Geagte ouers OMSENDBRIEF 26 Augustus 2017 PERSONEEL: Baie geluk aan Me. Foldrica Mamabolo wat op 16 Augustus verjaar. DATUMS VIR KWARTAAL 3 VAN 2017: 15 Augustus Sagtebal teen Homespun (tuis); Krieket teen Curro Hazeldean: O/13A (tuis) & O/12A (weg); Koor Kunswedstryd (Theresapark); Krieket O/9A weg teen Du Preez v Wyk 16 Augustus Poppekas Graad R 3; Krieket teen Curro Hazeldean: O/9A (tuis) 17 Augustus Sagtebal teen Rachel de Beer (tuis); Krieket teen Curro Hazeldean: O/11A (tuis) & O/10A (weg); Revue optrede Kunswedstryd (Theresapark) 18 Augustus Hokkie 0/11 16:00 Rietondale F veld. Hokkie 0/12 16:00 Tuks Veld 3; Hokkie 0/13 16:00 Tuks Veld 4 19 Augustus Hokkie 0/11 09:30 Rietondale F veld; Hokkie 0/13 10:15 Midstream Astro; Landloop AGN (TUT Soshanguve); Koor: Sing it (Staatsteater) 21 Augustus Sagtebalproewe: Seuns O/13 (Generaal Beyers) 22 Augustus Sagtebalproewe: Dogters O/13 (Danie Malan); Krieket teen Mayville: O/13A (tuis) & O/12A (weg) 23 Augustus Krieket teen Mayville: O/9A (tuis) 24 Augustus Sagtebal teen Generaal Beyers (tuis); Krieket teen Mayville: O/11A (tuis) & O/10A (weg) 25 Augustus Hokkie 0/11 15:15 Rietondale F veld. 26 Augustus Sagtebal: T-bal (Generaal Beyers); Hokkie 0/12 13:30 Rietondale B veld; Jukskei: Liga 28 Augustus Revue kleedrepetisie in skooltyd en Kaleidoskoop kompetisie (Staatsteater) 18h30 21h00 29 Augustus TOETS: Engels (Gr 4-7); Sagtebal teen Lindopark (weg) 31 Augustus TOETS: Afrikaans (Gr 4-7); Sagtebal teen Uniefees (weg); Revue: Wonderliggiefees 1 September Loslitdag Kleurfees R20 per leerder en R5 of R10 vir Alma skool vir Loslitdag; Ekstra sakkies teen R5 per sakkie of R20 vir 4 kan vooraf aangekoop word. 2 September Koor: Sing it finale (Staatsteater); Hokkie 0/11 08:00 Midstream Ridge Gras 1; Hokkie 0/13 10:15 Midstream Gras 1 4 September Wetenskap Expo in klastyd 5 September TOETS: NW/Tegnologie (Gr 4 6) & NW Gr 7; Graad 1 Opvoedkundige uitstappie Wetenskap Expo in klastyd; Sagtebal teen Magalieskruin (tuis); Krieket teen Pretoria Oos: O/13A (weg) & O/12A (tuis) 6 September Wetenskap Expo in klastyd; Krieket teen Pretoria Oos: O/9A (weg) 7 September TOETS: Tegnologie Gr 7; Wetenskap Expo in klastyd; Sagtebal teen Generaal Hendrik Schoeman (weg); Krieket teen Pretoria Oos: O/11A (weg) & O/10A (tuis) 8 September Gr 5 leerders doen aansoek vir Skolierpatrollie & Diensraad Wetenskap Expo in klastyd 9 September Sagtebal: T-bal (Voortrekker Eeufees); Landloop SA Kampioenskappe (Potchefstroom); Hokkie 0/11 09:30 Rietondale F veld; Hokkie 0/12 10:15 Tuks veld 3; Hokkie 0/13 12:30 Tuks Veld 4 Jukskei: Noordvaal Kampioenskap 12 September TOETS: Sosiale Wetenskap Geskiedenis (Gr. 4 7); Krieket teen Tuine: O/13A (tuis) & O/12A (weg) 13 September Gr 7 Opvoedkundige uitstappie; Wetenskap Expo Gala-aand; Krieket teen Tuine: O/9A (tuis) 14 September TOETS: Sosiale Wetenskap - Geografie (Gr 4-7); Sagtebal: Kwart-eindrondte (Sonitus); 1
