HOKKIEDOGTERS 1ste span: St Mary s en St Stithians. 2de span: TUKS-kliniek

Like dokumenter
Kriteria vir kultuurprestasie (hersien Januarie 2018)

Kriteria vir toekennings van kultuurprestasies Hersien in Januarie 2018

voete én in trane. Hulle optredes getuig van talent met toneelspel uit die boonste rakke. Die toneelstuk, Strepiespajamas, word as streekswenner

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 MEMORANDUM

Psalm 91:1-7 (NLV) Op God kan ek vertrou. 22/08 23/08 25/08 27/08 31/08 1/09 12/09

INTERMEDIÊRE FASE GRAAD 6 NOVEMBER 2017 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 NASIENRIGLYN

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRFA.3 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 NOVEMBER Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye en 1 bylaag.

31/2018 HANNALIZA FECHTER BEMARKING EN SKAKELING

SPORTTOER: SKOOLVAKANSIE:

DOEL MET KULTUURDEELNAME

Hierdie afgelope week was daar weer etlike oomblikke gewees waar ons skool en ons leerders hulle hande kon saamslaan in dankbaarheid en

5/2014 Liewe Ouers Annieka Moolman

Psalm 95(b) Ons eerbiedsbetoon aan die HERE, ons ewige Koning.

Sing vooraf staande: Psalm 27:4, 5 (p. 127)

HOËRSKOOL PORTERVILLE

Leer hierdie psalm en versie uit jou kop uit!

INHOUD INLEIDING JARIGE FEES... 2

OMSENDBRIEF 26 Augustus 2017

STRUKTUUR VAN DIE KATEGISMUS

EERSTE UITGAWE VAN DIE JAAR: 31 JANUARIE 2014

INHOUD INLEIDING... 1

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT REKENINGKUNDE GRAAD 12 FEBRUARIE/MAART 2016 SPESIALE ANTWOORDEBOEK

KAPTEIN VERDWYN. Onderwysersgids. Nota: Hierdie gratis gids mag na goeddunke gekopieer en gebruik word.

HOËRSKOOL OUTENIQUA. Baie sterkte aan van die gr. 12-leerders en die die gr. 11-leerders wat tydens die vakansie die lenteskool by die skool bywoon

Ps.119:89. Parashah 1 Bereshit In die begin. Gen.1:1 6:8 Jes. 42:5-43:10 Matth.1:1-17;19:3-9; Mark.10:1-12; Joh.1:1-18; OP.21:1-5; 22:1-5.

God se plan vir optimale geestelike groei in elke gelowige.

GRAAD 12 SEPTEMBER 2016 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 MEMORANDUM

ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING

Liewe Ouers Ek wil aan al die onderwysers, leerlinge en ouers van Die Hoërskool Menlopark opreg bedank vir die manier hoe almal my verwelkom het.

INHOUDSOPGAWE. Inleiding...2. Apostoliese geloofsbelydenis...3. Die twee Sakramente...7. Filippense 2: Apostoliese geloofsbelydenis...

Uit die hoof se pen...

DIE EERSTE BRIEF AAN TIMOTEUS

Die Heidelbergse Kategismus

Trapkarre. AANGEBIED DEUR DIE Ingenieurstudenteraad. 18 September

Vry en volkleur. Ligte, SOMER R26 (BTW ingesluit) R22,81 (Buiteland) aksie!

Vinkie. Laerskool Fairland. UIT DIE HOOF SE KANTOOR Personeel sê dankie aan leerders op dié manier!

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Wat is in die boks? 7. Wat is in die boks? Lees my eers 8

Jaarverslag 2008/2009

Hoërskool Dr. E.G. Jansen

1 KONINGS. Inleiding 1 en 2 Konings

E-pos asseblief die bewys van die betaling (duidelik gemerk met die skool se naam) ook aan of faks dit na

JAARVERSLAG VYFTIG-JARIGE HERDENKINGSJAAR NA GRAAD 12 HERMERKE 2016 JAARVERSLAG 1

TROFEE-WYNSKOU OLD MUTUAL

TE WEET. 28 Jan. 3 Feb. 2018

GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Gr 12 Wiskunde Nasionale November 2014: Vraestel 1 GR 12 WISKUNDE - EKSAMENVRAESTELLE

LAERSKOOL LOUIS LEIPOLDT: SKOOLPLAN

DIE WENSLIKHEID V A N 'N HERSIENING VAN DIE AFRIKAANSE VERTALIN G VAN DIE BYBEL*).

