OLD MUTUAL UNIT TRUSTS BELASTINGVRYE BELEGGING
Unit Trusts Belastingvrye Belegging Die Nasionale Tesourie het nuwe regulasies by die Inkomstebelastingwet van SuidAfrika gevoeg wat bepaal dat beleggings van R33 000 per belastingjaar (onderhewig aan altesaam R500 000 gedurende u leeftyd) 100% belastingvry is indien u via n goedgekeurde spaar of beleggingsproduk belê. Dit beteken u belegging, enige inkomste wat verdien is en alle kapitaalgroei is vrygestel van inkomstebelasting, dividendbelasting en kapitaalwinsbelasting. HOEKOM IS HIERDIE BELASTINGBESPARING INGESTEL? Die e regering wil hê dat SuidAfrikaners meer moet spaar en is van oordeel dat die aanbod van belastingvrye spaar en beleggingsprodukte mense sal aanmoedig om te spaar. Belastingvrye spaar en beleggingsrekeninge sal nooit belas word nie (solank u die reëls nakom), en u kan toegang tot u geld kry indien nodig. Dit is n aantreklike en buigsame manier om welvaart op te bou. REËLS WAARVAN U BEWUS MOET WEES Die jaarlikse beleggingsperk is tans R33 000 en u leeftydperk is tans R500 000. Beleggings van meer as R33 000 per jaar sal teen 40% op die meerbedrag belas word. Ongebruikte belastingvrye bedrae kan nie na die volgende jaar oorgedra word nie. Onttrekkings beteken nie u kan meer belastingvry belê nie. Indien u R33 000 in een jaar belê het en R15 000 onttrek, het u nog steeds u volle belastingvrye bedrag vir die jaar belê. Indien u R15 000 in u rekening herbelê, sal u die perk oorskry en op die R15 000 belas word. Herbelêde uitkerings het nie n uitwerking op u jaarlikse beleggingsperk nie. Dit is omdat beleggers aangemoedig word om dividende weer te belê. Die betaling van aanvanklike adviseursfooie het nie n uitwerking op u jaarlikse beleggingsperk nie. U kan slegs deur goedgekeurde produkte en verskaffers belê. Effektetrusts is goedgekeurde produkte en Unit Trusts is n goedgekeurde verskaffer. WAT IS DIE OLD MUTUAL UNIT TRUSTS BELASTINGVRYE BELEGGING? Dit is n effektetrustgebaseerde belastingvrye belegging wat u toelaat om uit hierdie nuwe belastingvergunning voordeel te trek. Ons het n reeks effektetrusts uitgesoek (sien volgende bladsy) wat volgens die nuwe regulasie goedgekeur is en ons stelsels is opgestel om te sorg dat u rekening in ooreenstemming met die wet bestuur word. Indien u besluit om n Unit Trusts Belastingvrye Belegging te begin, sal dit n nuwe beleggingsrekening wees, apart van enige beleggings wat u tans het. Maklik om te belê: U kan direk aanlyn op ons webtuiste belê of deur ons Kliëntedienssentrum by 0860 234 234 te skakel, of u kan ons skryfbare PDFaansoekvorm gebruik. Hoe om te belê: U kan nuwe geld per debietorder of n enkelbedrag in u Belastingvrye Beleggingsrekening belê. Omskakelings: U kan tussen bestaande effektetrusts in u Belastingvrye Beleggingsrekening omskakel. Buigsame betalings: U kan enkelbedrag of maandelikse beleggings aangaan, en u betalings staak en hervat net wanneer u wil, sonder strafheffings. Geen tydsbeperkings nie: U kan u geld so lank as wat u wil in die belegging laat bly. Nie gebind deur voorwaardes nie: U kan u onderaandele (eenhede) enige tyd verkoop, maar dit sal n uitwerking hê op die bedrag van u belastingbesparings vir die belastingjaar waarin die onttrekking aangegaan word. Bestuur u rekening en doen transaksies: Kry toegang tot u belegging via ons veilige webtuiste, waar u u rekening aanlyn kan bestuur en transaksies kan doen. Belasting en administrasie: Ons sal die relevante dokumente vir u jaarlikse belastingopgawe voorsien. Oordragte: Oordrag van u Belastingvrye Belegging tussen finansiële diensverskaffers sal vanaf 2016 toegelaat word. BELEGGINGSBEDRAE EN FOOIE Beleggingsbedrae vir die Belastingvrye Belegging Maandelikse belegging: