HOËRSKOOL PORTERVILLE

Like dokumenter
Kriteria vir kultuurprestasie (hersien Januarie 2018)

Kriteria vir toekennings van kultuurprestasies Hersien in Januarie 2018

INTERMEDIÊRE FASE GRAAD 6 NOVEMBER 2017 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 NASIENRIGLYN

EERSTE UITGAWE VAN DIE JAAR: 31 JANUARIE 2014

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRFA.3 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 NOVEMBER Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye en 1 bylaag.

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 MEMORANDUM

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT REKENINGKUNDE GRAAD 12 FEBRUARIE/MAART 2016 SPESIALE ANTWOORDEBOEK

Sing vooraf staande: Psalm 27:4, 5 (p. 127)

SPORTTOER: SKOOLVAKANSIE:

DOEL MET KULTUURDEELNAME

voete én in trane. Hulle optredes getuig van talent met toneelspel uit die boonste rakke. Die toneelstuk, Strepiespajamas, word as streekswenner

INHOUD INLEIDING... 1

INHOUD INLEIDING JARIGE FEES... 2

Ps.119:89. Parashah 1 Bereshit In die begin. Gen.1:1 6:8 Jes. 42:5-43:10 Matth.1:1-17;19:3-9; Mark.10:1-12; Joh.1:1-18; OP.21:1-5; 22:1-5.

Psalm 91:1-7 (NLV) Op God kan ek vertrou. 22/08 23/08 25/08 27/08 31/08 1/09 12/09

OMSENDBRIEF 26 Augustus 2017

HOËRSKOOL OUTENIQUA. Baie sterkte aan van die gr. 12-leerders en die die gr. 11-leerders wat tydens die vakansie die lenteskool by die skool bywoon

Leer hierdie psalm en versie uit jou kop uit!

Hierdie afgelope week was daar weer etlike oomblikke gewees waar ons skool en ons leerders hulle hande kon saamslaan in dankbaarheid en

God se plan vir optimale geestelike groei in elke gelowige.

STRUKTUUR VAN DIE KATEGISMUS

Wat is in die boks? 7. Wat is in die boks? Lees my eers 8

ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING

Vinkie. Laerskool Fairland. UIT DIE HOOF SE KANTOOR Personeel sê dankie aan leerders op dié manier!

GRAAD 12 SEPTEMBER 2016 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 MEMORANDUM

Trapkarre. AANGEBIED DEUR DIE Ingenieurstudenteraad. 18 September

KAPTEIN VERDWYN. Onderwysersgids. Nota: Hierdie gratis gids mag na goeddunke gekopieer en gebruik word.

Die Heidelbergse Kategismus

Uit die hoof se pen...

Hoërskool Dr. E.G. Jansen

Op die Oog af. MEI April 2014 Bybelse Ete

INHOUDSOPGAWE. Inleiding...2. Apostoliese geloofsbelydenis...3. Die twee Sakramente...7. Filippense 2: Apostoliese geloofsbelydenis...

DIE WENSLIKHEID V A N 'N HERSIENING VAN DIE AFRIKAANSE VERTALIN G VAN DIE BYBEL*).

LAERSKOOL LOUIS LEIPOLDT: SKOOLPLAN

Jaarverslag 2008/2009

DIE EERSTE BRIEF AAN TIMOTEUS

AANSOEK OM TOELATING

The first day of the 2014 Boland Youth and Junior Championships took place on Thursday 27 February 2014 at the Dal Josaphat Stadium in Paarl.

SELF-STUDIEGIDS VIR TAALONDERWYSERS SKRYF VAN: KREATIEWE TEKSTE LANGER TRANSAKSIONELE TEKSTE KORTER TRANSAKSIONELE / NASLAAN / INFORMATIEWE TEKSTE

HOËR TEGNIESE SKOOL BELLVILLE AANSOEKVORM

TROFEE-WYNSKOU OLD MUTUAL

5/2014 Liewe Ouers Annieka Moolman

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

JAARVERSLAG VYFTIG-JARIGE HERDENKINGSJAAR NA GRAAD 12 HERMERKE 2016 JAARVERSLAG 1

Liewe Ouers Ek wil aan al die onderwysers, leerlinge en ouers van Die Hoërskool Menlopark opreg bedank vir die manier hoe almal my verwelkom het.

Kopiereg 2017 Hoërskool Linden. Alle regte voorbehou.

TE WEET. 28 Jan. 3 Feb. 2018

Gr 12 Wiskunde Nasionale November 2014: Vraestel 1 GR 12 WISKUNDE - EKSAMENVRAESTELLE

1 KONINGS. Inleiding 1 en 2 Konings

DEPARTEMENT REKENINGKUNDE UP

~tu~enternassa keur Inlywingsaksie goe~

GRAAD 12 SEPTEMBER 2015

Vry en volkleur. Ligte, SOMER R26 (BTW ingesluit) R22,81 (Buiteland) aksie!

GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT

DIE UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT FAKULTEIT GESONDHEIDSWETENSKAPPE JAARBOEK SKOOL VIR GENEESKUNDE EERSTE GRADE EN DIPLOMAS

STUDENT GATEWAY GPS

Gr 10 Gr 11 Gr 12 Spesiale Toekennings / Special Awards

OU O ER E - HA H ND N LEI E D I IN I G N

GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON

My doelwitte vir hierdie jaar. Inhoudsopgawe. Beplanner 2016 September 16 Oktober 30 November 42 Desember 54

VERENLID NO NAAM VAN M J D KALIBER KAL KAT GROEP BJV 185 DANNY MULLER VK 3.81 BJV 5257 ELISIO RECH 1 1 6X45 KK 5.53 BJV 311 FRANS GREEF 1

JAARBOEK Fakulteit Ingenieurswese Voorgraads. DEKAAN: Prof. JIJ Fick

Mees Algemene Vrae. 1. Wat beteken n multi-belanghebberorganisasie?

Aansoek om Lidmaatskap


AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

R35.00 Issue 109 November 2014 WEN THE NEVILLE FOORD CHALLENGE : ALBRIGHT MUDDIE MAGIC ISSN

NG KERK OOSTELIKE SINODE AGENDA

Track Events-23 September 2016 Evening Finals 200m's Finale/Finals Lane 1 SK Lane 2 SK Lane 3 SK Lane 4 SK 18:40 200m Girls 14 M. Tswilwan HPP M.

CHASA BEKWAAMHEIDSTOETS LESINGS

VAN DER LINDE FAMILIEBOOM

GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Die Winsbees The Profit Breed

JUTA SE PARALLEL TAALSERIE (AFRIKAANS EN ENGELS) VIR SUIDAFRIKAANSE SKOLE DEUR H. H. BROODRYK, B.A.,

Bedrogbeleid en -reaksieplan

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Top 100 Nasionaal - Eerste Addisionele Taal

Gustaf Bauer VM (40+) Johan Fourie VM (40+) Stefan Bohlke MM (50+)

Kopiereg 2008 J.G. Barkhuizen 165

SUID AFRIKAANSE VARSWATER OEWERHENGEL VERENIGING BYLAE A TOT DIE GRONDWET

JAARBOEK Fakulteit Natuurwetenskappe Voorgraads. DEKAAN: Prof. dr. J.J. Pienaar

Uitgegee deur: Tel: / Faks: Epos:

MUNISIPALITEIT KREDIETBEHEER- EN SKULDINVORDERINGS BELEID

BEPLANNINGSTUOIE VAN DIE ~ltejn KAROO VERSLAG STELLENBOSCH. deur. deur Prof. D. Met erkenning van bydraes deur : ( E. Stander S.J.

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 DRAMATIESE KUNSTE MEMORANDUM

Copyright! All rights reserved Nederlandsk side 1 av 6

Geïntegreerde Jaarverslag 2015

Transkript:

HOËRSKOOL PORTERVILLE Posbus 22 6810 Tel: (022) 931 2174 Faks: (022) 931 3321 e-pos: sekretaresse@porterhs.co.za 28 Maart 2014 Kwartaalbrief 1/2014 Geagte Ouers UIT DIE SKOOLHOOF SE PEN Hiermee wil ek graag van die geleentheid gebruik maak om almal te bedank wat betrokke was by die Sportdag, hetsy met die reëlings, bydraes, hulp, deelname of ondersteuning. U betrokkenheid het van die afgelope Sportnaweek n uiters suksesvolle byeenkoms gemaak. Wees verseker dat dit uit die diepte van ons harte waardeer word. Sonder u hulp sou dit verseker nie moontlik kon wees nie en sou alles nie so vlot kon verloop soos wat dit het nie. Ons hier by HSP, is trots om ouers, opvoeders en leerders soos u te kan hê. NOGMAALS BAIE DANKIE!! RUGBY Gedeelte aangehaal uit berig in Stoopstats (vertaal in Afrikaans) Daar kom 'n tyd in elke skole rugbyliefhebber se lewe wanneer die gebeurtenis self eintlik soveel meer belangrik is as wat die spel is. Alle soorte mense het opgedaag in alle vorme om na verskeie spanne van verskeie skole te kom kyk. Hierdie jaar se byeenkoms wat op Vrydag 21 en Saterdag 22 Maart, gehou is, het jongmense van so ver as Martin Oosthuizen in Kakamas, Noord-Kaap, Punt, Hoërskool Langenhoven, Sentraal (Bloemfontein) en Union High van Graaff Reinet opgelewer. Die Vrydag het laer ouderdomsgroep rugby opgelewer. Saterdag is daar afgeskop met soortgelyke rugby wat daarna opgevolg is met die groter ouderdomsgroep rugby wedstryde. Gedurende die twee dae was daar n massiewe samekoms by die nabygeleë Gholfklub vir n heerlike potjiekos-ete. By die twee gashere, mnr. Engelbrecht en mnr. Redelinghuys kan daar geen twyfel bestaan oor die reuse sukses van hierdie gebeurtenis nie, een waarvan die profiel van die sport in n groot, dun bevolkte streek van die Wes-Kaap op sigself verhoog is.