Kopiereg 2017 Hoërskool Linden. Alle regte voorbehou.

Gr 10 Gr 11 Gr 12 Spesiale Toekennings / Special Awards

DEPARTEMENT REKENINGKUNDE UP

HOËR TEGNIESE SKOOL BELLVILLE AANSOEKVORM

~tu~enternassa keur Inlywingsaksie goe~

Op die Oog af. MEI April 2014 Bybelse Ete

DOWNLOAD OR READ : SJOKOLADE PDF EBOOK EPUB MOBI

Subvragen. Overzicht. Hoofdvraag. Patiëntonderzoek - Gedrag. Jorien v.d. Velde Nascholing Psychosen maart

VAN DER LINDE FAMILIEBOOM

The first day of the 2014 Boland Youth and Junior Championships took place on Thursday 27 February 2014 at the Dal Josaphat Stadium in Paarl.

SUID AFRIKAANSE VARSWATER OEWERHENGEL VERENIGING BYLAE A TOT DIE GRONDWET

Uplands 30km Results 2017

JUTA SE PARALLEL TAALSERIE (AFRIKAANS EN ENGELS) VIR SUIDAFRIKAANSE SKOLE DEUR H. H. BROODRYK, B.A.,

Die Winsbees The Profit Breed

Top 100 Nasionaal - Eerste Addisionele Taal

R35.00 Issue 109 November 2014 WEN THE NEVILLE FOORD CHALLENGE : ALBRIGHT MUDDIE MAGIC ISSN

Mees Algemene Vrae. 1. Wat beteken n multi-belanghebberorganisasie?

SELF-STUDIEGIDS VIR TAALONDERWYSERS SKRYF VAN: KREATIEWE TEKSTE LANGER TRANSAKSIONELE TEKSTE KORTER TRANSAKSIONELE / NASLAAN / INFORMATIEWE TEKSTE

Track Events-23 September 2016 Evening Finals 200m's Finale/Finals Lane 1 SK Lane 2 SK Lane 3 SK Lane 4 SK 18:40 200m Girls 14 M. Tswilwan HPP M.

GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON

STUDENT GATEWAY GPS

JAARBOEK Fakulteit Ingenieurswese Voorgraads. DEKAAN: Prof. JIJ Fick

Innhold. Ka pit tel 1 Inn led ning Barn og sam funn Bo kas opp byg ning... 13

GRAAD 12 SEPTEMBER 2015

UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT

VERENLID NO NAAM VAN M J D KALIBER KAL KAT GROEP BJV 185 DANNY MULLER VK 3.81 BJV 5257 ELISIO RECH 1 1 6X45 KK 5.53 BJV 311 FRANS GREEF 1

Copyright! All rights reserved Nederlandsk side 1 av 6

RESULTS AS AT: End of Thursday

AANSOEK OM TOELATING

BEPLANNINGSTUOIE VAN DIE ~ltejn KAROO VERSLAG STELLENBOSCH. deur. deur Prof. D. Met erkenning van bydraes deur : ( E. Stander S.J.

DIE UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT FAKULTEIT GESONDHEIDSWETENSKAPPE JAARBOEK SKOOL VIR GENEESKUNDE EERSTE GRADE EN DIPLOMAS

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 DRAMATIESE KUNSTE MEMORANDUM

Uitgegee deur: Tel: / Faks: Epos:

GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Northern Tigers Swimming HY-TEK's MEET MANAGER :08 PM Page 1 NTS Championships to Results

NG KERK OOSTELIKE SINODE AGENDA

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

Government Notices Goewermentskennisgewings

Aansoek om Lidmaatskap

Kopiereg 2008 J.G. Barkhuizen 165

CHASA BEKWAAMHEIDSTOETS LESINGS

UITSLAG LYS JOHNNIE REITZ BIG 5 2 AUGUSTUS /11 LL EERSTE TWEEDE DERDE VIERDE HVL 0/27KG

HOOFSTUK 4. Die kern van die konstruktivisme kan, volgens Biggs en Moore (1993 :22), soos volg aangedui word:

