone wat hulself skriftelik aan die skuldeiser verbind om? skuldenaar se skuld te betaal indien die debiteur nie in staat is om te betaal nie staan bekend as? verband.

8 1.37 Banke kan inligting oor voornemende debiteure se kredietwaardigheid verskaf aan ondernemings. Dit word gedoen deur middel van? swartlys. 1.38 Die subrogasieklousule in? versekeringspolis bepaal dat? volledige stel boeke na werksure veilig bewaar moet word om die omvang van die skade te kan bepaal indien daar skade plaasgevind het. 1.39 Stukproduksie geskied op? taak-vir-taak-basis. 1.40 Waarneming as? taak van die administratiewe afdeling beteken die aanteken van inligting volgens goedgekeurde stelsels en voorskrifte. 10x2=(20) Kies uit die volgende lys? begrip wat die beste by elke stelling pas. Skryf die begrip langs die vraagnommer in jou antwoordboek neer. Beplanning; Privaat maatskappy; Besluitneming; Beslote Korporasie; Lewensiklus; Informele sektor; Franchise; Obligasies; Afnemerskrediet; Reklame; Sekuriteitstelling; Goeie trou; Funksionele; Publisiteit 1.41? Metode wat publieke maatskappye kan gebruik om geleende kapitaal te bekom 1.42? Deel van die besigheidwêreld waar entrepreneurs vir hulself werk skep deur byvoorbeeld groente, sonbrille, selfoonsakkies, ens. op sypaadjies en vlooimarkte te verkoop 1.43? Vorm van krediet waar persone vooruit moet betaal vir? diens 1.44 Een van die bykomende elemente van die bestuursfunksie 1.45? Ondernemingsvorm wat bestaan uit? minimum van 1 en? maksimum van 50 eienaars (aandeelhouers) 1.46 By hierdie tipe organisasiestruktuur mag voormanne / toesighouers ook opdragte en leiding gee aan werkers wat onder ander voormanne / toesighouers se gesag geplaas is 1.47 Nuus wat op die massamedia bekend gemaak word waarvoor die onderneming nie betaal nie 1.48 Een van die beginsels waarop versekering berus 1.49? Besigheidsgeleentheid waar die koper van die onderneming die besigheid volgens voorgeskrewe reëls moet bestuur. Die nodige personeelopleiding word ook aan die koper verskaf. 1.50? Metode van bemarkingskommunikasie wat op? onpersoonlike wyse aan die massa gerig word en waarvoor die onderneming moet betaal 10x2=(20) TOTAAL VIR AFDELING A: [100]

9 VRAAG 2 ONDERNEMINGSVORME 2.1 Voltooi die volgende met betrekking tot Beslote Korporasies deur die ontbrekende woord(e) langs die vraagnommer in jou antwoordboek neer te skryf. 2.1.1 Om hierdie ondernemingsvorm te registreer moet? voltooi word. 2.1.2 Die minimum getal lede wat volgens die betrokke wet vereis word, is (a) en die maksimum is (b). 2.1.3 Die lede het aanspreeklikheid. (6) 2.2 Tshimane en Naledi besluit om hul kapitaal saam te voeg en? vennootskap te stig. Noem VYF nadele van vennootskappe. (10) 2.3 Noem VYF voordele van? privaat maatskappy. (10) 2.4 Gee? woord(e) vir elk van die volgende omskrywings: 2.4.1? Maatskappy wat ten minste 51% van die uitgereikte kapitaal van? ander maatskappy besit 2.4.2 Houers van hierdie tipe aandele mag ook deel in die surplus wins nadat alle aandeelhouers dividende ontvang het 2.4.3 Persone wat deur die aandeelhouers verkies word om verantwoordelikheid vir die bestuur van die maatskappy te aanvaar 2.4.4 Wanneer twee of meer ondernemings wat presies dieselfde produk / diens lewer, amalgameer (8) 2.5 Bespreek kortliks die volgende twee dokumente, sonder verwysing na die inhoud daarvan. 2.5.1 Akte van oprigting (4) 2.5.2 Statuut (2)