Krieket teen Tuine: O/11A (tuis) & O/10A (weg) 15 September Hokkie 0/12 08:45 Tuks Veld 3 16 September Hokkie 0/11 11:45 Rietondale F Veld; Hokkie 0/13 11:00 Tuks veld 4 18 September TOETS: Wiskunde (Gr 4 7) 19 September TOETS: EMS (Gr 7); Krieket teen Villieria: O/13A (tuis) & O/12A (weg) 20 September Krieket teen Villieria: O/9A (weg) Graad 3 Uitstappie Dieretuin 21 September Graad 2 tot 5 Opvoedkundige uitstappie; Sagtebal: Semi finaal (Sonitus); Krieket teen Villiera: O/11A (weg) & O/10A (tuis) 22 September Gr 6 leerders doen aansoek vir Leerderraad 25 September VAKANSIEDAG 26 September Grondslagfase Gr R - 3 Rapporte aan leerders 27 September Oueraand Gr R - 3 17:30-19:00; Sagtebal finale proewe (Crafford) 28 September Sagtebal Tshwane Kampioenskap (Sonitus) 29 September SKOOL SLUIT OM 11:00 MARKDAG GR 7 Leerlinge betaal R5 vir behoeftige fonds en dra gewone klere RUGBY: Op Saterdag 12 Augustus neem ons 1ste span deel aan die Kyknet toernooi by Stephanus Roos en wen 19 17 teen Bergland. Baie geluk ons is baie trots op julle. KRIEKET UITSLAE: O/9B Wen teen Wonderboom Beste Bowler: Charl Els Beste Kolwer: Christiaan Vorster Beste Veldwerker: Karel van Zyl O/10B Wen teen Die Krans Beste Bowler: Anthony Smith Beste Kolwer: Jaden Nortje Beste Veldwerker: Anthony Smith O/11A Wen teen Du Preez van Wyk Beste Bowler: Rowan Sweetnam Beste Kolwer: Rowan Sweetnam Beste Veldwerker: Kyle le Grange O/12A Wen teen Du Preez van Wyk Beste Bowler: Rudi Le Roux Beste Kolwer: Handré Pretorius Beste Veldwerker: Handré Pretorius O/12B Wen teen Die Krans Beste Bowler: Stian Jansen van Rensburg Beste Kolwer: Jaden Nell Beste Veldwerker: Stian Janse van Rensburg O/13B Wen teen Du Preez van Wyk Beste Bowler: Deacon du Preez Beste Kolwer: Deacon du Preez Beste Veldwerker: Kobus van Taak Baie geluk aan die spanne en hul afrigters. SAGTEBAL UITSLAE: Die Sagtebal spanne het Donderdag 10 Augustus teen Broederstroom gespeel en die uitslae is soos volg: O/10 Dogters Wen 8 6 O/10 Seuns Wen 9 8 O/11 Dogters Verloor 4 12 O/11 Seuns Verloor 4-7 O/12 Dogters Wen 14 3 O/12 Seuns Wen 12 4 O/13 Dogters Wen 18 15 O/13 Seuns Wen 16 10 Baie geluk aan die spanne en hul afrigters. HOKKIE: Die hokkie uitslae vir die week is as volg: O/13 Verloor albei wedstryde 2
O/11 Speel gelyk op teen Curro LANDLOOP: Ons landloopatlete het Vrydag 11 Augustus by Curro Hazeldean deelgeneem en die volgende atlete het pragtig presteer: Lenei Conradie O/8 20ste. Leandri Botha O/9 2de Kaylen Nieman O/9-3de Altje Conradie O/10 1ste Jasmine Riley O/10 17de Beate Haarhoff O/10 38ste Hendrew Schoeman O/10 10de Sam Schoeman O/ 10 19de Jayden Niemann O/10 27ste Baie geluk ons is trots op julle! TENNIS: 1ste span seuns speel teen Generaal Hendrik Schoeman en wen 35 20. Die O/11B Seuns speel teen PLG Academy en wen 35 8. Die O/11A Meisies speel teen Rustenburg en wen 23 20. Baie geluk aan die spanne. REKENAARSENTRUM EKSTRA KLASSE: Indien U kind ekstra hulp benodig met Perseptuele vaardighede, Spelling, Wiskunde, Lees en Taalvaardigheid