Eden Classic MTB Race 22 August Km


Northern Tigers Swimming HY-TEK's MEET MANAGER 5.0-3:39 PM Page 1 NTS Sep 2014 Age Group Level to

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

ADVERTEERDER: MIDDELEN: DOEL:

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Nasionale Kurrikulumverklaring (NKV) Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring WISKUNDE. Senior fase Graad 7-9

Dekaan: Prof JA Volmink BSc, MB,ChB (Kaapstad), DKG (SA), MPH (Harvard), DPhil (Oxon), MASSAf

Transkript:

11/2017 Liewe Ouers Die idee van n superhero of n mens met bonatuurlike kragte is iets wat mense al vir jare lank fassineer. Daar kom in elkeen van ons se lewens oomblikke waar superkragte baie handig te pas sou kom. Jare gelede was n baie eenvoudige superheld, Superman, die kinders se held. Sy aantrekkingskrag het heel moontlik gelê in die feit dat almal gedink het hy was net n gewone, vaal mannetjie wat in n kantoor gewerk het. Die feit dat hy in werklikheid n bomenslike sterk wese was wat kon vlieg en altyd gereed was om ander te help, is wat die verbeelding aangegryp het. Hedendaagse superhelde met hulle ysterpakke en gerekenariseerde sintuie is net nie dieselfde nie die romantiese verwondering oor Superman kan net nie deur enige rekenaarprogram of ysterpak vervang word nie. Hier by die skool loop jy jou in supermense vas om elke hoek en draai dit kan die enigste verduideliking wees. As jy in ag neem waarby ons in hierdie vinnige, lang, stadige, vol termyn uitgekom het, om nie eers te praat van wat die Menlo-mense vermag het in die amper 60 skooldae nie, dan is dit nie verbasend dat die moontlikheid van n skool vol supermense nou en dan as verduideliking moet opkom nie. Raak jy grond? is n vraag wat gereeld hier gevra word, maar die antwoorde is vaag en ontwykend. Hoe bedoel jy, moet n mens dan eintlik die grond raak? of Hier is laag vlieg deel van ons DNA. Van die eerste oomblikke van die jaar af is die beste van elke geleentheid gemaak en die resultate was verstommend. Die gees van die skool het almal aangegryp en die skool het as n wonderlike eenheid opgetree by verskeie byeenkomste. Sprankel en oorgawe was opvallend en het mense van heinde en verre aan die gons gehad oor hoe die Menlo-mense dit alles vermag. Tydens die afgelope naweek het elkeen van ons skool se ouderdomsgroepe in elkeen van die wintersportsoorte aan die kwartfinaal van die Tuksreeks deelgeneem werklik uitsonderlik en buitengewoon. Daar is teen verskeie ander skole deelgeneem en soos altyd het elke Menloparker net die heel beste op elke veld gegee. So teen die einde van n vol termyn sou jy sleepvoetmense verwag het, maar die Menlo-mense daag op, soos altyd, met trots en oorgawe en vaar uitsonderlik... byna super-goed. Maar hierdie superhelde is nie net op die sportvelde te sien nie. Akademies vlieg hulle voluit. Die musiekdepartement betower met majestueuse klanke, die musicalakteurs repeteer voluit agter die skerms, die redenaarspanne presteer in Engels en Afrikaans, die debatspanne neem deel aan die ATKV-debat en praat die spreekwoordelike hond uit die bos uit - dit alles, tussen swem en atletiek op provinsiale vlak, muurbal, perdesport, fietsry, tennis, krieket, koor, drama, musiek en gholf deur! Dit sal heeltemal te verstane wees indien iemand sou dink dat superwesens hier wandel, dalk verberg die onderwysers wat veel meer tyd, energie en moeite spandeer as wat van gewone mense verwag sou kon word, n superhelduitrusting en n rooi mantel iewers tussen die boeke wat gemerk moet word. Dalk land van ons leerders in die oggend op die rugbyveld terwyl die sonstrale oor die hokkievelde opkom net om die dag as gewone mense aan te pak. Die realiteit (of so dink ons) is egter dat almal hier net gewone mense is... wat meer gee, meer doen en harder probeer. Maar, selfs superhelde het rus nodig. Geniet die vakansie. HANNALIZA FECHTER BEMARKING EN SKAKELING