Daar was n tipe van vibe wat jy nie regtig kon beskryf nie, n mens kon net daar sit en in die belewenis deel. 1. BEDANKING Weereens baie dankie aan so baie van u wat op n onbaatsugtige wyse by die skool betrokke is. U hulp word raakgesien en opreg waardeer. Ons wil veral dankie sê aan ouers wat hierdie kwartaal betrokke was by die: sportkafee s atletiekafrigting rugby- en netbalafrigting beamptes by atletiekbyeenkomste borgskappe, donasies en fondsinsamelings toesig by klasse en sokkies bederf van personeel Ons konvenors was weereens staatmakers. Dankie aan Amanda Gloyne en ons konvenors wat sorg dat ons kombuis vol flukse mammas en pappas is om ook daar hul deel te doen! Hulle is: Helga Nortjé Marelise Treurnicht (Tydelik) Hester Daniëls Marleen Giliomee Minette Burger 2. SKOOLTYE VIR DIE TWEEDE KWARTAAL Skool heropen : Maandag, 7 April Graad 1 : 07:30-13:00 Graad 2-12 : 07:30-14:00 Let wel: 3. PERSONEEL Tilla Esterhuyse Hanlie Louw Anlé Rademan Stella Steyn Die skool begin met Maandag se rooster. Wena van der Merwe Juf. Elaine Bester is met kraamverlof vanaf 1 Februarie. Juf. Marianne Hanekom is met siekverlof tot die 2de kwartaal. Nuwe personeel : Juf. Tiani Visagie (Gr. 1) Juf. Carla Vorster (Afrikaans Gr. 10-12) Mnr. Jeandré Eygelaar (Rekeningkunde Gr. 10-12) (Kleinskooltjie) : Johanna Victor (Algemene Werker) Tydelike personeel : Juf. Maureen van Rooyen (Leerondersteuning) Aflos personeel : Willemien Burger (los af in Juf. Bester se plek) Algemeen : Juf. Boonzaaier (los af in juf. Hanekom se plek) 4. A-KANDIDATE 2013 Ons A-kandidate van 2013 is Marike Wilkens (83,1%), Lindie Stemmet (83,3%), Fourie Nel (84,6%) & Andria de Lange (91,4%). Ons wag nog vir hernasien uitslae vanaf die matrieks 2013. Baie geluk aan bogenoemde leerders en hul ouers.

5. LEERDERBYWONINGSBELEID Ons bring net weer die leerderbywoningsbeleid onder u aandag: Indien n leerder 10 (tien) dae aaneenlopend afwesig is, daar kontak met die ouers beding is, en daar geen rede of versoening aangebied word nie, sal so n leerder onmiddellik vanaf SOBIS verwyder moet word. So n leerder sal dan weer moet heraansoek doen om toelating tot die skool. 6. RAPPORTE / ASSESSERINGSVERSLAE Saam met hierdie omsendbrief ontvang u n rapport/assesseringsverslag. Daarin kan u sien hoe u kind gedurende hierdie kwartaal akademies gevorder het. Bespreek dit asseblief met u kind. Diegene wat nie so goed presteer het nie, sal n besluit moet neem om volgende kwartaal meer getrou te werk. Vergewis uself asseblief van die KABV slaagvereistes vir die Senior Fase (Gr 7-9) vanaf 2014. U kind MOET die slaagvereistes bereik in die onderstaande drie leerareas: Huis Taal (Vlak 4) 50% Engels (Vlak 3) 40% Wiskunde (Vlak 3) 40% - Wiskunde word gekondoneer vanaf 30% slegs vir jaareinde) Die onderstaande geld vir die oorblywende ses leerareas: Enige 3 leerares (Vlak 3) 40% Enige 2 leerareas (Vlak 2) 30% Een leerarea mag gedruip word Die effek hiervan is kommerwekkend vir ons as skool na die afgelope toetsreeks. Ons vestig u aandag daarop dat u asseblief u kind(ers) se rapporte/ assesseringsverslae moet onderteken en op Maandag, 7 April, na die skool terugstuur. 7. OUERAAND Op die leerders se rapport is ouers reeds in kennis gestel dat opvoeders hulle wil spreek. Slegs afsprake met dié ouers sal vir die oueraand van 15 April gereël word. Hierdie reëling geld vir graad 4 12. U sal in kennis gestel word van die spesifieke tyd vir u afspraak. Graad 1 3 ouers sal in kennis gestel word indien hulle die oueraand moet bywoon. Indien u kind nie geïdentifiseer is vir n afspraak nie, maar u wil graag n opvoeders(s) spreek, is u welkom om n afspraak te maak op n ander datum. 8. SKOOLKLERE Leerders trek somersdrag aan totdat ons u oor die wintersdrag in kennis stel. Gewoonlik verander die weer teen die einde van April. Maak asseblief seker dat u kind se wintersdrag reeds aan die begin van die kwartaal reg is.