minimum: R500, maksimum R2 750 Enkelbedragbelegging: minimum R5 000 of R10 000 (na gelang van die fonds), tot n jaarlikse maksimum van R33 000 Ad hocbelegging: minimum R500 Aanvangsfooie Daar is geen aanvanklike produkadministrasiefooie* nie en slegs die aanvanklike adviseursfooie (indien van toepassing) wat met u gekose effektetrusts geassosieer word, sal gevra word. Geen aanvangsfooie is op herbelêde uitkerings betaalbaar nie. * Vir beleggings onder ons maandelikse minimum van R500 sal n aanvanklike administrasiefooi van tot 2.28% gevra word. Onderliggende effektetrustfooie Hierdie fooie word gesamentlik in die van n effektetrust weerspieël, wat die historiese fooie weergee wat oor n tydperk van een jaar betaal is. Die totale onkosteverhouding sluit in: n Jaarlikse diensfooi wat op die markwaarde van n effektetrust se bates bereken word. Dit word daagliks van elke onderliggende effektetrust se portefeulje afgetrek. Hierdie fooi kan adviseursfooie insluit. Verdere fooie wat van die effektetrust se portefeulje afgetrek kan word verpligte en bankkoste, makelaarsloon, sekuriteiteoordragbelasting, ander belastings en heffings, bewaarder en trusteefooie, en ouditfooie. * Raadpleeg asseblief die tabel op die volgende bladsy of die fondsfeiteblad vir meer besonderhede oor die fooistruktuur van elke individuele effektetrust. Adviseursfooie Indien u n adviseur se dienste gebruik, sal die Unit Trusts Belastingvrye Belegging Aansoekvorm gebruik word, wat by www.omut.co.za beskikbaar is. U moet adviesfooie met u adviseur beding. Aanvangsfooi: Maksimum 3.42% (BTW ingesluit) vir aandele en multibateeffektetrustfondse en 0.68% (BTW ingesluit) vir rentedraende effektetrustfondse. Jaarlikse adviseursfooi: Maksimum 1.14% (BTW ingesluit). DIE VOORDELE OM S VIR U BELASTINGVRYE BELEGGINGSVERGUNNING TE GEBRUIK Effektetrusts gee u die buigsaamheid om n portefeulje saam te stel wat by u persoonlike beleggingsbehoeftes en tydraamwerk pas. Hoewel direkte aandeleportefeuljes nie as belastingvrye beleggings kwalifiseer nie, kan u met effektetrusts toegang kry tot die aandelemarkte en voordeel trek uit die kundigheid van ons fondsbestuurders, en nog steeds die voordeel van hierdie belastingvergunning kry. Die vermoë om u belegging oor markte, sektore en ekonomieë te versprei, beteken dat u beleggingsrisiko aansienlik laer is. Daar is nie n kontraktuele termyn nie en u kan u belegging enige tyd verkoop. Effektetrusts bied opwindende kapitaalgroeigeleenthede oor die medium tot lang termyn. 2
OLD MUTUALFONDSE WAT VIR U BELASTINGVRYE BELEGGING BESKIKBAAR IS Ons het n lys van fondse saamgestel wat ingevolge die nuwe regulasies as belastingvrye beleggings kwalifiseer. Ons het fondse gekies wat elke tipe belegger sal pas, ongeag in watter lewensfase u is. Die lys sluit geldmark en inkomsteskeppende fondse, multibatefondse en algemene aandelefondse in, asook spesialisaandelefondse en fondse wat aan Shari ah voldoen. FONDSE FONDSE Albaraka Balanced # Suid Afrikaans Multibate Aandele Hierdie fonds, wat aan Shari ah voldoen, streef bestendige langtermynkapitaalgroei na, asook om n matige vlak van inkomste te lewer met n portefeulje wat oor bateklasse diversifiseer. Beleggingsminimums vir enkelbedragbeleggings: R5 000 Albaraka Equity Hierdie fonds, wat aan Shari ah voldoen, belê in n breë spektrum van aandele wat nie met alkohol, dobbel en niehalaalvoedsel verbind word nie en nie renteinkomste genereer nie. Beleggingsminimums vir enkelbedragbeleggings: R5 000 Balanced # * Hoë Aandele Die fonds se doelwit is om langtermynkapitaalgroei aan beleggers te bied. Dit belê in aandele, effekte en kontant, met n sterk fokus op aandele. Die fonds voldoen aan aftreefondswetgewing. Core Diversified