Kom bid saam elke Donderdagoggend van ± 07:30 af in die sitkamer van die koshuis. Ma's wat omgee" @ 083 543 3959 Jesaja 55:10-11 Die reën en die sneeu kom uit die hemel uit en dit gaan nie daarheen terug nie maar deurweek die aarde en laat die plante bot en vrugte dra, sodat daar saad is om te saai en brood om te eet. So sal die woord wat uit my mond kom, ook wees: dit sal nie onverrigter sake na My toe terugkeer nie, maar dit sal doen wat Ek gedoen wil hê en tot stand bring waarvoor Ek dit gestuur het. 31/03 Hokkiedogters: o/14a-toernooi (Cornwall Hill tot 1/04) / Hokkieseuns: o/14a-toernooi (Westville tot 3/04) / Hokkieseuns: o/16b Menlo-toernooi (tuis tot 3/04) / Hokkieseuns en dogters: o/14b, o/15b en o/18b (Tukskliniek) 1/04 Perdesport: Kernliga 2 / Tennis: Interprovinsiale toernooi (Pretoria tot 4/04) / Rugby: Noord/Suid-toernooi (Hoërskool Waterkloof - klik hier vir bepalings) 3/04 Gholf: MGA Menlo-uitdaagreeks (tot 05/04) 17/04 Koor en orkes: Tres Scholarumoefening (Saal, 14:00-18:00) 18/04 SKOOL HEROPEN 19/04 Koor en orkes: Tres Scholarumoptrede (Saal, 19:00 - kaartjies beskikbaar @ R100 pp by Menlo-ontvangs) 20/04 Koor en orkes: Tres Scholarumoptrede 3/05 MENLO-OPEDAG 13/05 Fietsry: Spur Tour de Vaal Baie sterkte aan al die sportspanne wat gedurende die Aprilvakansie gaan toer/klinieke gaan bywoon: RUGBY 1ste span: Noord Suid-toernooi by Hoërskool Waterkloof en toer na Oudtshoorn 2de span: Noord Suid-toernooi by HS Waterkloof o/16a: Paarl Gimnasuim o/15a: Paarl Boys High o/14a: Kwagga-rugbyweek by Hoërskool Outeniqua o/14-, o/15- en o/16b-spanne: Camp Discovery HOKKIESEUNS 1ste span: KES-toernooi o/16a: Rondebosch o/14a-toernooi (Westville) 2de span: TUKS-kliniek o/16b: Menlo-toernooi o/14b: TUKS-kliniek HOKKIEDOGTERS 1ste span: St Mary s en St Stithians 2de span: TUKS-kliniek o/16a: St Mary s DSG Kloof o/16b: Menlo-toernooi o/15a: Menlo-toernooi o/15b: TUKS-kliniek o/14a: Cornwall Hill College o/14b: TUKS-kliniek NETBAL Waterkloof-toernooi: A-spanne van o/14-o/19