Ter wille van die nuwe leerders en ouers gee ons weer die wintersdrag: Graad 8-12 Dogters: Voorgeskrewe somersrok, swart sykouse OF langbroek met langmou wit hemp, voorgeskrewe skooldas en wit sokkies MET voorgeskrewe skoolbaadjie, donkerblou trui met skoolkleure/ pull-over - indien nodig - en swart skoolskoene met veters of bandjies oor die voet. Seuns: Grys langbroek, wit skoolhemp, voorgeskrewe skooldas, grys sokkies met skoolkleure, voorgeskrewe skoolbaadjie, donkerblou trui met skoolkleure/ pull-over - indien nodig - en swart toerygskoene. L.W. Die voorgeskrewe skoolbaadjie is verpligtend. Die skooltrui/ pull-over mag nie sonder die baadjie gedra word nie. Hierdie reël geld wanneer volle wintersdrag gedra word. APRILMAAND: Graad 1-7 (seuns en dogters) Gewoonlik is die weer van so n aard dat volle wintersdrag nie n vereiste is nie. Leerders mag in hierdie tyd hul pull overs sonder die baadjie dra (seuns en dogters). Hulle mag gedurende die winter die voorgeskrewe skoolsweetpak dra saam met n wit hemp, das, sokkies en skoolskoene. Onder die sweetpak mag die skooltrui/ pullover gedra word. Die sweetpak moet toegerits wees. Andersins kan presies dieselfde kleredrag soos voorgeskryf vir graad 8 12 gedra word (nie langbroek vir die dogters nie). n Skoolbaadjie is egter nie verpligtend vir laerskoolleerders nie. Merk asseblief u kinders se besittings duidelik. sportsakke by die skool opgetel wat naamloos is. Daar word gedurig klere en ALLE LEERDERS: Slegs die HSP-serpe wat by die klerewinkel beskikbaar is, mag gedra word. 9. KLEREWINKEL Die voorlopige tye vir die tweede kwartaal is. Maandae 07:15-07:45 Dinsdae 13:45-14:15 Donderdae 13:45-14:15 Vrydae 13:45-14:15 10. RUGBY- en NETBALOEFENINGE Rugby en Netbaloefeninge neem in aanvang op Dinsdag, 8 April, soos aangedui op die middagrooster. Op Donderdag, 10 April word normale tye geoefen. 11. DETENSIE Slegs op weke wat eindig op n Vrydag sal daar detensie wees. Indien n leerder enigsins n probleem het met die datum, moet dit so gou as moontlik direk met die skoolhoof uitgesorteer word.

12. KWARTAALOORSIG ATLETIEK Interhuis Atletiek Weereens n opwindende dag! Die paviljoene het mooi gelyk en die gees was goed. Dankie vir al die leerders se opgewondenheid, personeel se entoesiasme en ouers se teenwoordigheid en betrokkenheid. Die kaptein, kapteine en dirigente van die onderskeie Huise was as volg: HUIS KAPTEIN KAPTEINE DIRIGENTE BASTIAANSE Jaydian Doman Mardi Breytenbach Gino Fredericks Gail Faro Austin Fredericks McCLEAN Jan-Louis Nortje Bianca Mackriel Cas Mouton Johan Haasbroek Marietjie Hagen PIENAAR Reinhardt Wessels Lize Simon Thembela Sifile R.W. Uys Keanu Patience BESTE SEUNSATLEET BESTE DOGTERSATLEET Daniël Knoetzen (McClean) O/10 Dané Kellerman (Mc Clean) Derron van Wyk (Pienaar) O/11 Janie van der Merwe (Pienaar) Gideon Cruywagen (Bastiaanse) O/12 Francesca Olivier (Pienaar) Wilberd Waterboer (Pienaar) O/13 Antoinette Burger (Bastiaanse) Shaan-D Ockhuis (Pienaar) O/14 Elzanne Liebenberg (McClean) Adriaan Haasbroek (McClean) O/15 Jana Janse van Rensburg (McClean) Corben Isaacs (McClean) O/17 Jolandie Burger (Bastiaanse) J.H. Smal O/19 Anandie Burger (Bastiaanse) Huis Pienaar het die Wenbeker & Huis Bastiaanse het die GEES-beker gewen. Nuwe Rekords: Baie geluk aan die volgende leerders wat n rekord verbeter het tydens die Interhuis Atletiek: Inge von Wielligh Diskus D/12 Joané Wilkens Spiesgooi D/14 Henco de Beer Diskus S/14 Cornel Vlok Gewigstoot D/15 Lyzanne Janse van Rensburg Spiesgooi D/17 Glen-Brey Fortune Diskus S/17 Mardi Breytenbach Diskus D/19 (1968 rekord verbeter) Elzanne Liebenberg 300mH D/14