Fund # Hoë Aandele Die fonds is aan alle sektore van die mark blootgestel (aandele, effekte, eiendom en kontant), met n maksimum blootstelling van 75% aan aandele, en mag tot 25% van sy portefeulje in die buiteland belê, in ooreenstemming met Tesourieriglyne. Die fonds sal blootstelling hê aan passief bestuurde onderliggende sekuriteite. Afgeleide instrumente kan vir risikobestuursdoeleindes gebruik word. Dynamic Floor # * Multibate Aandele Die fonds streef langtermynkapitaalgroei na en ook om n mate van kapitaalbeskerming te bied (met die doel om minstens 90% van u netto belegging oor n 12maandetydperk te beskerm). Die fonds belê in aandele, effekte en kontant. Flexible * Veelsydig Die fonds streef om opbrengste oor die langer termyn te maksimeer. Die fonds belê in aandele, effekte en kontant en benut veranderende ekonomiese en marktoestande. Plaaslike Bates Buitelandse Bates Min. Maks. TOV Prestasiefooikomponent Transaksiekoste (TK) Beleggingskostes UITKERINGS DATUMS 1.43% 1.47% 0.15% 1.62% Junie 1.71% 1.74% 0.27% 2.01% Junie 1.89% 0.42% 0.14% 2.03% Junie 0.68% 0.85% 0.06% 0.91% Junie 1.54% 1.66% 0.26% 0.07% 1.73% Junie 1.93% 0.46% 0.20% 2.13% Junie RISIKO * Die Klas Afonds het vanaf 1 Januarie 2015 opgehou om prestasieverwante diensfooie te vra. Aangesien TOV s oor deurlopende 36maandetydperke bereken word, sal n gedeelte van die prestasiefooie wat in 2013 ** Die Klas Afonds het vanaf 1 Januarie 2017 opgehou om prestasieverwante diensfooie te vra. Aangesien TOV s oor deurlopende 36maandetydperke bereken word, sal n gedeelte van die prestasiefooie wat in 2014, Die is n historiese maatstaf van die impak wat die aftrekking van bestuurs en bedryfskoste op n fonds se waarde het. n Hoër TOV impliseer nie noodwendig n swak opbrengs nie, en n 3
FONDSE vervolg FONDSE VERVOLG Global Currency Feeder Rentedraend Kort Termyn Die doelwit van die fonds is om totale opbrengste vir beleggers te maksimeer deur volle blootstelling aan n mandjie groot buitelandse geldeenhede, deur te belê in n buitelandse kollektiewe beleggingskema wat op wêreldwye geldeenhede fokus. Enige inkomste wat verdien word, is toevallig van aard. Global Equity Die fonds streef voortreflike opbrengste oor die medium tot langer termyn na. Hierdie randgedenomineerde fonds belê in kwaliteitaandele van regoor die wêreld. Global FTSE RAFI All World Index Feeder Die fonds se doelwit is om langtermynkapitaalgroei te lewer deur blootstelling aan die FTSE RAFI All World 3000 Indeks te verkry. High Yield Opportunity Die fonds streef n hoë vlak van dividendinkomste en ook kapitaalgroei na. Dit belê in fundamenteel gesonde maatskappye met hoë dividendopbrengste en goeie vooruitsigte vir groei oor die medium termyn. Interest Plus Suid Afrikaans Rentedraend Kort Termyn Die fonds se doelwit is om hoër opbrengste as dié van geldmarkfondse te lewer, en soortgelyke likiditeitvlakke, sonder om risiko beduidend te verhoog. Beleggingsminimums vir maandelikse beleggings: R1 000 International Growth Fund of Funds A Veelsydig Investors Fund A7 Die fonds streef hoër as gemiddelde kapitaalgroei oor die medium tot lang termyn na. Hierdie randgedenomineerde fonds belê in n spreiding van internasionale aandele, effektegebaseerde en geldmarkeffektetrusts. Suid Afrikaans Die fonds poog om voortreflike opbrengste oor die medium tot langer termyn te bied. Dit belê in aandele oor al die sektore van die aandelemark, met die grootste fokus op die Top 100 aandele. Prestasie Transaksiekostgings Beleg Plaaslike Buitelandse fooikomponent UITKERINGS Bates Bates Min. Maks. TOV (TK) kostes DATUMS RISIKO 0.86% 0.87% 0.03% 0.90% Konserwatief 2.00% 2.08% 0.18% 2.26% Junie 0.80% 1.16% 0.03% 1.19% 1.43% 1.45% 0.23% 1.68% Junie 0.63% 