Die digitale kopie van ons eerste Eggo-tydskrif vir die jaar is op die webtuiste! Ons is saam met die redaktrise, Embeth du Toit en haar redaksionele span, baie trots op hierdie publikasie en bedank graag elkeen wat so hard gewerk het aan hierdie projek. Leerders ontvang elkeen ook n harde kopie - klik hier vir absolut EGGO-leesgenot! LUI LUI TELEFOON TELEFOON TELEFOON LUI LUI! Soos u reeds weet, gaan die Menlo-skakelbord soms gebuk onder groot uitdagings. Nie net is die lading van oproepe baie hoog nie, maar die verskaffer wat lyn en stem by telefoon moet uitbring, is nie altyd 100% aan boord (of liewer aan lyn) nie. Ons besef maar alte goed dat hierdie aanknopingspunt tussen Menlo en die buitenste wêreld van kardinale belang is. Om hierdie rede is ons verheug om te kan aankondig dat die stelsel tydens die vakansie opgegradeer en skakelbordprobleme aangespreek word. Mag kontak met Menlo-mense voortaan moeiteloos wees. VAN HUYSSTEENS-REDENAARSFEES Die Van Huyssteens-redenaarsfees word elke jaar by Woodhill College aangebied. Ons leerders gryp elke jaar die geleentheid aan om individueel, in groepe, en in Engels asook Afrikaans op te tree. Tydens hierdie redenaarsfees is alle toesprake onvoorbereid en leerders kry slegs 45 minute om voor te berei vir n individuele toespraak en 60 minute in die afdeling vir n groep. Daar moet vinnig gedink, nagevors en ingeoefen word om die beoordelaars te beïndruk. Die volgende sprekers het deurgedring na die finale rondte: Afrikaans individuele sprekers: Hanlie Botha (graad 8); Ruben van der Merwe (graad 9), Karmen Wiid (graad 10), Embeth du Toit (graad 11) en Chanté Lombaard (graad 12). Afrikaans groepafdeling: Graad 8: Johnny Lochner, Yvonne Slippers, Charlize Beyer en Leanné Rademeyer. Graad 11: Nicole Barwise, Brendan Vorster, Kara Maritz en Wilmarie Groothof. Tweetalig: Hier moet die leerders die helfte van die aanbieding in Afrikaans doen en die ander helfte in Engels. Die volgende sprekers het Afrikaans en Engels uitstekend afgewissel: Karmen Wiid (graad 10) en Embeth du Toit (graad 11). English: In die Engels-afdeling is die volgende spanne deur na die finaal: Graad 9: Marguerite Bosch, Nuelle Janse van Vuuren, Colette Avenant en Janél du Toit. FINALE UITSLAE Tydens die gala-aand wat op Dinsdag, 29 Maart plaasgevind het, het die Menlo-sprekers ons baie trots gemaak en die volgende prestasies losgesels: Wenners in die afdeling, English individual: Karmen Wiid en Marnel Janse van Rensburg. Wenners in die afdeling, Grade 9 English team: Marguerite Bosch, Nuelle Janse van Vuuren, Colette Avenant en Janél du Toit. Absolut reggebek - baie geluk!

SOIRéE n Soirée is n geleentheid om liggaam en siel te voed - hemelse musiek om die innerlike te versterk en keurige eetgoed om die hongerkol te stil. Op Maandagaand, 27 Maart is die jaarlikse soirée-aand aangebied en konsertgangers is bederf met n keur van items van hoogstaande gehalte en pure luistergenot! Ouers het gesmul aan hulle eie piekniekmandjies en musici het die gehoor vermaak met onder andere n jazz-ensemble, n fluitekoor, die Menlo-ensemble en klavieritems met n verskil, waar tot vier pianiste gelyk die klawers laat sing het. Die Menlo-koor het die program afgesluit en oudergewoonte die gehoor in vervoering gehad. Menlo-musici is in n klas van hulle eie - absolut dankie aan geduldige onderwysers en getroue musiekleerders vir julle volgehoue harde werk en ure se oefening. Baie geluk aan n ieder en elke wat bygedra het om n gewone Maandagaand te omskep in n heerlike geleentheid gevul met kuier, klank en keurige kos! TRES SCHOLARUM Die tweede kwartaal skop af op n hoë noot met die nou reeds bekende, TRES SCHOLARUM-konsert, wat hierdie jaar op Menlo-bodem plaasvind! Die Hoërskool Menlopark vorm saam met Hoërskool Waterkloof en Hoërskool Garsfontein die driemanskap wat vir twee aande kragte, klanke en stemme saamsnoer om met koor, orkes en musiekitems die gehoor te vermaak. Na verlede jaar se ongekende belangstelling, word daar hierdie jaar twee uitvoerings in die Menlo-skoolsaal aangebied - op Woensdagaand, 19 April en Donderdagaand 20 April, om 19:00. Kaartjies is beskikbaar @R100,00 per persoon by die Menlo-ontvangs.