90mH Wilberd Waterboer 200mH S/13 80mH Antoinette Burger 1500m D/13 800m Reinette van der Merwe 400 m D/14 Adriaan Haasbroek Hamergooi S/15 Plattelandse Interskole Atletiekbyeenkoms Vir die eerste keer het Hoërskool Porterville n Plattelandse Interskole Atletiekbyeenkoms gehou op Dinsdag, 11 Februarie teen H/S, L/S Dirkie Uys en Hopefield. Die uitslae was soos volg: Medaljes (sonder aflosse) Goud = 60 Silwer = 44 Brons = 30 Platteland Atletiekspan Ons is baie trots op ons atlete se prestasies tydens die Platteland Byeenkoms. Die volgende leerders het die Wes-Boland Span verteenwoordig: Laerskool Wes-Boland Atletiek uitslae: Eerste Plekke: Inge von Wielligh (D/12 DG); Antoinette Burger (D/13 SG); Jani van der Merwe (D/11 HS); Cassidy Visser (D/13 HS); Wilberd Waterboer (S/13 80mH & 200mH). Tweede Plekke: Jana Cronje (D/13 DG); Hennis van Deventer (S/12 DG). Derde Plekke: Anke van der Merwe (D/13 DG); Mari de Lange (D/13 VS); Jude Isaacs (S/13 80mH); Mondré Allies (S/11 HS). Hoërskool Wes-Boland Atletiek uitslae: Reinette van der Merwe D/14 200m & 400m 1ste plek (rekord verbeter) Cornel Vlok D/15 GS 2de plek HG 3de plek Jana Janse van Rensburg D/15 800m 2de plek 1500m 3de plek Elzanne Liebenberg D/14 90mH 2de plek 300mH 3de plek Gisela Nel D/17 HG 2de plek Lyzanne J.v. Rensburg D/17 SG & DG 2de plek Mariska Vlok D/17 HG 3de plek Patricia Baadjies D/17 HS 2de plek J.H. Smal M/19 VS 2de plek Christiaan Gous S/17 100m & 200m 2de plek Glen-Brey Fortune S/17 110mH & VS 1ste plek Jody Solomon S/17 400m 2de plek Adriaan Haasbroek S/15 HG 1ste plek

Rowaldo Hollenbach S14 100mH 2de plek Dirk Olivier S/17 HG 3de plek Henco de Beer S/14 DG & GS 1ste plek (rekord verbeter) Cas Mouton S/17 HS 1ste plek Shaan-D Ockhuis S/14 300mH 3de plek Mardi Breytenbach V/19 HG, DG & GS 1ste plek Anandie Burger V/19 400mH & 100mH 1ste plek Lize Simon V/19 400m & 800m 1ste plek Laerskool Boland Atletiekspan Die volgende atlete is opgeneem in die Bolandspan: Jani van der Merwe (D/11 HS) Inge von Wielligh (D/12 DG) Wilberd Waterboer (S/13 80mH & 200mH) Hoërskool Boland Atletiekspan Die volgende leerders is opgeneem in die Bolandspan: Mardi Breytenbach - V/19 DG (2de) +HG (1ste) Lize Simon - V/19 400m + 800m (2de) Anandie Burger - V/19 100mH (2de) + 400mH (3de) Elzanne Liebenberg - D/14 300mH (2de) Reinette van der Merwe - D/14 400m (1ste) J.H. Smal - M/19 VS (3de) Cas Mouton - S/17 HS (3de) Glen-Brey Fortune - S/17 VS + DS (3de) Henco de Beer - S/14 GS + DG (2de) H/S Wes-Kaap Atletiek Die volgende leerders het soos volg presteer: Mardi Breytenbach D/19 HG 1ste plek DG 2de plek Reinette van der Merwe D/14 400m 1ste plek Anandie Burger D/19 400mH 2de plek 100mH 3de plek Lize Simon D/19 800m 3de plek 400m 4de plek Henco de Beer S/14 DG 3de plek GS 4de plek J.H. Smal S/19 VS 4de plek Cas Mouton S/17 HS 4de plek SWEM Interhuis Swemgala: Ons het n baie opwindende gala gehad. Die swemgala het weer tussen die 3 Huise plaasgevind.