0.65% 0.65% Junie 2.00% 2.72% 2.72% Junie 1.54% 1.40% 0.40% 1.80% Junie * Die Klas Afonds het vanaf 1 Januarie 2015 opgehou om prestasieverwante diensfooie te vra. Aangesien TOV s oor deurlopende 36maandetydperke bereken word, sal n gedeelte van die prestasiefooie wat in 2013 ** Die Klas Afonds het vanaf 1 Januarie 2017 opgehou om prestasieverwante diensfooie te vra. Aangesien TOV s oor deurlopende 36maandetydperke bereken word, sal n gedeelte van die prestasiefooie wat in 2014, Die is n historiese maatstaf van die impak wat die aftrekking van bestuurs en bedryfskoste op n fonds se waarde het. n Hoër TOV impliseer nie noodwendig n swak opbrengs nie, en n 4
FONDSE vervolg FONDSE VERVOLG Managed Alpha Equity ** Die fonds streef bestendige kapitaalgroei na wat die langtermyngemiddelde van die algemene aandelesektor oortref. Dit belê hoofsaaklik in SA aandele deur n kwantitatiewe beleggingsproses te volg. Maximum Return Fund of Funds A Veelsydig Die fonds se doelwit is om die maksimum moontlike beleggingsopbrengs oor n lang beleggingstermyn te verkry. Hoewel die primêre fokus op aandele is, verhoed dit nie die fondsbestuurder om ook in effekte, genoteerde eiendom, kontant of ander bateklasse te belê om langtermyngroei te maksimeer nie. Mid & SmallCap Aandele & Klein Kapitalisasie Die fonds streef voortreflike opbrengste oor die medium tot langer termyn na. Dit belê in middelgroot en klein maatskappye wat buite die FTSE/JSE Top 40 Indeks val. Moderate Balanced # Multibate Aandele Die fonds se doelwit is om langtermyngroei bo inflasie op n aktief bestuurde, matig gebalanseerde beleggingsportefeulje te behaal. Die aandeleblootstelling sal ooreenstem met die tipiese blootstelling van multibateportefeuljes met n medium aandelekomponent. Money Market # Suid Afrikaans Rentedraend Geldmark Die fonds se doelwit is om beleggers se kapitaal te beskerm en terselfdertyd hoë vlakke van inkomste te bied. Dit belê in geldmarksekuriteite met n vervaldatum van minder as 12 maande. Beleggingsminimums vir maandelikse beleggings: R1 000 RAFI 40 Tracker Die fonds se hoofdoelwit is om langtermynkapitaalgroei te bied, met n sekondêre doelwit om met verloop van tyd n redelike inkomste te lewer. Dit word behaal deur die FTSE/JSE RAFI 40 indeks na te volg. Plaaslike Bates Buitelandse Bates Min. Maks. TOV Prestasiefooikomponent Transaksiekoste (TK) Beleggingskostes UITKERINGS DATUMS 1.54% 1.45% 0.54% 0.24% 1.69% Junie RISIKO 2.02% 0.12% 2.14% 1.71% 1.73% 0.15% 1.88% Junie 2.00% 0.30% 2.30% Junie Aggressief 0.57% 0.58% 0.58% Maandeliks Konserwatief 0.86% 0.90% 0.12% 1.02% Junie * Die Klas Afonds het vanaf 1 Januarie 2015 opgehou om prestasieverwante diensfooie te vra. Aangesien TOV s oor deurlopende 36maandetydperke bereken word, sal n gedeelte van die prestasiefooie wat in 2013 ** Die Klas Afonds het vanaf 1 Januarie 2017 opgehou om prestasieverwante diensfooie te vra. Aangesien TOV s oor deurlopende 36maandetydperke bereken word, sal n gedeelte van die prestasiefooie wat in 2014, Die is n historiese maatstaf van die impak wat die aftrekking van bestuurs en bedryfskoste op n fonds se waarde het. n Hoër TOV impliseer nie noodwendig n swak opbrengs nie, en n 5