Die volgende leerders het die afgelope naweek aan die ATKV se debatskompetisie deelgeneem en met hulle gevleuelde woorde koning gekraai in hulle onderskeie debatte: Etienne Cronje en Reinet le Roux; Bianca Koster en Rolien Bührmann; Roelof van Jaarsveld en Josua van Helsdingen; Dricus Oerlemans en Elita van Staden; Andréa van Wyk en Frances de Klerk; Noèlle van der Walt, Milla Coetzee en Danèlle van der Walt; Hanlie Botha, Leanné Rademeyer en Ruben van der Merwe; Inge Müller, Leané van Wijk en Ansu Whelpton; Henro Heyneke, Johnny Lochner en Leon Hattingh; Estri Albertyn, Christelle Oerlemans en Marnel Janse van Rensburg Die volgende spanne het hulle so goed van hulle taak gekwyt dat hulle na die volgende rondte van dié kompetisie deurdring: Etienne Cronje en Reinet le Roux; Bianca Koster en Rolien Bührmann; Karmen Wiid en Embeth du Toit; Noèlle van der Walt, Milla Coetzee en Danèlle van der Walt; Hanlie Botha, Leanné Rademeyer en Ruben van der Merwe. Absolut reggebek - baie geluk aan bovermelde debatspanne! Op Saterdag, 25 Maart maak Menlo sy merk in die Tuksreeks op die LC de Villiers-bane waar die kwartfinale in hierdie reeks plaasgevind het - hier volg die uitslae: Hokkie (meisies): o/14a: Menlo 2; EG Jansen: 0 o/15a: Menlo 6; EG Jansen: 1 o/16a: Menlo 3; Garsfontein: 0 Eerstes: Menlo 5; EG Jansen 1 Hokkie (seuns): o/14a: Menlo 0; Garsfontein: 1 o/16a: Menlo 2; Garsfontein: 2, maar Menlo wen na sudden death Eerstes: Gelykop teen Rustenburg 1-1, maar Menlo wen 4-1 (met 8 sekondes shootouts) Netbal (groep 1) o/14: Menlo 18; EG Jansen 11 o/15 Kempton 28; Garsfontein 11 o/16 Menlo 14; Garsfontein 17 o/17 Menlo 24; Rustenburg: 25 o/18 Menlo 44; EG Jansen 26 Netbal (groep 2) o/14: Transvalia 15; Garsfontein 16 o/15: Menlo 25: EG Jansen 11 o/16: Kempton 12; Rustenburg 29 o/17: Kempton 6; Garsfontein 41 o/18: Kempton 33; Garsfontein 38 Rugby o/14: Menlo 85; EG Jansen 9 o/15: Menlo 22; EG Jansen 22 o/16: Menlo 60; Garsfontein 5 Eerstes: Menlo 27 Garsfontein 41