n Spesiale gelukwensing aan ons wenners van elke ouderdomsgroep: Die wenspan van die dag was Huis Bastiaanse met 552 punte. In die 2de plek was Huis McClean met 463 punte, en in die 3de plek was Huis Pienaar met 375 punte. Die volgende rekords is ook verbeter: Wim Treurnicht S/9 50m Vryslag Jani van der Merwe D/11 25m Vryslag Daniël Knoetzen S/10 25m Borsslag (12 jaar-oue rekord : 2002 van Reinhardt Köstens) S/10 50m Borsslag Jani de Lange D13 50m Vryslag (20 jaar-oue rekord: 1994 van Juané Raats) 100m Vryslag Danelle Behm D/14 100m Vryslag D/14 50m Borsslag D/14 100m Borsslag D/14 25m Vlinderslag (21 jaar-oue rekord: 1993 van Martie Coetzee) Bastiaanse A H/S Dogters 4x25m IW Aflos - OPE Span: Jolandi Burger, Danelle Behm, Grethe du Plessis, Chrizelle du Plessis Bastiaanse A Dogters /19 4x25m Vryslag Aflos Span: Anandi Burger, Anke Bleeker, Danelle Behm, Jolandie Burger Ouderdomswenners: Ouderdomsgroep Dogters Seuns 7 Jaar 7 jaar Cornelia Destroom Deodan Jansen 8 Jaar Lisa Snyders Eduan Louw 9 Jaar Jacolene du Toit Wim Treurnicht 10 Jaar Dané Kellerman Daniël Knoetzen 11 Jaar Jani van der Merwe Paul Louw 12 Jaar Inge von Wielligh Darius Rademan L/S 0/14 Jaar Jani de Lange Rohan Knoetzen H/S 0/14 Jaar Danelle Behm Theun Burger 0/16 Jaar Jolandie Burger Dewaldt J v Rensburg 0/19 Jaar Anandie Burger Leighton Hendricks WP Junior Swemkampioenskappe Die volgende leerders het deelgeneem aan die WP Junior Swemkampioenskappe op 1 Maart: Daniël Knoetzen, Rohan Knoetzen, Paul Louw, Anke van der Merwe en Jani van der Merwe. Hoërskool Vredenburg Swemgala Die volgende leerders het medaljes ontvang:

O/14 Danelle Behm - Borsslag (goud), Vlinderslag (goud) & Vryslag (goud) O/17 Charlize van Zyl - Rugslag (goud) & Vryslag (brons) Dewaldt J.v.Rensburg - Rugslag (goud) & Vlinderslag (silwer) O/19 Leighton Hendricks - Rugslag (brons) TOP 10 NETBAL Die volgende leerders is gekies vir die Top 10 Netbal: Anandie Burger, Jana Janse van Rensburg, Magriet Cronje, Anika Kotzé, Elana du Plessis, Lerina Burger, Lize Simon, Patricia Baadjies, Ragnhild Olivier & Sashen Cox. Die Top 10 toer die vakansie na die Noorde. Hulle vertrek Saterdagoggend, 29 Maart en keer die dag wat die skool begin terug. Ons besoek Raloka Netbalplaas van Elize Kotzé, huidige SA Afrigter. Onder haar bekwame hande gaan daar vir 4 dae aandag gegee word aan alle aspekte van die spel. Geniet dit! HSP SPORTNAWEEK Die laaste naweek van die kwartaal het ons afgesluit met n fees van netbal en rugby. Hierdie sportnaweek is gereël ten bate van HSP se groot fondsinsameling vir die jaar. 24 Skole (Hugo Rust, Hendrik Louw, Mikro, Noord-Eind, HMS se L/S, Overberg, Rijk Tulbagh, Willemsvallei, Langenhoven, Union High, HMS se H/S, HJS, Dirkie Uys, Bonnievale, Worcester Gim, Schoonspruit, Augsburg, Tygerberg, Martin Oosthuizen, Stellenberg, Punt, Sentraal van Bloemfontein, Labori en Noord-Kaap het deelgeneem aan hierdie geleentheid. Die spanne wat deelgeneem het is: L/S Netbal - O/12 & O/13 L/S Rugby - O/9, O/11 & O/13 H/S Netbal - O/14, O/16 & O/19A H/S Rugby - O/15A, O/16A & O/19A+B Dankie vir twee dae van heerlike Rugby en Netbal. Baie dankie vir elkeen se bydrae om van hierdie dag n groot sukses te maak. Die twee dae se verrigtinge het baie goed verloop. Baie dankie aan almal wat Hoërskool Porterville se naam hoog gehou het. Dankie ook aan n ieder en elk wat HSP kom ondersteun het!! KRIEKET Wes-Boland Hoërskole Krieket Die volgende leerders is opgeneem in die Wes-Bolandspan: O/15 Albert du Plessis O/17 Johan Haasbroek O/19 Darren van Wyk GHOLF Die Gholf Somerliga het begin op 3 Februarie.