FONDSE vervolg FONDSE VERVOLG Real Income # Lae Aandele Plaaslike Bates Buitelandse Bates Min. Maks. TOV Prestasiefooikomponent Transaksiekoste (TK) Beleggingskostes UITKERINGS DATUMS RISIKO Konserwatief Die fonds streef om n inkomste te lewer wat in ooreenstemming met inflasie groei, en terselfdertyd die kapitaalvlak oor tyd te handhaaf en enige verliese oor n 12maandetydperk tot die minimum te beperk. Die portefeuljebestuurder bestuur batetoewysing aktief om uit veranderende marktoestande voordeel te trek. 1.37% 1.43% 0.09% 1.52% Maart Junie September SA Quoted Property Eiendom Die fonds se doelwit is om volhoubare voorbelaste inkomste te genereer en terselfdertyd die oorspronklike beleggingskapitaal te laat groei. Dit belê in belê in uitgesoekte genoteerde kommersiële en industriële eiendomsaandele. 1.43% 1.44% 0.03% 1.47% Maart Junie September Stable Growth # * Lae Aandele Die fonds streef om reële opbrengste van VPI + 2% oor deurlopende 3jaartydperke te behaal. Nog n doelwit is om die risiko van kapitaalverlies oor 18 maande tot die minimum te beperk. Die fonds voldoen aan aftreefondswetgewing. 1.71% 0.21% 0.07% 1.78% Junie konserwatief Top 40 Aandele Groot Kapitalisasie Die fonds streef langtermynkapitaalgroei na deur die prestasie van die FTSE/JSE Top 40 Indeks na te spoor. 0.68% 0.74% 0.23% 0.97% Maart Junie September * Die Klas Afonds het vanaf 1 Januarie 2015 opgehou om prestasieverwante diensfooie te vra. Aangesien TOV s oor deurlopende 36maandetydperke bereken word, sal n gedeelte van die prestasiefooie wat in 2013 ** Die Klas Afonds het vanaf 1 Januarie 2017 opgehou om prestasieverwante diensfooie te vra. Aangesien TOV s oor deurlopende 36maandetydperke bereken word, sal n gedeelte van die prestasiefooie wat in 2014, Die is n historiese maatstaf van die impak wat die aftrekking van bestuurs en bedryfskoste op n fonds se waarde het. n Hoër TOV impliseer nie noodwendig n swak opbrengs nie, en n
Hulplyn 0860 234 234 Faks +27 21 509 7100 Internet www.omut.co.za Effektetrusts is gewoonlik medium tot langtermynbeleggings. Vorige prestasie is nie n aanduiding van toekomstige prestasie nie. Die waarde van u belegging kan oor die korter termyn in ooreenstemming met markbewegings styg en daal. Wisselkoersbewegings kan die waarde van onderliggende internasionale beleggings laat styg of daal. Effektetrusts kan sekuriteite leen en uitleen. Die fonds se weerspieël die persentasie van die gemiddelde netto batewaarde van die portefeulje wat as koste, heffings en fooie met betrekking tot die bestuur van die portefeulje aangegaan is. n Hoër TOV impliseer nie noodwendig n swak opbrengs nie, en n lae TOV impliseer ook nie n goeie opbrengs nie. Die huidige TOV kan nie as n riglyn vir toekomstige TOV s beskou word nie. n Lys van fooie, koste en maksimum kommissie is by Unit Trust Managers (RF) (Pty) Limited (OMUT) verkrygbaar. U kan u belegging verkoop teen die heersende prys van die dag (om 15:00 op n vooruitprysingsgrondslag bereken en 17:00 teen die maandeinde vir RAFI 40 Tracker Fund, Top 40 Fund en SYm metry Equity Fund of Funds). Die Money Market Fund se onderaandeelprys poog om staties te wees, maar beleggingskapitaal word nie gewaarborg nie Die totale opbrengs bestaan hoofsaaklik uit rente (wat daagliks om 13:00 verklaar word), maar kan ook enige wins/verlies op n bepaalde instrument insluit. In die meeste gevalle sal dit bloot die daaglikse opbrengs verhoog of verlaag, maar in uiterste gevalle kan dit die kapitaalwaarde van die fonds verminder. Spesialisaandelefondse kan n groter risiko inhou, aangesien blootstellingsperke ten opsigte van n enkele sekuriteit hoër kan wees. n Voederfonds is n portefeulje wat, afgesien van bates in likiede vorm, uitsluitlik uit deelnemingsbelange in n enkele portefeulje van n kollektiewe beleggingskema bestaan. n Fonds van fondseeffektetrust belê slegs in ander kollektiewe beleggingskemas, wat hul eie koste kan vra. Sekere fondse kan tydelik vir nuwe besigheid gesluit word om ooreenkomstig hul mandaat bestuur te word. Hierdie portefeuljes bevat verskillende onderaandeelklasse, wat aan verskillende fooie en koste onderhewig is. Unit Trust Managers (RF) (Pty) Limited is n lid van die Vereniging vir Spaar en Belegging SuidAfrika (ASISA).