10 VRAAG 3 BEMARKINGSFUNKSIE 3.1 Die bemarkingsbestuurder moet die verskillende beleidsinstrumente in ag neem om die doelwitte van die onderneming te bereik. Noem hierdie VIER beleidsinstrumente. (4) 3.2 Noem DRIE voordele van die informele sektor. (6) 3.3 Noem enige VYF beginsels wat toegepas moet word wanneer? advertensie ontwerp word. (10) 3.4 Noem VIER vereistes waaraan goeie verpakking moet voldoen. (8) 3.5 Verduidelik die rol van die verkoopagent in die verspreidingsketting. (8) 3.6 Verduidelik die volgende: Die lewensiklus van? produk. (4) VRAAG 4 FINANSIËLE FUNKSIE 4.1 Voltooi die volgende sin(ne) deur die ontbrekende woord(e) langs die vraagnommer in jou antwoordboek neer te skryf. 4.1.1? Onderneming is wanneer daar onvoldoende fondse beskikbaar is om die normale bedrywighede bevredigend voort te sit. 4.1.2 Die is die deel van die totale kapitaal van die besigheid wat belê word in vaste bates soos grond en geboue. 4.1.3 Die verhouding tussen eie en geleende kapitaal staan bekend as. 4.1.4 Faktorering van debiteure is? bron van kapitaal. 4.1.5 Die mark ontvang fondse van beleggers en leen dit uit oor die lang termyn aan ondernemings. (10) 4.2 Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Indien die stelling ONWAAR is, moet die foutiewe onderstreepte woord met die korrekte woord vervang word. 4.2.1 Die kapitaalbegroting bepaal die bedrag geld wat die onderneming benodig vir bedryfskapitaal. 4.2.2 Obligasies / skuldbriewe is? voorbeeld van geleende kapitaal. 4.2.3 Ondernemings moet kontant beskikbaar hê vir spekulasie- en beleggingsdoeleindes. 3x2=(6)

11 4.3 Noem VIER bronne van inligting rakende die finansiële status van? voornemende kredietkoper. (8) 4.4 Noem DRIE vorme van sekuriteit wat krediteure mag vereis wanneer? persoon aansoek doen om? lening. (6) 4.5 Lys VYF faktore wat die bedrag wat benodig word vir bedryfskapitaalbehoeftes deur? onderneming bepaal. (10) VRAAG 5 VERSEKERING 5.1 Noem en verduidelik die TWEE basiese vereistes waaraan? versekeringskontrak moet voldoen. (14) 5.2 Noem VIER risiko s wat nie versekerbaar is nie. (8) 5.3 Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Indien die stelling ONWAAR is, moet die foutiewe onderstreepte woord met die korrekte woord vervang word. 5.3.1 Versekering van geld in transito dek die diefstal van geld tussen die onderneming en die bank. 5.3.2 Die hoofdoel van lewensversekering is om sekuriteit te verskaf vir alle mense. (4) 5.4 Skryf die formule neer om skadevergoeding te bepaal wanneer? bate onderverseker is. (4) 5.5 Wat is die doel van 5.5.1 herversekering? (4) 5.5.2 die Padongelukke-fonds? (4) 5.5.3 sedering van? polis? (2)

12 VRAAG 6 PRODUKSIEFUNKSIE 6.1 Omskryf die term massaproduksie. (4) 6.2 Noem VIER voordele van onderbroke produksie. (8) 6.3 Omskryf DRIE faktore wat die kwaliteitbeheer van? produk kan beïnvloed. (6) 6.4 Om werkers teen brandgevare te beskerm is daar in die Fabrieksveiligheidswetgewing voorsiening gemaak vir sekere regulasies in dié verband. Noem VIER van hierdie regulasies. (8) 6.5 Noem VYF voordele wat die korrekte fabrieksuitleg vir? onderneming inhou. (10) 6.6 Noem TWEE voordele van doeltreffende produksiebeplanning vir? handelaar. (4) VRAAG 7 ADMINISTRATIEWE FUNKSIE / DIE ONDERNEMING EN SY OMGEWING 7.1 Omskryf kortliks die volgende begrippe: 7.1.1 Data (2) 7.1.2 Inligting (2) 7.1.3 Bestuursinligting (2) 7.2 Noem VIER take van die administratiewe funksie. (8) 7.3 Noem VIER nadele van gedesentraliseerde administrasie. (8) 7.4 Noem VYF dienste wat Sakekamers aan hul lede lewer. (10) 7.5 Noem VIER dienste wat die Suid-Afrikaanse Buro vir Standaarde bied. (8) VRAAG 8 FUNKSIE VAN ALGEMENE BESTUUR 8.1 Kies die korrekte term uit die volgende lys vir elk van die stellings wat volg: Beplanning; Dissiplinêre aksie; Topvlak; Laervlak; Organisasie; Begroting; Koördinering; Delegering 8.1.1 Aanwending van strafmaatreëls om toekomstige gedrag te beheer

13 8.1.2? Proses waar die bestuurder na die toekoms kyk en planne beraam om sekere aksies suksesvol uit te voer 8.1.3 Voorlopige finansiële beraming van wat benodig sal word om die beplanning uit te voer 8.1.4 Hierdie bestuursvlak is verantwoordelik vir die neem van operasionele besluite wat daarop gemik is om die ondernemings so winsgewend as moontlik te maak 8.1.5 Verkryging van harmonie tussen verskillende afdelings met die mikpunt om die doelstellings van die onderneming te bereik 5x2=(10) 8.2 Bespreek die lynorganisasiestruktuur onder die volgende hoofde: 8.2.1 VIER voordele (8) 8.2.2 VIER nadele (8) 8.3 Noem VIER faktore wat besluitneming deur die bestuur beïnvloed. (8) 8.4 Noem DRIE metodes van kommunikasie. (6) TOTAAL VIR AFDELING B: [200] TOTAAL: 300 EINDE