UITSTAPPIES & KULTUUR Graad 11- Beach Walk Hierdie goeie spanbou naweek, wat jaarliks aangebied word vir ons graad-11 leerders, het op Saterdag, 18 Januarie plaasgevind. Graad 12-Kamp Ons graad-12 kamp het plaasgevind by die Hoërskool se swembad. Die doel van die kamp is om die leerders toe te rus en te motiveer vir hul matriekjaar. Maynardtville Uitstappie Die graad 12-leerders het op 4 Februarie die opelugteater te Maynardtville in die Kaap besoek as deel van hul Engelse voorgeskrewe werk. Hulle het die Shakespeare produksie Richard III baie geniet. Krummeltjiekonsert Die graad 8-klas het n baie suksesvolle Krummeltjie -konsert, na die inskakelingsweek, aan die begin van die jaar gehou. Huis van Riebeeck Uitstappie Ons koshuisleerders het op 29 Februarie gaan ysskaats en Ten pin Bowling gedoen. Die kinders het die uitstappie baie geniet. VCSV- kamp Die leerders het die VCSV-kamp op 14 16 Februarie te Strandfontein bygewoon. Deurnag swem Hierdie tradisie het voortgeleef op Donderdag, 27 Maart en word deur die VRL aangebied. Die swem het op Donderdag, 27 Maart om 18:00 begin en op Vrydag, 28 Maart om 06:00 geëindig. 13. L/S S.A. ATLETIEK Inge von Wielligh is die enigste leerder wat deelgeneem het aan die S.A. Laerskole Kampioenskappe en is ook die enigste leerder wat in die afgelope 20 jaar n goue medalje gewen het. Baie geluk!! 14. H/S S.A. ATLETIEK Baie geluk aan die volgende leerders wat die naweek gaan deelneem aan die S.A. Atletiekbyeenkoms op Polokwane: Mardi Breytenbach D/19 HG Reinette van der Merwe D/15 400m 15. PROEFSTUDENTE Die volgende studente besoek ons vanaf 7 25 April:

* Me. L. Gerber (Gr. 10 Wiskunde) * Me. L. Dreyer (Gr. 10 Besigheidstudies en Rekeningkunde) * Me. A. Toerien (Gr. 8-9 MBK en Geografie) * Me. W.J. Goosen (Gr. 8-9 Tegnologie en Afrikaans) * Me. C. Wiggins (Gr. 4) * Me. A. Mostert (Gr. 2 ) 16. BAIE DANKIE!! Rian & Daan Prins van Ceres vir die perskes vir die koshuis. Sandra Vlok vir die druiwe vir die koshuis. Mnr. Jacques Naudé vir die borg van die graad 9B se palmboom. Mnr. Barend Pasques & Attie Haasbroek vir die opsit van die skool se baniere. Marius & Margot Huysamer vir die skenk van die blomme vir die Sportdag. 17. LIVING BALL -BALLE Die doel van die Living Ball- balle is om dit as n instrument te gebruik om die evangelie van Jesus Christus aan die wêreld te verkondig. Elke bal is n simbool van hoop. Met hierdie balle kan elke kind speel en leer van die Woord van God. Elke bal bevat die boodskap en het die potensiaal om elke kind se lewe te verander wat daarmee in aanraking kom. Daar is n hele sendingnetwerk oral in die wêreld wat die sportballe gebruik as instrument om bekend te maak dat Jesus Lewe. Dit word alles moontlik gemaak deur die finansiële betrokkenheid van besighede en individue. Daar word be-oog om vennootskappe met besighede en individue te sluit wat verstaan wat Jesus bedoel het toe hy gesê het go into all the world and preach the good news to all creation. Besighede en kerke word besoek met die inspirerende boodskap, Jesus Lewe. Then he said, Go into the world. Go everywhere and announce the Message of God s good news to one and all. Mark 16:15. Ons opregte dank aan Willie Opperman wat die balle vir die Rugby & Ludwigh Behm wat die balle vir die Netbal geborg het, sodat elkeen van ons kinders ook hierdie boodskap kan ontvang. 18. INTERSKOLE DEBAT & ALGEMENE KENNIS KOMPETISIE Wanneer : Dinsdag, 20 Mei Waar : Piketberg Meer besonderhede sal later deurgegee word. 19. NOODHULP Die volgende leerders slaag: Vlak 1 Kelia Daniëls, Bianca de Beer, Chrizelle du Plessis, Jana Janse van Rensburg, Lené Nortje, Farryn Roode, Monique Rossouw, Helga Truter, Cornél Vlok & Emma Zincke. Vlak 2