Baie geluk aan die volgende Menlo-netbaldogters wat in die GSNnetbalgroep opgeneem is. Hierdie groep bestaan uit spelers wat suksesvol proewe gespeel het uit die volgende areas: Ekurhuleni, Mogale, Johannesburg, Sedibeng en Tshwane. o/14 - Mené van Dyk o/15 - Rozelle Hattingh en Belinda Janse van Rensburg o/16 - Sharlé Labuschagne, Anika van Vuuren, Kyra Smith o/17 - Lucy Strydom en Chanel Vrey o/18 - Claudia Jarrard Die Menlo-hokkiemeisies het uitstekend teen AHMP in hulle eerste ligawedstryde van die seisoen presteer (B-spanne speel Donderdagmiddag): o/14a wen 3-1 o/14c gelyk 0-0 o/15a wen 4-0 o/15c wen 3-1 o/16a wen 7-0 o/16c verloor 1-0 1stes wen 2-0 2des verloor 0-2 3des gelyk 2-2 4des wen 3-0 Wanneer die swemseisoen vir ons hier by die skool ten einde loop, is dit maar net die begin van die swemseisoen vir baie van ons leerders. Swemmers werk dwarsdeur die jaar ongelooflik hard en alles word in die stryd (swembad) gewerp om die water by die verskillende kampioenskappe warm te swem. 18 Menlo-swemmers het aan die Junior National Age Group-kompetisie deelgeneem en die volgende deelnemers het deurgedring na die finale in hulle onderskeie items: Bernard Becker (seuns 15): 4de - 100m-vryslag; 3de - 50mvlinderslag; 2de - 50m-vryslag en 3de - 50m-rugslag Chanté Cornelius (meisies 15): 1ste - 50m-vlinderslag; 3de - 100m-vlinderslag en 9de - 200m- IM Natasha Cornelius (meisies 15): 5de - 50m-vryslag; 5de - 100mvryslag; 6de - 50m-vlinderslag en 5de - 100m-vlinderslag Annika Fechter (meisies 13): 5de - 50m-vlinderslag en 10de - 100mvlinderslag Zania Pieters (meisies 14): 6de - 50m-borsslag en 6de in 100mborsslag Ross Andrew (seuns 15): 5de - 200m-vryslag; 5de - 400m-vryslag; 5de - 50m-rugslag; 4de - 100mrugslag; 3de - 200m-rugslag; 7de - 100m-borsslag; 6de - 200mborsslag; 3de - 200m-IM en 8ste - 400m-IM (15 18 jaar) Wian Smit (seuns 14): 5de - 200m-borsslag Emil van Heerden (seuns 15): 10de - 50m-vryslag Etienne van Heerden (seuns 14): 6de - 50m-borsslag; 6de -100mborsslag en 4de - 200m-borsslag Michée van Rooyen (meisies 16): 4de - 100m-vryslag; 3de - 200mvryslag; 2de - 400m-vryslag en 1ste - 800m-vryslag (15 18 jaar) Zander van Tonder (17 18 jaar): 8ste - 200m-borsslag Lizaan Viljoen (17 18 jaar meisies): 10de - 50m-vlinderslag; 4de - 100m-vlinderslag en 2de - 200m-vlinderslag SA Level 3 Regional Age Group Champs 2017 Die vlak 3-uitslae van bovermelde kompetisie wat ons ontvang het, is soos volg: Melissa Carney (dogters 18): 1ste 50m-vryslag; 1ste 100m-vryslag (kwalifiserende tyd vir SAYouth); 5de 100m-rugslag, 2de 100mborsslag en 4de 200m-borsslag. Lauren Coetzer (dogters 14): 3de 50m-vryslag Marnel Janse van Rensburg (dogters 13): 3de 50m-vryslag; 7de 100m-vryslag; 7de 50mrugslag; 2de 50m-vlinderslag; 3de 100m-vlinderslag Karla Grobler (dogters 15): 5de 50m-vryslag; 2de 100m-vryslag; 1ste 200m-vryslag; 3de 400mvryslag (15 18 jaar); 5de 50mrugslag; 1ste 100m-rugslag; 1ste 200m-rugslag; 4de 100m-borsslag; 1ste 200m-borsslag; 5de 50mvlinderslag en 1ste 200m-IM

Lourens Grobler (seuns 13): 7de 100m-vryslag; 2de 200m-vryslag; 2de 400m-vryslag; 9de 50mrugslag; 3de 100m-rugslag; 1ste 200m-rugslag; 7de 100mvlinderslag Jan Hendrik Moller (seuns 14): 10de 50m-vryslag; 4de 100m-vryslag; 2de 200m-vryslag; 2de 400mvryslag; 4de 50m-borsslag; 10de 100m-borsslag; 4de 200mborsslag en 2de 200m-IM Ewan Muth (seuns 13): 1ste 50mborsslag; 1ste 100m-borsslag en 1ste 200m-borsslag Luc van Rooyen (seuns 15): 3de 100m-vryslag; 3de 200m-vryslag; 3de 400m-vryslag (15 18 seuns); 10de 100m-rugslag; 2de 200mrugslag; 10de 50m-borsslag; 10de 50m-vlinderslag; 4de 100mvlinderslag en 5de 200m-IM Rick Wentzel (seuns 14): 2de 50m-rugslag; 2de 100m-rugslag; 3de 200m-rugslag en 7de 50mborsslag Bernard Becker Om die beste in die land te wees is een ding, maar om die kontinent aan te vat, verg dapperheid vir Afrika! Bernard Becker is tans in Kaïro waar hy Suid-Afrika verteenwoordig by die 2017 CANA African Junior Swimming competition en Afrika behoorlik stil swem! Hy het n bronsmedalje in die 50mvlinderslag verower en n gouemedalje vir die gemengde aflos losgeswem. Ten spyte van sterk kompetisie presteer die Suid- Afrikaanse span baie goed en geniet die ervaring terdeë. Op die foto hiernaas pronk Bernard saam met Gerhard Zandberg, sy afrigter. Die 2017 Hoërskole Muurballiga het onlangs afgeskop. MMA het 5 meisiespanne en 5 seunspanne vir die liga ingeskryf. Elke span bestaan uit 4 spelers en al 4 spelers se punte word saamgetel om die wenskool te bepaal. Verlede week het die MMAspanne meegeding teen onder andere Zwartkop, Mt Edmund, Sutherland Ridge, Midstream, DSG en PHSG. Die beskikbare uitslae was soos volg: Menlo 1 (seuns) wen Zwartkop 6-0; Menlo 3 (seuns) wen Sutherland Ridge 16-0; Menlo 5 (seuns) verloor teen Zwartkop B 6 10; Menlo A (meisies) wen Zwartkop 12-4; Menlo C (meisies) wen Midstream 9-6; Menlo D (meisies) verloor teen PHSG B 6 16. Welgedaan MMA en baie sterkte vir die res van die liga.