moet U definitief die opsie oorweeg. Die ekstra klasse word op DONDERDAE aangebied vir Gr R Gr 7. Die sessie is tussen 14:15 15:15 en vind in die Rekenaarsentrum plaas. U moet vooruit vir die lesse betaal om teleurstelling te voorkom. U kan die betaling per EFT aan die skool maak met U kind se unieke kode en die woord Cairoo. Die koste vir Augustus verloop R500 en vir September R400. U is ook welkom om my by die skool te skakel of te e-pos by shaun.pieterse@yahoo.com. KULTUUR: Alle leerders wat aan die Eisteddfod Noorderkruin en kunswedstryde asook Redenaars kompetisies deelgeneem het moet asseblief alle uitslae saam met ʼn afskrif van die sertifikate voor 1 September by Me. Matthee inhandig om te kwalifiseer vir erekleure en Meriete toekennings. WISKUNDE- EN WETENSKAP- IN AKSIE GRAAD 6 EN 7: Paule-Blondelle Bangue Bangue Elombo en Monica Vos is aangewys as twee van die 30 toppresteerders in die streek (Gauteng-Noord / Limpopo / Mpumalanga) in die Wetenskap-in-Aksie 2017 vir graad 6 en 7. Hulle is uitgenooi na ʼn Pretdag wat op 9 September 2017 sal plaasvind by die Universiteit van Pretoria. Baie geluk. Ons is baie trots op julle. WETENSKAP EKSPO 2017: Die Wetenskap Ekspo word aangebied vanaf 4 8 September. Alle leerders vanaf Graad 4 tot Graad 7 word verplig om aan die Wetenskap Ekspo deel te neem, aangesien dit deel vorm van die Kwartaal se assesseringspunt. Graad R tot Graad 3 leerders kry ook die geleentheid om aan die Wetenskap Ekspo deel te neem, maar dit is nie verpligtend nie. Projekte gaan in klastyd aangebied word, in die Wetenskap periode en die leerders sal dus vooraf laat weet word wie se take die volgende dag by die skool moet wees. Woensdag 13 September is daar ʼn uitstalling van die beste take in die saal vanaf 17:30 tot 20:00, u seun/dogter sal vroegtydig in kennis gestel word indien hy/sy een van die finaliste is. Die onderwerpe vir elke graad is as volg: Graad R - 3 Enige onderwerp Graad 4 en 5 Lewe en lewende dinge Planeet aarde en verder Graad 6 en 7 Materie en materiaal Energie en verandering Alle inligting rakende die Ekspo is ook op D6 Communicator. EK HET KARAKTER: Baie geluk aan die volgende leerders wie se waarde boekies almal vol is: Marco Botha, Marco Fourie, Simoné de Koker, Leane Holmes, Eleni Trifyllis, Samantha Jansen van Rensburg, Barco Lombard, Cheyene Pieterse, Mikaela Opperman, Charlene Slabbert, Christine Slabbert, Isi Vos, Megan Hulme, Jemma Els, Jacquiline Morgan en Nica van der Westhuizen. Hul dra ʼn badge daarvoor met die woorde Ek het karakter. 3