Elana du Plessis, Sonja Horn, Ishunay Otto, Trudie van Staden & Annuscha Willemse. Vlak 3 Ragnhild Olivier, Mardi Breytenbach, Vera-Mari Janse van Rensburg, Elzaan de Beer, Hanlie Coetzé, Mart-Mari Bester, Cecile Louw & Lize Simon. 20. REëNBAADJIES Die ouers van graad 1-3 leerders wat belangstel om reënbaadjies te bestel, moet asseblief so gou moontlik die leerders bring om baadjies te kom aanpas by die klerewinkel en dan hul bestellings te plaas. 21. BUITEMUURSE SPORT Die volgende leerders het op 8 Maart tydens die Boland JKA kompetisie wat in Stellenbosch gehou is medaljes ontvang in karate: Liza Snyders - Kata (goud) & Kumote (brons) Sha-Lee Fourie - Kata (silwer) 22. TONY STOOPS RUGBY WEEK & TOP 10 NETBAL TOER Sterkte aan die leerders wat die vakansie die Tony Stoops rugby week & die Top 10 Netbal toer gaan mee maak. ONTHOU Hou HSP se naam hoog!! 23. SWEM Baie sterkte aan die volgende leerders wat in Oos-Londen aan die SA Regional Level 1 Age Group Swimming Champioenships gaan deelneem op 28-30 Maart: Jani de Lange, Mari de Lange, Anlu Behm & Danelle Behm. Baie geluk aan die volgende leerders wat gekies is om deel te neem aan die Wes-Kaap Junior Liga Swemkampioenskappe op George gedurende April: Daniël Knoetzen, Rohan Knoetzen, Paul Louw, Anke van der Merwe & Jani van der Merwe. 24. MNR & MEJ. HSP Die Top 10 Netbal het weer eens n pragtige aand aangebied. Baie geluk aan die volgende leerders wat gekies is as Mnr en Mej Persoonlikheid : Austin Fredericks en Lize Simon Die Couple van die Aand : Reinhardt Wessels en Elana du Plessis Prins Johan Haasbroek Mnr. HSP Christiaan Gous Prinses Ragnhild Olivier Mej. HSP Lize Simon

25. WEEKPROGRAM Vrydag, 28 Maart - Skool sluit HJS Paarl O/15 rugbyweek begin Saterdag, 29 Maart - Tony Stoops rugbyweek begin Top 10 netbaltoer vertrek Raloka Ranch Maandag, 07 April - Skool begin om 07:30 Saalbyeenkoms Skool verdaag om 14:00 Personeelvergadering 14:15 Top 10 Netbaltoer terug Dinsdag, 08 April - Woensdag, 09 April - Skeidsregter-reëlbespreking en Eksamen Donderdag, 10 April - Young Communicator Kringkompetisie Mans en Dames Netbalkompetisie Vrydag, 11 April - O/12 & O/13 Rugby & Netbal Bellville Sportdag Loopbaanuitstalling - Skoolsaal BHL info-vergadering Saterdag, 12 April - H/S Rugby & Netbal Bellville Sportdag H/S Rugby & Netbal Dirkie Uys Sportdag L/S Rugby & Netbal - Olifantsvallei Aangeheg vind u die KWARTAALPROGRAM en die MIDDAGROOSTER vir die tweede kwartaal. Geniet die vakansie saam met u kinders! Vriendelike groete WILLLEM ENGELBRECHT SKOOLHOOF Almal het geloof ontvang (Lees Rom. 12:3) Moenie vrees nie (Lees II Tim. 1:7)

Oordenking vir die Week Wat is jou kosbaarste besitting? Die gesondheidsghoeru s is almal ingestel op die hart. Wel jou hart is nie net n orgaan wat bloed pomp nie. Hart beteken ook die plek waar ons lief het of haat. Die Woord sê in Spreuke 4:23 dat ons ons hart moet bewaar bo alles. Waarom is die hart so belangrik? Spreuke 4:23,... want daaruit is die oorspronge van die lewe. As jou hart besoedel is dan is die oorsprong van jou lewe besoedel. Onvergewensgesindheid word bitterheid. Dan is die hart besoedel en die oorspronge van lewe is besoedel. Die dood (geestelike en soms fisiese dood) lê dan en loer. Die prys om nie te vergewe nie is so groot. Dit kos jou, jou geestelike vooruitgang en lei na moedeloosheid, depressie en selfhaat.. Dit verwoes ook lewenskwaliteit. Dit is dus baie duur. Dit is vekwikkend om andere die kwaad nie toe te reken nie en onvoorwaardelik te vergewe. Dit is winsgewend om na jou hart te kyk. Om jou hart te versorg. As jy vra waar lê die probleem? Wat is die diagnose? Die probleem is dikwels iemand wat jy moet vergewe. Die voorskrif vir jou probleem is maklik. Vergewe en seën daardie persoon onvoorwaardelik. Miskien sê jy dis moeilik. Wel ek het nie gesê dis maklik om te vergewe nie. Medisyne is soms nie lekker nie, maar dit is die moeite werd. Jou geestelike gesondheid en groei en selfs jou geestelike gesag is op die spel. Voorskrif: Wanneer julle staan en bid, vergewe julle vyande. Doen dit daagliks. Soggens en saans voor gebed. Kom nou, ek daag jou uit! Doen dit! Vergewe!! Gebed: Liewe vader u vergewe ons elke dag. Help ook vir my om ander te kan vergewe! Amen