Die derde wedren in die Provinsiale XCO-reeks het die naweek van 18 Maart plaasgevind by die Voortrekker Monument. Baie geluk aan die Menlo-fietsryers wat weer eens puik presteer het: Sub-juniorseuns: Rudolph Labuschagne (5de) Sub-juniordogters: Marjoné Strydom (1ste) Jeugdogters: Lenka Labuschagne (5de) Juniordogters: Nicola van der Walt (2de) Ons nooi ALLE Parkies uit om op Woensdae-middae vanaf 14:30 te kom fietsry op die skoolterrein saam met me. Gerda Richards en deel te word van ons ABSOLUT fantastiese fietsryspan. Bring net jou fiets, waterbottel en valhelm saam! Die SPUR-skolereeks skop af oor minder as 2 maande en Menlo-fietsry sien, as verdedigende Nasionale Kampioene, baie uit na die reeks. Ons fietsryers is reeds hard aan die oefen, maar enigiemand is welkom om deel te kom neem aan die reeks en te help om ons titel te verdedig. Die skolereeks is juis daarop gemik om fietsry as n sport aan te moedig by die jonger garde, daarom is die bane en wedrenne van so aard dat beginners ook kan deelneem en dit kan geniet! Teken solank die datums, soos op die plakkaat hieronder aangedui, op die fietsrykalender aan. Vir meer inligting kontak gerus vir mnr. Chris van Blerk (chris.vanblerk@menlopark.co.za), me. Gerda Richards (gerda.richards@menlopark.co.za) of stuur n e-pos aan bemarking@menlofietsry.co.za.

Dans Claudia de Klerk (graad 8) is n passievolle danseres en dans sedert sy 4 jaar oud is. Sy ontvang tans afrigting in Hip Hop, Kontemporêre dans, Ballet, Moderne dans en Akrobatiese danse. Tydens die afgelope naweek se Dance World Cup SA 2017 het Claudia eerste geëindig in haar Hip Hopdansroetine en sodoende gekwalifiseer om Suid-Afrika te verteenwoordig by die Dance World Cup Finale 2017 wat gedurende die Julie-vakansie in Duitsland plaasvind. Absolut sterkte Claudia! Stoei Noord Gauteng se Presidente Stoeikampioenskappe het die afgelope naweek plaasgevind. Twee graad 9-leerders van die TUKS-Stoei Akademie het medaljes losgestoei asook die geleentheid om gedurende die April-vakansie in die Kaap deel te neem aan die SA Presidente Stoeikampioenskappe! Baie geluk aan Leon Myburgh (gouemedalje in Vrystyl 0/46kg) en Niel du Toit (gouemedalje in die Grieks- Romeins-afdeling en n silwermedalje in Vrystyl 0/39kg - foto hiernaas). Beslis nie manne om sonder handskoene aan te pak nie. Sang Carla Janse van Vuuren (graad 10) het op provinsiale vlak gekwalifiseer om nasionaal deel te neem aan die SA Championships of Performing Arts in solosang. Welgedaan Carla en absolut asemhaal vir die perfekte toonhoogte tydens dié groot geleentheid wat gedurende die April-vakansie plaasvind.

Buying or Selling a property Rawson Faerie Glen BERTIE LOMBARD 083 501 5511 Bertie.lombard@rawson.co.za Looking to Rent / To Let your Property Contact Rawson Faerie Glen 012 991 0439