Hierdie is ʼn besondere prestasie. Geluk aan die leerders en sterkte met jul volgende waarde rytjies wat jul nou gaan volmaak. Sterkte ook aan al die kinders wat hard werk vir hul waarde-plakkers. ONBEKENDE DEPOSITO S: Die volgende elektroniese betalings ontvang, se verwysingsnommers is foutief en kan nie na die korrekte skoolrekening geallokeer word nie. Kontak asb. finansies om regstellings aan te bring. Datum Verwysing gebruik Bedrag 2017-06-05 CW-Pta Noord R10 435.00 2017-07-29 Laerskool danie malan R2 000.00 2017-08-03 Francisca Weideman R2 000.00 Neem asseblief kennis: U moet u familiekode as verwysing gebruik. Indien u vir skoolfonds en naskool saam betaal, moet u saam met die familiekode ʼn SK vir skoolgeld en NA vir naskool byvoeg. Indien u vir iets anders betaal behalwe skoolgeld moet u die familiekode en ʼn addisionele verwysing soos Behoeftige fonds byvoeg. BELONING VRYDAG 18 AUGUSTUS 13:00: Op Vrydag, 18 Augustus 2017 verdaag die Gr 1-7 leerders om 13:00, omdat die terrein netjies was. Graad 2 s help die week met die ekstra opruiming. KLEURFEES: Ons hou Vrydag 1 September ʼn Kleur-fees by die skool. Almal is vreeslik opgewonde hieroor! Die koste hieraan verbonde aan is R20.00. Ekstra pakkies poeierverf sal ook te koop wees teen R20 vir 4 sakkies of R5 per sakkie. Almal moet asb. hul oudste klere aantrek (verkieslik wit, of so lig as moontlik) om die maksimum effek te verkry. Moet asb. nie spesiaal iets wit gaan koop as u kind nie het nie. Die poeierverf kan wel vlekke veroorsaak en daarom moet dit liefs klere wees waarvoor u nie jammer is nie. Ons gaan al die leerders voor die tyd inlig oor die veiligheidsaspekte en dat hul nie direk na die gesig moet gooi nie, maar indien u kind enige donkerbril of swembril het, kan hul dit gerus dra vir ekstra beskerming. Baie dankie vir u samewerking en ondersteuning! Dit beloof om GROOT pret te wees! U moet asseblief die aangehegde skeurstrokie voltooi om toestemming te verleen dat u kind daaraan kan deelneem. Leerders wat nie wil deelneem nie gaan op die paviljoen sit. Ons het borge vir kinders wie se ouers nie daarvoor kan betaal nie. Skryf asb. ʼn epos aan hoof@daniemalan.co.za of stuur ʼn briefie aan die hoof waarin u versoek dat die borg vir u kind betaal dan tref ons die nodige reëlings. Dit sal met die grootste konfidensialiteit hanteer word. LANDLOOPOEFENING: Daar is elke Maandag tot Vrydag gratis landloopoefening by Hoërskool Gerrit Maritz van 16:50 18:00. Skakel asb. die afrigter, Wessel du Toit by 079 544 1398 vir meer inligting. NASKOOL: Kontak vir Joeanne Tintinger by 081 562 9907 vir meer inligting. GEDENKMUUR: Die leerlinge in Graad 7, kan R140 betaal om hul naam op die Gedenkmuur aan te bring. Leerlinge wat op rade dien, se betrokke raad sal ook daarop aangedui word. Die Graad 7 s van 2017 se gedenksteen, met hul name op gegraveer sal met die Graad 7 afskeids-erediens onthul word. Dankie vir u samewerking en ondersteuning. Sluitingsdatum is einde Augustus 2017. Groete Hettie Smith Skoolhoof AFSKEURSTROKIE Hiermee gee ek ouer van in Gr toestemming dat my kind mag deelneem aan die kleurfees op 1 September 2017. 4
SAAMRY GELEENTHEID VIR ʼn LEERLING: Ons is opsoek na ʼn saamry geleentheid in die middae vir ʼn Graad 2 leerder vanaf Laerskool Danie Malan na Jack Hindon straat bo Britsweg. Kontak asseblief vir netanieventer@gmail.com of 071 570 6712. U hulp sal opreg waardeer word. 5